<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Onthou, die kliënt koop nie net ‘n produk / diens nie. Die verhouding met die kliënt is deel van die diens / produk. Baie entrepreneurs faal as dit by hierdie aspek van die besigheid kom.
Die kliënt wil belangrik voel. ‘n Betroubare kliënt kan besigheid se grootste bate word. Dus moet daar voortdurend gekonsentreer word op dit wat die kliënte gelukkig hou.
Die beste manier om die sukses van ‘n besigheid te verseker, is om dit duidelik te laat uitstaan. Dit moet nie net nog ‘n produk wees nie. Dit moet uitstaan tussen die massas met ‘n unieke en treffende naam en logo. Probeer om die teikengroep te tref en probeer iets bied wat die kompetisie nog nie bied nie.
Voorbeeld:
Peter verdien ‘n goeie inkomste deur die grasperke van die huiseienaars in sy onmiddellike omgewing te versorg. Hy onderskei homself van die ander soortgelyke besighede deur die kliënte self te laat bepaal wanneer hulle gras meer/ minder aandag nodig het. Dan gaan hy verder deur nie net die gras en rande te sny nie, maar ook volgens behoefte die gras te voed met bemesting en dan die natmaak- en snyskedule by die groeitempo van die gras aan te pas. Peter gebruik voorts ‘n roller-grasmasjien wat net die beste eindproduk lewer. Hy noem homself “Die grasperkkenner wat ‘n saak het met gras” en maak dit sy werk om alles van alle verskillende soorte gras te weet. Hy sal ook die eienaars van raad bedien, indien daar grasperke of dele daarvan is wat as gevolg van ‘n mikroklimaat nie goed op sekere plekke in die tuin aard nie. Voorts kan hy daarop roem dat sy tuine/grasperke voorwaar die mooiste in die omgewing is.
Die kliënte is die belangrikste deel van die besigheid. Sonder hulle is daar nie ‘n besigheid nie. Dit is dus belangrik om uit te vind wie die kliënte is lank voordat daar met die besigheid begin word.
Dink nou aan persone wat as moontlike kliënte beskou kan word en beantwoord die volgende vrae:
LU 4.2 |
Elke besigheid het te doen met baie verskillende mededingers. Hierdie situasie van die een wat voortdurend kompetisie vir die ander een is, skep eintlik geleenthede vir die kreatiewe entrepreneur. Hy/sy moet die foute/swak punte van sy/haar mededingers soek en dit tot sy/haar voordeel gebruik.
Mededingers is nie slegs daardie besighede wat dieselfde diens/produk lewer nie, maar ook ander besighede wat ander produkte/dienste lewer. So byvoorbeeld moet die een ruitwasonderneming nie net bedreig voel deur ‘n ander soortgelyke onderneming nie, maar ook deur fabrikate van ruitskoonmaakmiddels wat byvoorbeeld nie meer blinkvryf benodig nie, maar slegs aangewend en afgewas hoef te word.
Onthou, die verbruiker is nie altyd op soek na laer pryse nie. Daar is ook ander faktore soos netheid, toeganklikheid, goeie bemarking en persoonlike diens wat vir die verbruiker aantreklik is.
Bestudeer die volgende vraelys en gebruik dit as riglyn om te help om op ‘n werkbare onderneming te besluit.
LU 4.2 | LU 4.5 |
LU 4 |
ENTREPRENEURSKENNIS EN -VAARDIGHEDEDie leerder is in staat om entrepreneurskennis, -vaardighede en -houdings te ontwikkel. |
Ons weet dit as die leerder die volgende doen : |
4.2 identifiseer ‘n verskeidenheid moontlike sakegeleenthede in die gemeenskap (skoolkoöperasies, sport, vermaak, toerisme); |
4.3 ontwerp ‘n reklameveldtog as promosie vir ‘n produk wat winsgewend sal wees; |
4.4 ontwikkel en implementeer ‘n eenvoudige sakeplan vir ‘n handels- of diensonderneming wat van die huis of die skool bedryf kan word; |
4.5 beskryf hoe die vier elemente van die bemarkingsamestelling in ‘n eenvoudige sakeaktiwiteit gekombineer word. |
Notification Switch
Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 6' conversation and receive update notifications?