<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Sosiale wetenskappe: geskiedenis

Graad 9

Die kerntydperk en die koue oorlog

Module 10

Die truman-leer en die marshall-plan

Aktiwiteit 1:

Om die koue oorlog histories te ondersoek deur gebruik te maak van ooreenkoms en verskil, onttrekking van bewyse en interpretasies en afleidings daaruit: verdragsorganisasies

[lu 1.1, 1.2, 1.3, 2.2, 3.1, 3.2, 3.3]

Bestudeer die onderstaande bronne en beantwoord die vrae.

BRON A ’n Kaart van ’n verdeelde Berlyn

BRON B’n Vryvertaalde uittreksel uit ’n toespraak deur President Truman aangaande die Truman-leer, Maart 1947

Op die huidige oomblik moet feitlik elke nasie tussen alternatiewe leefwyses kies.

Die keuse is te dikwels nie ’n vrye een nie. Een leefwyse is gebaseer op die wil van die meerderheid en word gekenmerk deur vrye instellings, verteenwoordigende regering, vrye verkiesings, waarborge van individuele vryhede, vryheid van spraak en die vry wees van politieke onderdrukking.

Die tweede leefwyse is gebaseer op die wil van ’n minderheid wat met geweld op die meerderheid afgedruk word. Dit steun op terreur en verdrukking, ’n beheerde pers en radio, verkiesings waarvan die uitslae vooraf gereël is en onderdrukking van persoonlike vryhede.

Ek glo dit moet die beleid van die Verenigde State wees om vrye volke by te staan wat hulle verset teen gepoogde onderwerping deur gewapende minderhede of buitelandse drukgroepe.

BRON CSowjetreaksie op die Marshall-plan van 1947, soos beskryf deur J.N. Westwood in Russian History 1812 – 1971 (vry vertaal)

Die Marshall-plan van 1947 was ’n teenkommunistiese maatreël in soverre dit Amerikaners se wens was om hulp aan te bied aan Europese ekonomieë wat met na-oorlogse toestande gesukkel het. Hulle motivering was en om op so ’n wyse die verspreiding van kommunisme te ontmoedig.

Die USSR-afvaardiging na die aanvanklike samesprekings het onder leiding van Molotov uitgestap en Sowjetdruk het Tsjeggo-Slowakye se deelname voorkom. In dieselfde jaar . . . dat die wêreld onherroeplik in twee kampe verdeel was.

Om die Komintern te vervang, is die Kominform gestig om die beleidsrigtings van die vernaamste Europese partye te koördineer.

BRON DNAVO - Lidmaatskap van NAVO, uit Tydkringe deur HGJ Lintvelt et al

In April 1949 het NAVO amptelik tot stand gekom. Behalwe die VSA en Kanada was daar aanvanklik nog tien ander lande lede van die gesamentlike verdedigingsverbond, nl. Brittanje, Frankryk, Nederland, België, Luxemburg, Italië, Noorweë, Portugal, Denemarke en Ysland.

Die uitbreek van die Koreaanse Oorlog en die Sowjet-Unie se welslae met die ontwikkeling van die atoombom . . . het die verdere uitbreiding van NAVO se militêre mag in Europa noodsaaklik gemaak. Gevolglik het Griekeland en Turkye hulle in 1952 by NAVO aangesluit en, ondanks besware van Frankryk, ook Wes-Duitsland in 1955.

Beantwoord die vrae oor die Koue Oorlog:

1. Bestudeer bron A en verklaar die teenwoordigheid van die vlae gemerk A, B, C en D.

2. Maak gebruik van bron A en verduidelik die betekenis van grens E en struktuur F.

3. Bestudeer bronne B en C. In bron B beskryf Truman twee leefwyses. Gebruik die bronne en jou kennis om te motiveer watter leefwyse ondersteun is deur:

3.1) die VSA

3.2) die USSR

4. Op watter wyse toon hierdie bronne, soos by 3, die verskil in benadering tussen die VSA en die USSR oor hulpverlening aan Europese state?

5. Bestudeer bron D. Gebruik die bron en ook jou kennis en verduidelik waarom Wes-Duitsland se toelating tot NAVO ’n probleem was.

6. Gee bewyse uit bron D wat daarop dui dat Rusland se aktiwiteite NAVO genoop het om sy militêre mag in Europa uit te brei.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
Geskiedkundige OndersoekDie leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om die verlede en die hede te ondersoek.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.1 ‘n onderwerp ondersoek deur kernvrae te stel en ‘n verskeidenheid relevante bronne te identifiseer om die onderwerp te ondersoek [vind bronne];
1.2 belangrike en sinvolle vrae stel om bronne te evalueer (bv. om partydigheid en stereotipes, weglatings en gapings te identifiseer) [werk met bronne];
1.3 die inligting in die bronne ontleed [werk met bronne];
1.4 ‘n onafhanklike redenasie as antwoord op ‘n gestelde vraag aanbied en motiveer gevolgtrekkings (met bewyse) [beantwoord die vraag];
1.5 kennis en begrip oordra deur eie interpretasie en argumente gegrond op geskiedkundige bronne aan te bied [kommunikeer die antwoord].
LU 2
Geskiedkundige Kennis en BegripDie leerder is in staat om historiese kennis en begrip te toon.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
2.1 gebeurtenisse, mense en veranderinge in bestudeerde geskiedkundige tydperke binne ‘n chronologiese raamwerk plaas [kronologie];
2.2 kategorieë oorsake en gevolge identifiseer (bv. onmiddellike en langtermyn-, regstreekse en onregstreekse oorsake en gevolge) [oorsaak en gevolg];
2.3 die redes vir en gevolge van gebeurtenisse in die geskiedenis verduidelik en ontleed [oorsaak en gevolg];
2.4 verstaan dat verandering en ontwikkeling nie altyd vooruitgang beteken nie [verandering en kontinuïteit].
LU 3
Geskiedkundige InterpretasieDie leerder is in staat om aspekte van die geskiedenis te interpreteer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
3.1 die omstrede aard van inhoud, en dat historici geskiedenis opstel wanneer hulle oor gebeurtenisse in die verlede skryf verstaan ]bronne interpretasie];
3.2 ‘n interpretasie gegrond op bronne opstel en gee redes vir eie interpretasie [bronne interpretasie];
3.3 vraagstukke wat die manier waarop geskiedenis geskryf is, beïnvloed ontleed [invloede op interpretasie];
3.4 die maniere waarop simbole gebruik word verduidelik om gebeurtenisse en mense uit die verlede te onthou, en hoe mondelinge geskiedenis tot ons begrip van die simbole kan bydra [voorstelling van die verlede].

Questions & Answers

what is the anterior
Tito Reply
Means front part of the body
Ibrahim
what is anatomy
Ruth Reply
To better understand how the different part of the body works. To understand the physiology of the various structures in the body. To differentiate the systems of the human body .
Roseann Reply
what is hypogelersomia
aliyu Reply
what are the parts of the female reproductive system?
Orji Reply
what is anatomy
Divinefavour Reply
what are the six types of synovial joints and their ligaments
Darlington Reply
draw the six types of synovial joint and their ligaments
Darlington
System of human beings
Katumi Reply
System in humans body
Katumi
Diagram of animals and plants cell
Favour Reply
at what age does development of bone end
Alal Reply
how many bones are in the human upper layers
Daniel Reply
how many bones do we have
Nbeke
bones that form the wrist
Priscilla Reply
yes because it is in the range of neutrophil count
Alexander Reply
because their basic work is to fight against harmful external bodies and they are always present when chematoxin are released in an area in body
Alexander
What is pathology
Samuel Reply
what is pathology
Nbeke
what's pathology
Nbeke
what is anatomy
ESTHER Reply
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Geskiedenis graad 9. OpenStax CNX. Sep 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11062/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Geskiedenis graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask