<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Soogdiere wat vleiseters is, het skerp tande wat oogtande genoem word. Hulle gebruik die oogtande om die vleis mee te skeur.
Soogdiere wat planteters is, het snytande om gras of blare mee af te byt. Die agterste tande is die maaltande om die kos mee fyn te maal.
Diere wat vleis en gras eet, het oogtande, snytande en maaltande. Hierdie diere word omnivore genoem. Die meeste mense is omnivore.
Beantwoord die vrae deur slegs W(waar), O(onwaar), of OB(onvoldoende bewyse) te skryf.
Selfassessering onder leiding van die opvoeder.
[LU 3.7.2]
Punte behaal uit ‘n totaal van 10:
Wat noem ons ‘n persoon wat nie vleis eet nie?
9. Mondeling
Is jy ‘n omnivoor of ‘n vegetariër? Ek is ‘n _ .
Teken nou jou gunsteling maaltyd op 'n bord soos die een hierbo.
Teken weer 'n bord, maar hierdie keer met wat jou ma sê jy moet vir aandete eet.
Verdeel nou in groepe van twee. Een van julle is die ma en die ander een die kind. Rollees die onderstaande dialoog:
Kind: “Wat eet ons vanaand, Ma?”
Ma: “’n Baie gesonde maaltyd.”
Kind: “Ag Ma, gesonde kos is nie altyd lekker nie!”
Ma: “Onsin, natuurlik is dit lekker.”
Kind: “Ek dink regtig nie brokkoli en spinasie is lekker nie.” (Jy kan ander kossoorte hier noem).
Ma: “Al hou jy nie daarvan nie, moet jy dit eet. Dit is propvol vitamiene en minerale en jou liggaam het dit nodig om te groei en gesond te wees.”
Kind: “Ek dink ___ help my ook om te groei en gesond te wees.”(Skryf jou gunstelingkossoorte neer.)
Ma: “Dit mag wel lekker wees, maar dit bevat bykans geen gesonde voedingstowwe nie. Dit gaarmaakmetode is ook baie ongesond.”
Kind: “Wel, daar is tog ‘n paar kossoorte waarvan ek hou én dis gesond.”
Ma: “Dis baie goeie nuus. Noem gerus vir my ‘n paar voorbeelde.”
Kind: “Ek hou baie van _” (Noem ‘n paar gesonde kossoorte in waarvan jy hou.)
Ma: “Ek het ‘n voorstel. Hoekom beplan ons twee nie môre-aand se maaltyd saam nie. Jy kan ‘n paar voorstelle maak van die kos wat jy graag wil eet en ons kan ‘n gesonde én lekker maaltyd beplan.”
Kind: “Dis ‘n baie slim plan! Kom ons doen dit sommer nou. Ma sal sien dat ek al my kos sal opeet sonder om te kla.”
Ma: “Ek sal _ as vleis gaarmaak.” (Kies self ‘n vleissoort.)
Kind: “Dit klink lekker. Ek dink groentesoorte soos _ sal 'n goeie idee
wees.” (Skryf self die groentesoorte neer.)
Ma: “Wat verkies jy daarby, spaghetti of rys?”
Kind: “Ek eet eerder _ .” (Besluit self en skryf neer.)
Ma: “Wat van nagereg? Enige voorstelle?”
Kind: “O ja, _ sal die maaltyd perfek afrond!” (Vul self in.)
Verdeel nou in groepe van 6 tot 8 lede en assesseer die groeplede terwyl hulle rollees. Gebruik die onderstaande assesseringsruit. Laat jou groeplede jou assessering hieronder invul.
LU 3
LEES EN KYK
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
3.1 toon, op ‘n eenvoudige manier, begrip van die elemente van stories:
3.1.4 let op na die rol wat prente in die skep van betekenis speel( soos: Hoe word ou en jong mense in prente uitgebeeld?);
3.3 lees vir inligting:
3.3.1 lees eenvoudige kaarte en planne;
3.3.2 lees en volg tekste wat prosedures betrek (soos instruksies vir ‘n wetenskapeksperiment);
3.6 lees vir genot en inligting:
3.6.1 lees heelwat fiksie- en nie-fiksie-boeke op ‘n gepaste lees- en taalvlak;
3.6.4 los woordraaisels op;
3.7 gebruik naslaanwerke en ontwikkel woordeskat:
3.7.2 demonstreer ‘n leeswoordeskat van ongeveer 2 000 tot 3 500 alledaagse woorde. Indien leerders hul addisionele taal vir leer in ‘n ander leerarea gebruik, behoort hulle op 3 500 woorde te mik.
LU 5
DINK EN REDENEER Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
5.1 gebruik taal oor die kurrikulum heen:
5.1.2 toon die vermoë en kennis om woordeskat uit ander leerareas te gebruik;
5.2 gebruik taal om te dink:
5.2.5 identifiseer ooreenkomste en verskille.
5.2.10 skryf eenvoudige definisies en gee voorbeelde;
LU 6
TAALSTRUKTUUR EN -GEBRUIK Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
6.2 gebruik verskillende eenvoudige taalvorme en sinstrukture om mondelings en skriftelik te kommunikeer:
6.2.3 die verskillende tydsvorme (soos: Sy lees ‘n boek; Hy het die werk gedoen; Ons sal die wedstryd wen);
6.2.7 eenvoudige verbuiging van adjektiewe, alledaagse trappe van vergelyking en intensiewe vorme;
6.3 ontwikkel sy/haar woordeskat:
6.3.5 gebruik eie woordeboek;
6.3.6 verstaan ongeveer 3 000 tot 4 500 alledaagse gesproke woorde binne konteks teen die einde van graad 5. Indien leerders die addisionele taal vir leer in ander leerareas gebruik, behoort hulle op 4 500 woorde te mik.
1. luiperd; springbok; olifant; kameelperd; bobbejaan; seekoei
2.
(a) Die springbok in blok B het nie 'n stert nie.
(b) Die luiperd in blok B vreet nie aan die prooi nie.
(c) Die kameelperd in blok B vreet nie aan blare nie.
(d) Die bobbejaan in blok B het nie 'n klein bobbejaantjie op die rug nie.
(e) Die olifant in blok B se slurp is in die lug.
(f) Die seekoei in blok B se bek is nie oopgesper nie.
6.
1. gemsbok 14. sebra
2. horing 15. seekoei
3. ivoor 16. skuil
4. jag 17. slang
5. kameelperd 18. spoor
6. koedoe 19 springbok
7. leeu 20 tand
8. olifant 21 watergat
9. ore 22 wildebees
10. pels 23 woestyn
11. prooi
12. renoster
13. rooibok
7. 'n Soogdier is 'n dier wat haar kleintjies soog en hulle lewendig in die wêreld bring.
8.
(a) waar
(b) onwaar
(c) onwaar
(d) waar
(e) waar
(f) onwaar
(g) waar
(h) waar
(i) onvoldoende bewyse
(j) waar
vegetariër
Notification Switch
Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 5' conversation and receive update notifications?