<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
1. Hieronder is die spore van verskillende groot soogdiere.
Verbeel jou jy gaan stap in die veld. Jy sien baie verskillende spore van soogdiere. Gebruik die sketse van die spore en kyk of jy die diere kan uitken. Sommige diere se spore is uitgelaat. Teken hulle spore in die spasies.
h.b. a.
e. d. f. c. g.
2.
Beantwoord nou die volgende vrae in julle groepe. Die antwoorde het almal betrekking op die diere hierbo.
Ons sien ook die kameelperd se spoor is groter as die gemsbok s’n, maar kleiner as die witrenoster s’n. Die kameelperd se spoor is ook langer as die sebra s’n, maar korter as die olifant s’n.
-er | -ste | |
klein | kleiner (as) | kleinste |
mooi | mooier (as) | mooiste |
gevaarlik | gevaarliker (as) | gevaarlikste |
een klinkereen konsonant | -mm-; -bb-; -kk-; -nn-; -ss-; -tt-; ens. | -ste |
slim | slimmer | slimste |
mak | makker | makste |
dun | dunner | dunste |
dubbelklinker (dieselfde)een konsonant | aa; ee; oo; uu | -ste |
groot | groter (as) | grootste |
skaam | skamer (as) | skaamste |
geel | geler (as) | geelste |
woorde wat op –s eindig | -er | -ste |
fluks | flukser (as) | fluksste |
los | losser (as) | losste |
vars | varser (as) | varsste |
-oud | Der | -ste |
oud | ouer (as) | oudste |
koud | kouer (as) | koudste |
woorde wat op –nk eindig: | -nk ng | -ngste |
jonk | jonger (as) | jongste |
lank | langer (as) | langste |
woorde wat op –r eindig: | -der | -ste |
maer | maerder (as) | maerste |
swaar | swaarder (as) | swaarste |
Hierdie woorde verander: | ||
goed | Beter | beste |
baie | Meer | meeste |
-oo | -oër | -ste |
hoog | Hoër | hoogste |
droog | Droër | droogste |
Gee die regte vorm van die woorde tussen hakies:
[LU 6.2.7]
10
Selfassessering onder leiding van opvoeder.
3. ‘n Begripstoets
Ek wonder of een van julle die storie van Huberta, die seekoei, ken. Dis ‘n ware verhaal en gaan oor ‘n dapper en avontuurlustige seekoei wat lank gelede geleef het.
reis | journey | vroulik | female | |
staptog | hike | herdoop | re-name | |
nuuskierig | curious | ontdek | discover | |
kuslyn | coastline | beroemd | famous | |
rede | reason | berig | report | |
geheim | secret | avonture | adventures | |
roete | route | afgedwaal | strayed | |
binneland | up-country | versprei | spread | |
suidwaarts | southward /southbound | manlik | male |
Lank gelede is ‘n seekoeikalfie naby St. Luciabaai in Kwazulu-Natal gebore. Sy was nog baie jonk toe sy eendag begin het met ‘n staptog van byna 2 000 kilometer.
Haar reis het in 1928 begin en in 1931 geëindig. Niemand weet hoekom sy so ver geloop het nie. Party mense sê sy het ‘n maat gaan soek, terwyl ander beweer dat sy net baie nuuskierig was en net meer van die wêreld wou sien.
Notification Switch
Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 5' conversation and receive update notifications?