<< Chapter < Page Chapter >> Page >

[LU 3.3.2; 3.7.1; 4.1.2]

Demonstreer nou aan jou maats hoe om hierdie resep voor te berei.

3. Lees die sinne in kolom A. Skryf hulle oor deur 'n ander woordorde te gebruik, soos die voorbeeldsin in kolom B . Voltooi die nuwe sinne deur hulle op 'n skoon vel papier of in jou werkboek uit te skryf. Onthou, d ie sinne moet nog presies dieselfde beteken!

A B
Voorbeeld :
Teen die oostelike hange van Tafelberg lê Kirstenbosch. Kirstenbosch lê _ van Tafelberg.
Antwoord: Kirstenbosch lê teen die oostelike hange van Tafelberg.
a ) Kirstenbosch is een van die bekend­ste botaniese tuine in die wêreld. Een van die _ in die wêreld is _ .
b ) In die tuin kry ons ‘n lewende museum van Suid-Afrikaanse plante. Ons kry ‘n _ van _ in die tuin.
c ) Die tuin is in 1913 deur ene Pearson gestig. In _ is die tuin _ ene _ gestig.
d ) Daar is oral bordjies in die tuin wat inligting gee oor die plante. Bordjies _ is oral in die tuin.
e ) Slegs inheemse flora word in die tuin gekweek en bewaar. In die tuin word _ bewaar.

Ruil nou jou sinne om met ‘n maat s’n. Onder die leiding van die opvoeder kan jy die maat se werk assesseer.

[LU 6.2.14]

  1. Die volgende storie handel oor een van die diere wat ons op Tafelberg aantref. Berei jouself voor om die storie hardop in die klas voor te lees.

Waarom het Dassie nie ‘n stert nie?

Baie, baie lank gelede het die diere in Afrika geen sterte gehad nie. Op ‘n dag word al die diere beveel om onder ‘n groot kremetartboom te vergader. Daar sal elkeen ‘n stert kan kies wat hy die graagste wil hê. Die diere is baie opgewonde en stap vinnig na die kremetartboom toe. Daar is ‘n yslike versameling sterte: dun sterte, dik sterte, stomp sterte, pluimsterte, lang sterte, kort sterte, vet sterte – elke soort stert wat jy jou kan voorstel!

Al die diere, behalwe Dassie, is op pad om ‘n stert te kies. Dit is vanoggend ‘n bietjie koud en reënerig en Dassie skuil onder ‘n rots, want hy hou nie daarvan as sy ore en pels nat word nie. Eindelik hou die reën op en Dassie strek hom uit op ‘n klip sodat hy eers ‘n bietjie in die sonnetjie kan warm bak.

Dis tog te lekker en Dassie het nie lus om ‘n stert te gaan uitsoek nie. Hy sal later roer om ‘n stert te gaan kies. Dassie sit maar en kyk hoe al die ander diere verbystap op pad na die kremetartboom toe.

Dassie raak al hoe luier en vaker. Sommige van die diere is al op pad terug en swaai hulle nuwe sterte trots rond. Dassie kyk na almal en besluit watter soort stert hy sal kies. Hy kan nie help om te lag as Seekoei verbystap nie! Dis nou regtig ‘n lawwe stertjie vir so ‘n groot lyf!

Laat die middag, terwyl die son sak, besluit Dassie dat hy maar ‘n stert moet gaan uitsoek. Terwyl Dassie op pad is, kom Vlakvark van voor af aangehardloop. “Jy is te laat!” sê Vlakvark vir Dassie. “Daar is niks meer sterte oor nie!” Nou skrik Dassie baie groot en hardloop tot by die kremetartboom. Vlakvark het nie gejok nie – daar is nie 'n enkele stert oor nie. Dassie soek en soek oral om die kremetartboom. Hy soek totdat die maan al hoog sit. “Ai,” sê hy vir homself, “al kry ek maar net so ‘n donsige klossie soos Haas.”

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 5. OpenStax CNX. Sep 22, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10990/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask