<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans eerste addisionele taal

Graad 6

Module 6

Geldeenhede

1. Hoe goed ken jy die geldeenheid van ons land? Ons praat mos van die voorkant van ’n munt as die kruis (kopkant), en van die munt (agterkant) as die stertkant. Op die voorkant verskyn ons land se wapen. Op die agterkant verskyn daar afbeeldings van diere of van blomme, asook die waarde van die munt, bv. 1c, 2c, ensovoorts.

Op ons geldnote se voorkant is daar afbeeldings van diere se koppe en die note is ook verskillende kleure.

Hoe lyk die note? Voltooi nou die onderstaande tabel: (die eerste een is as voorbeeld gedoen).

WAARDE AFBEELDING KLEUR
R10,00 Renoster Groen
R20,00
R50,00
R100,00
R200,00

Die heel eerste geld is 2500 v.C. in Mesopotamië (vandag is dit Irak) gebruik. Die geld was in die vorm van verskillende hoeveelhede silwer.

2. Luisterlees.

Luister nou terwyl julle opvoeder vir julle lees hoe munte ontstaan het. Hy/sy gaan vrae lees wat julle dan hieronder gaan beantwoord. Skryf slegs Ja of Nee as antwoord.

10

Ruil jou antwoorde met ’n maat s’n. Julle opvoeder sal die korrekte antwoorde gee sodat julle dit kan nasien.

DIE EERSTE NOTE

Die eerste papiergeld is 1 000 jaar na Christus deur die Chinese begin gebruik. Die Chinese het papier uitgevind en was ook die eerste wat papiergeld gebruik het. Die Chinese het moeg geword daarvan om al die munte rond te dra. Die mense het liewers hul munte by die handelaars gelos en het ’n stukkie papier gekry waarop geskryf is hoeveel munte die papier werd was. Ons kan ook sê dit was ’n kwitansie. Hierdie kwitansies kon as geld gebruik word.

3. Soeklees.

Kom ons kyk bietjie na ’n noot van naderby! Ons gebruik ’n R100-00 noot as voorbeeld.

Beantwoord nou die volgende vrae. Jy sal al die antwoorde op die afdruk van die R100,00 kry.

  1. Wat is die nommer van die banknoot?
  2. Watter bank het hierdie noot uitgereik?
  3. Wie is die president van hierdie bank?
  4. Watter dier word op die noot afgebeeld?
  5. Wat is die waarde van die noot in woorde?
  6. Hoeveel van hierdie diere staan in die veld?
  7. Hoeveel Braille-skrif kolletjies is op die onderste linkerkantse hoek van die noot?
  8. Wat dink jy is die betekenis van hierdie dier?
LU 3.3.2

Selfassessering onder leiding van die opvoeder.

8

Ek het

4. Mondeling.

Verbeel jou jy het tienduisend (10 000) van hierdie note. Hoeveel geld is dit? R……………… . Wat sal jy alles met hierdie geld doen? Dink net hoe fantasties dit sal wees. Beplan baie mooi hoe jy hierdie geld sal spandeer. Kom vertel dan aan jou maats wat jy alles daarmee sal doen. Jy het sowat drie minute tot jou beskikking.

Jy kan ook die onderstaande ruimte gebruik vir jou beplanning.

LU 2.4.4

5. Intensiewe vorme.

As jy werklik R1 000 000 sou hê, sal ons kan sê jy is baie ryk. Een woord vir baie ryk is skatryk . Dit beskryf ook hoé ryk jy is. So, byvoorbeeld, sal jy dan baie gelukkig wees. Een woord vir baie gelukkig is dolgelukkig . Ons noem hierdie woorde intensiewe vorme .

Leer die intensiewe vorme.

KLEURE

  • Baie blou is potblou
  • Baie wit is spierwit
  • Baie swart is pikswart
  • Baie rooi is bloedrooi
  • Baie groen is grasgroen
  • Baie geel is goudgeel

Questions & Answers

what are components of cells
ofosola Reply
twugzfisfjxxkvdsifgfuy7 it
Sami
58214993
Sami
what is a salt
John
the difference between male and female reproduction
John
what is computed
IBRAHIM Reply
what is biology
IBRAHIM
what is the full meaning of biology
IBRAHIM
what is biology
Jeneba
what is cell
Kuot
425844168
Sami
what is biology
Inenevwo
what is cytoplasm
Emmanuel Reply
structure of an animal cell
Arrey Reply
what happens when the eustachian tube is blocked
Puseletso Reply
what's atoms
Achol Reply
discuss how the following factors such as predation risk, competition and habitat structure influence animal's foraging behavior in essay form
Burnet Reply
cell?
Kuot
location of cervical vertebra
KENNEDY Reply
What are acid
Sheriff Reply
define biology infour way
Happiness Reply
What are types of cell
Nansoh Reply
how can I get this book
Gatyin Reply
what is lump
Chineye Reply
what is cell
Maluak Reply
what is biology
Maluak
what is vertibrate
Jeneba
what's cornea?
Majak Reply
what are cell
Achol
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 6. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10996/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask