<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
ANDER INTENSIEWE VORME
Voltooi die sinne:
LU 6.2.7 |
6. Dink julle baie geld maak mens altyd baie gelukkig?
Lees bietjie die gedig wat Vanessa, ‘n elfjarige dogter, geskryf het . Julle kan beurte maak om dit vir mekaar voor te lees.
Die TV is aan op ‘n DS-kanaal,
Miskien moet ek liewer my Gameboy gaan haal.
Of sal ek eerder op die rekenaar speel,
Dalk ‘n blik Coke gaan haal vir my droë keel?
Voor ons groot huis staan ‘n mooi, blink motor,
In die garage is nog een, net baie groter.
Ek het alles wat my hart kan begeer
Hoekom vra ek nog iets, nog meer?
Ag Mamma, hoekom is jy nooit tuis?
Hoekom is ek altyd alleen by die huis?
Pappa, waar is jy, alweer weg?
Druk my net vas, dan’s als weer reg.
Gesels nou oor hierdie gedig.
7. Tyd om te skryf.
Skryf nou in jou eie woorde oor Vanessa. In jou skryfstuk moet jy vertel van haar besittings, maar ook oor hoe sy voel en hoekom sy so voel. ( Gebruik die assesseringsruit onderaan as riglyn om seker te maak jou skryfwerk is goed en korrek).
LU 3.1.2 |
Ruil jou skryfstuk oor Vanessa met ‘n maat s’n. Gebruik die assesseringsruit om jou maat se skryfwerk te assesseer. Maak ‘n X in die toepaslike kolom.
Altyd | Dikwels | Nie so gereeld | Soms | Nooit | |
Sinne begin met hoofletters | |||||
Eiename is met hoofletters geskryf | |||||
Daar is ‘n . , ! of ? aan die einde van ‘n sin | |||||
Die woorde is korrek | |||||
Die woorde is korrek gespel | |||||
Die inhoud is goed en sinvol | |||||
Geassesseer deur
Jou opvoeder gaan die onderstaande storie hardop voorlees. Luister baie mooi. Jy en jou maat in die groep kan dit vir mekaar voorlees. Help mekaar met die korrekte uitspraak van woorde. Julle gaan kans kry om die leesstuk voor te berei om vir die klas of groep voor te lees. Julle sal dan geassesseer word.
8. Hardoplees.
Lank gelede het daar ‘n skatryk koning geleef. Sy naam was Midas. Hy het ‘n pragtige dogtertjie gehad vir wie hy baie lief was. Hy was ongelukkig net so lief vir geld en goud. Hoe liewer hy vir sy dogtertjie geword het, hoe liewer het hy vir sy geld en goud geword.
Koning Midas het elke dag sy geld getel. Op ‘n dag staan daar ‘n vreemde mannetjie langs hom.
“O, Midas, jy is skatryk, maar is jy gelukkig?” vra hy . “Ja, ek is, maar ek het nog nie genoeg goud nie.”
“Jy mag één wens wens en die wens sal waar word. Wat wil jy wens?”
“Ek wens dat alles waaraan ek raak, in goud sal verander,” sê Midas.
“ Jou wens sal waar word en van môre af sal alles waaraan jy raak in goud
verander”, sê die mannetjie.
Toe Midas die volgende oggend wakker word, vat hy aan die stoel langs sy bed. Hy is so bly! Hy spring op en raak aan alles: die bed, lakens, kussings en gordyne. Alles verander in goud!
Notification Switch
Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 6' conversation and receive update notifications?