<< Chapter < Page Chapter >> Page >
LU 3.4

Aktiwiteit 3:

Om ’n funksionele skryfstuk te skryf deur ’n onderwerp te beplan en te ontwikkel deur relevante inligting uit ’n verskeidenheid gepaste bronne te gebruik

  • Dit is nou weer tyd om jou eerste stelwerkstuk van die kwartaal aan te pak.
  • Gaan soek ’n bietjie rond(moenie van die biblioteek vergeet nie) en kies ’n redelik onbekende dier.
  • Skryf nou 200 tot 300 woorde oor die spesifieke dier en verwys na sy:
  • gewoontes
  • eienaardighede
  • habitat
  • sosiale interaksie
  • voortplanting, ens.
  • Dit moet in jou portefeulje geliasseer word.
LU 4.4

Aktiwiteit 4:

Om bepaalde taalaspekte deur toepassing te bemeester.

Trappe van Vergelyking

  • Gewoonlik word net –er en –ste aan ’n woord gelas
  • rooi – rooier – rooiste
  • klein – kleiner – kleinste
  • Soms verander die spelling in die vergrotende trap
  • sag – sagter – sagste
  • gaaf – gawer – gaafste
  • koud – kouer – koudste
  • Ander woorde verander heeltemal
  • goed – beter – beste
  • baie – meer – meeste
  • Meerlettergrepige woorde wat op –e eindig, kry meer en mees
  • tevrede – meer tevrede – mees tevrede
  • verlate – meer verlate – mees verlate

Intensiewe Vorme

  • Hulle word altyd as een woord gespel, behalwe wawyd oop en wawyd wakker.
  • Vul hierdie lys aan soos jy nuwes byleer.
  • rooi – bloedrooi
  • duur – peperduur
  • bitter – galbitter
  • glad – seepglad
  • Ons gaan vervolgens lees van die bedreigde oewerkonyn.
  • In Suid-Afrika, en in die res van die wêreld, is daar baie dierespesies wie se voortbestaan bedreig word.

Die oewerkonyn is eers in 1902 as ’n nuwe spesie geïdentifiseer. Sy ontdekker was ene C.H.B. Grant, ’n Britse mediese ordonnans in die Anglo-Boereoorlog. Vandag is daar na raming minder as vyfhonderd oewerkonyne oor.

Tussen die bossies hurk hy bedug in sy laaste vesting . . . die skugter oewer­konyn van die Sentrale Karoo wat nog slegs langs die rivierlope voorkom. Gelukkig vir hom is daar organisasies en meelewende boere wat verbete vir sy voortbestaan veg. Maar die hele reddingsaksie moet nou vinnig gebeur – of hy volg dalk die uitgestorwe kwagga in die vergetelheid . . .

Natuurlike vyande van die oewerkonyn is die rooijakkals, uil en rooikat. Ander gevare is jagters met honde, ontbossing en boerderypraktyke wat sy habitat vernietig.

Om alles te kroon, plant die oewerkonyn ook nie vinnig voort nie. In ’n leeftyd van drie jaar kan een wyfie hoogstens vier kleintjies grootmaak. Sy kry net een kleintjie op ’n keer, of partymaal twee. Die kleintjies is blind en haarloos en die ma’s moet hulle betreklik lank voed.

Uit: Huisgenoot, 31 Januarie 2002

  • Verskaf die intensiewe vorme van die volgende woorde.

1. nuwe

2. vinnig

3. natuurlik

4. rooi

  • Voltooi die volgende trappe van vergelyking.

1. ......................... ; minder .........................

2. lank ; ......................... ; .........................

  • Verskaf sinonieme vir die volgende onderstreepte woorde.

1. hy hurk bedug .

2. Die skugter konyn.

3. Meelewende boere.

4. Na raming

5. Sy vesting .

  • Voltooi die volgende idiome wat met diere te doen het en gee hulle betekenis.

1. Hy het te veel _____________ gedrink.

2. Hy het die __________________ van ’n leeu.

3. Hy maak nie hond _____________met daardie werk nie.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 9. OpenStax CNX. Sep 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11058/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask