<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
“Ek is ’n eensame krokodil, die mense kyk vir my en gril . . ..”
Uit: Die Burger, 2 Oktober 2002
1. Hoe het hierdie krokodil verlore geraak? (3)
2. Wie het hom vier dae later gevind? (3)
3. Wat in bg. persoon se agtergrond het hom gehelp om die krokodil reg te benader? (3)
4. Waarom was die krokodil oppad Windhoek-skou toe? (3)
5. Wat sou met die krokodil gebeur het as hy nie gevind is nie? (3)
6. Watter plan het die mense van die skou gemaak terwyl die krokodil nog weg was? (3)
7. Is die volgende stellings waar of onwaar? Verskaf ’n rede vir jou antwoord. Jou rede mag ook ’n aanhaling wees.
7.1 Dit was duidelik dat die krok bly was om met sy baas herenig te word. (2)
7.2 Die persoon wat hom gevind het, woon in Windhoek. (2)
7.3 Die persoon wat hom gevind het, was heeltemal stomgeslaan oor hierdie verskynsel. (2)
8. Verduidelik wat die volgende beteken. Dit hoef nie volsinne te wees nie.
ware Jakob (2)
die Indiana Jones van krokodille (2)
die Crocodile Dundee van krokodille (2)
9. Vind ’n woord in die teks wat dieselfde beteken as:
9.1 oujongkêrel (1)
9.2 klaarblyklik (1)
LU 3.1 | LU 3.4 | |||||||||
Aktiwiteit 2:
Om te leer hoe om hoofgedagtes te identifiseer om ’n opsomming te maak
Het julle al ooit van so ’n storie gehoor? Nie? Laat ek julle vertel.
’n Paar krokodille wat ontsnap het, woon blykbaar al vir jare in vrede met die mense in ’n rivier naby ’n populêre vakansiedorp. Baie mense in die omgewing weet dat hulle daar woon. Die kanovaarders sien die krokodille altyd in die rivier buite Scottburg aan die KwaZulu-Natalse suidkus. Party van die inwoners wat naby woon, sorg altyd dat hulle genoeg kos kry.
Maar ’n mens sal ook kan vra waar hierdie diere vandaan kom. Wel, hierdie krokodille het volgens kenners waarskynlik in 1998 as klein krokodilletjies tydens reënvloede uit Crocworld wat ’n toeriste-attraksie daar naby is, ontsnap. Die vloedwater het ’n heining by Crocworld vernietig.
Wat nou? Sowel Crocworld as KwaZulu Natuurlewe probeer hulle bes om die krokodille gevang te kry. ’n Spesiale hok moes gebou word om die krokodille te help vang. Dit gaan miskien nog ’n baie groot probleem wees. As hierdie krokodille nie gevang word nie, sal hulle dalk geskiet moet word. Dit is om die waarheid te sê net die een twee meter lange krokodil wat groot genoeg is om gevaarlik te wees.
Daar is egter ’n ander moontlike oplossing wat kan werk. Die lede van die toerismeraad sê dat die mense en die krokodille in hierdie omgewing saam in vrede lewe. Wat hulle liewers sal wil sien, is dat bordjies opgesit word om mense te waarsku teen die moontlike gevaar wat hulle inhou.
Verwerk uit: Beeld, 24 Mei 2001
( aantal woorde: )
Notification Switch
Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 9' conversation and receive update notifications?