<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Aktiwiteit 1:
Probleemoplossing in konteks, insluitend ekonomiese en omgewingsake soos finansiële probleme en die opstel van eenvoudige begrotings [LU 1.6.1]
1. GELDSAKE
Jy het gedurende die Grondslagfase ontdek hoeveel 1-sente, 2-sente, 5-sente, ens. daar in R1 is. Wys nou hoe knap jy is!
Vraag | Antwoord |
1.1 Hoeveel sente in R5? | ________________sent |
1.2 Hoeveel sente in R50? | _______________sent |
1.3 Hoeveel 5-sentstukke in R1? | ____________vyfsentstukke |
1.4 Hoeveel 5-sentstukke in 10? | ______________vyfsentstukke |
1.5 Hoeveel 5-sentstukke in R100? | ____________vyfsentstukke |
1.6 Hoeveel 10-sentstukke in R1? | ____________tiensentstukke |
1.7 Hoeveel 10-sentstukke in R100? | ___________tiensentstukke |
1.8 Hoeveel 50-sentstukke in R1? | ____________vyftigsentstukke |
1.9 Hoeveel 50-sentstukke in R10? | ____________vyftigsentstukke |
1.10 Hoeveel 50-sentstukke in R20? | ____________vyftigsentstukke |
Baie winkels maak nie meer gebruik van 1c-stukke nie.
2. AANKOOP VAN SKRYFBEHOEFTES
Voor die skole aan die begin van die jaar begin het, moes jy by die supermark inkopies doen. Hier volg die pryse van verskillende items:
Potloodskerpmaker R5 Filtpenne (Kleur) R10
Gomstafie R4 Meetkundestel R20
Skryfboek R3 "Flip file" R10
Potloodkryt (klein dosie) R14 2 potlode R8
Pen (rolpunt) R15 Skryfblok R6
Sakrekenaar R49 Skêr R7
Dagboek R15 Liniaal R5
Uitveër R6
2.1 Hoeveel altesaam sou elke kind die kassier moes betaal, indien hulle die volgende items gekoop het:
3. GELD IN WINKELS
3.1 In groot winkels sluit die pryse van items ook sente in. Die kassiere vergeet nieteenstaande maar van die een- en tweesente. Die kassiere bereken altyd jou kleingeld na die volgende vyfsent. Indien jy dus 17 sent behoort te kry, gee hulle vir jou 20 sent. Kleingeld word altyd “op bereken”, dit is anders as afronding. Hoekom dink jy dat winkels hierdie reëling het? Verloor winkels baie geld hierdeur? Bespreek dit eers met jou maats en skryf daarna jou antwoord neer.
3.2 Maak asof jy as ‘n kassier in ‘n winkel werk. Die kasregister sê vir jou hoeveel geld jy vir elke klant moet gee, maar jy moet besluit watter banknote en muntstukke jy uitkeer. Jy moet die kleinste hoeveelheid moontlik in banknote en muntstukke uitkeer.
Voltooi nou die volgende tabel (die eerste een is reeds vir jou gedoen):
Banknote en muntstukke | Hoeveelheid kleingeld wat uitgekeer word:R78,76 - R 30,45 - R 43,62 - R 21,94 - R120,13 - R0,55 | |||||
R100 | ||||||
R50 | 1 | |||||
R20 | 1 | |||||
R10 | ||||||
R5 | 1 | |||||
R2 | 1 | |||||
R1 | 1 | |||||
50c | 1 | |||||
20c | 1 | |||||
10c | 1 | |||||
5c |
3.3 Onthou dat die kleingeld boontoe afgerond word; dis nie altyd die bedrag wat die klant betaal nie. Wat kry die klant werklik as die kleingeld op R78,76 te staan kom?
Notification Switch
Would you like to follow the 'Wiskunde graad 4' conversation and receive update notifications?