<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
AKTIWITEIT 1
Om betenisvolle inligting uit data te verkry
[LU 5.5]
Soos jy weet, sien ons grafieke oral: in advertensies, handboeke, tydskrifartikels en in wiskundeklaskamers. Nou bekyk ons verdere grafieke om te sien wat ons kan sê van die statistieke wat hulle verteenwoordig.
As ons ’n enkele stel waardes het, soos die eetgewoontes van sommige leerders, gebruik ons ’n eenvoudige grafiek soos ’n sektordiagram.
In hierdie gevalle is daar gewoonlik ’n horisontale as en ’n vertikale as. Ons kyk net weer na die belangrike woorde:
Vergelyking: | х | y |
Vergelyking: | Onafhanklike veranderlike | Afhanklike veranderlike |
Vloei diagram: | Invoerwaarde | Uitvoerwaarde |
Tabel: | Boonste ry | Tweede ry |
Koördinate: | Eerste koördinaat | Tweede koördinaat |
Grafiek: | х -as | y -as |
Grafiek: | Horisontale as | Vertikale as |
1 James en Gabriel is ewe oud – hulle is vriende wat vir die eerste keer saam begin werk in Januarie 2000. Albei kan maklik per bus werk toe ry. Albei het ook genoeg geld, wat hulle met vakansiewerk verdien het, om die deposito op ’n nuwe motor te dek.
Die grafiek en tabel gee die besonderhede van hul uitgawes.
Jaar | 2000 | 2001 | 2002 | 2003 | 2004 | 2005 | 2006 | 2007 | 2008 | 2009 | 2010 | 2011 | 2012 | 2013 |
James | 28 304 | 21 228 | 21 228 | 21 228 | 33 965 | 25 474 | 25 474 | 25 474 | 40 758 | 30 568 | 30 568 | 30 568 | 48 909 | 36 682 |
Gabriel | 22 436 | 15 360 | 15 360 | 15 360 | 21 000 | 21 000 | 21 000 | 21 000 | 32 317 | 22 128 | 22 128 | 22 128 | 38 807 | 26 580 |
1.1 Die horisontale as van die grafiek gee die jare aan. Die stawe toon die geld wat James elke jaar aan paaiemente bestee en wat Gabriel elke jaar spaar. Die ligte staaf is telkens hoër as die donker staaf in dieselfde jaar. Is die ligte staaf vir James of Gabriel?
Notification Switch
Would you like to follow the 'Wiskunde graad 9' conversation and receive update notifications?