<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Aardrykskunde

Graad 5

Kaartwerk

Module 4

Soorte kaarte

1. Soorte kaarte

Elke kaart vertel sy eie storie. Werk in 'n groep en soek in die atlas voorbeelde van die volgende soorte kaarte:

staatkundig;

reliëfkaarte;

klimaatkaarte;

plantegroeikaarte;

bevolkingsverspreidingskaarte.

Aktiwiteit 1:

Om nuttige inligting te kies en te gebruik

[lu 1.3]

Kies uit die verskillende moontlikhede wat verskaf word en voltooi die tweede kolom sodat dit by die regte kaart pas.

Soorte kaarte Watter storie vertel dit? Moontlike keuses
Staatkundige kaarte Dui grense van lande aan
Reliëfkaarte waar mense woon
Klimaatkaarte Berge, valleie in 'n gebied
Plantegroeikaarte Die weer van die gebied
Bevolkingskaarte Die plante van die gebied

2. Kleurgebruik op ‘n kaart

  • ‘n Reliëfkaart dui die verskillende hoogtes van areas binne ‘n land aan (die bou van die land). Gebiede met naastenby dieselfde hoogte word in dieselfde kleur ingekleur. Volgens die fisiese bou van die land word daar ook sekere gebiede geïdentifiseer. So kry ons vlaktes, berge, riviere, moerasse, damme, plato’s, ens. Hier volg die verduideliking van ‘n paar:

KUSVLAKTE - laagliggende strook land naby die see

PLATO - ‘n redelike gelyk landskap wat hoog bo seevlak in die binneland lê

VLAKTE - plat, gelyk stukke grond

BERGE - hoogliggend - ‘n groep berge word ‘n bergreeks genoem

  • ( Let op die sleutel wat spesifieke hoogtes aandui. Die kleurname in hakies is bloot ‘n aanduiding van die kleur wat in die meeste atlasse vir gebiede met daardie spesifieke hoogte gebruik word.)
  • Sou jy na ‘n deursnit van Suid-Afrika kyk, sal die profiel soos volg lyk met die kusvlakte aan die westekant wat dan opbou na die plato in die sentrale deel van die land en daarna weer geleidelik daal tot by die kusvlakte aan die ooskus:

3. Hoe gebruik ons kaarte?

Om 'n kaart suksesvol te gebruik moet julle die volgende verstaan:

Die opskrif of titel

‘n Kaart moet altyd deur sy opskrif aandui watter spesifieke inligting dit bevat. Kyk na enige kaart in jou atlas en jy sal sien dat daar bo-aan ‘n naam vir die kaart gegee word, bv. AFRIKA Staatkundig.

Rigting

Julle moet weet watter kant van die kaart na NOORD wys. As julle die kaart so draai dat dit na ware noord wys, het julle die kaart georiënteer. Onthou julle nog die woord?

Julle het reeds in graad 4 geleer van die kompas wat ‘n instrument is waarmee noord vasgestel kan word.

Daar is ‘n aantal maniere om uit te vind waar noord is as julle nie ‘n kompas het nie:

deur jou horlosie te gebruik as dit ‘n uur- en minuutwyser het;

die skadustokmetode , deur die kortste skaduwee gedurende die dag te vind;

deur snags ‘n eenvoudige berekening te doen met behulp van die sterrebeeld, die suiderkruis ; en

die eenvoudigste manier is om vas te stel waar die son opkom en ondergaan. Die son gaan in die weste onder en kom in die ooste op. As jy weet waar oos en wes is, is dit maklik om die ander uit te werk.

Assessering

LU 1

AARDRYKSKUNDIGE ONDERSOEK

Die leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en -prosesse te ondersoek.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

  • bronne met nuttige aardrykskundige inligting kan kies en gebruik;
  • inligting kategoriseer;
  • sketskaarte en/of planne na aanleiding van veldwaarnemings en afmetings teken;
  • ‘n indeks gebruik om plekke op wêreldatlaskaarte te vind;
  • deur projekte, bespreking, debat en diagramme, kennis en begrip van die vraagstuk toon [dra die antwoord oor].

Questions & Answers

what are components of cells
ofosola Reply
twugzfisfjxxkvdsifgfuy7 it
Sami
58214993
Sami
what is a salt
John
the difference between male and female reproduction
John
what is computed
IBRAHIM Reply
what is biology
IBRAHIM
what is the full meaning of biology
IBRAHIM
what is biology
Jeneba
what is cell
Kuot
425844168
Sami
what is biology
Inenevwo
what is cytoplasm
Emmanuel Reply
structure of an animal cell
Arrey Reply
what happens when the eustachian tube is blocked
Puseletso Reply
what's atoms
Achol Reply
discuss how the following factors such as predation risk, competition and habitat structure influence animal's foraging behavior in essay form
Burnet Reply
cell?
Kuot
location of cervical vertebra
KENNEDY Reply
What are acid
Sheriff Reply
define biology infour way
Happiness Reply
What are types of cell
Nansoh Reply
how can I get this book
Gatyin Reply
what is lump
Chineye Reply
what is cell
Maluak Reply
what is biology
Maluak
what is vertibrate
Jeneba
what's cornea?
Majak Reply
what are cell
Achol
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Sosiale wetenskappe: aardrykskunde graad 5. OpenStax CNX. Sep 22, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10985/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Sosiale wetenskappe: aardrykskunde graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask