<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans eerste addisionele taal

Graad 8

Module 9

Hulpwerkwoorde en sinne

AKTIWITEIT 1

Om

  • hulpwerkwoorde in beleefde versoeke korrek te gebruik

LU 6.4

  • Wat is ’n beleefde versoek? Ons het vroeër van lewenswaardes gepraat. Om beleefd te wees, beteken om beskaafd en ordentlik op te tree. ’n Mens stel ’n versoek wanneer jy iemand vra om iets te doen.
  • Ons gebruik dikwels hulpwerkwoorde in beleefde versoeke. (’n Hulpwerkwoord is presies wat die naam sê: dit help die werkwoord.) Kyk na die volgende voorbeelde:
  • Ek kan Afrikaans praat. : kan = hulpwerkwoord (hele werkwoord.= kan praat )
  • Wil jy nou slaap? : wil = hulpwerkwoord (hele werkwoord = wil slaap )
  • Ek moet nou loop. : moet = hulpwerkwoord (hele werkwoord = moet loop )
  • Mag ek jou help? : mag = hulpwerkwoord (hele werkwoord = mag help )
  • Ek sal more Kaap toe gaan. : sal = hulpwerkwoord (hele werkwoord = sal gaan )
  • ’n Mens gebruik dikwels ’n hulpwerkwoord soos “mag” en “kan” in versoeke (bv. wanneer jy iemand beleefd vra om iets te doen).

1 . Voltooi nou die volgende beleefde versoeke in jou eie woorde:

1.1 Sal julle asseblief

1.2 Mag ons

1.3 Mevrou Smith, mag Jan

1.4 Mamma, mag ek maar

1.5 Sipho, sal jy

LU 6.4

AKTIWITEIT 2

Om

  • alledaagse bywoorde in die korrekte volgorde te gebruik

LU 6.4

  • ’n Bywoord is ’n woord wat iets meer omtrent die werkwoord sê. Kyk na die volgende voorbeelde:
  • Mary rus nou . (Die bywoord nou vertel jou wanneer Mary rus. Dis ’n bywoord van tyd.)
  • Die kinders hardloop vinnig . (Die bywoord vinnig vertel jou hoe die kinders hardloop. Dis ’n bywoord van wyse .)
  • John sit binne . (Die bywoord binne vertel jou waar John sit. Dis ’n bywoord van plek .)
  • In Afrikaans moet ’n mens bywoorde altyd in ’n sekere volgorde in ’n sin plaas: TYD, WYSE, PLEK.
  • KYK: Die hond speel altyd heerlik buite . (altyd = tyd; heerlik = wyse; buite = plek)
  • LET WEL: Die “bywoord” kan uit meer as een woord (’n sinsnede) bestaan, bv.
  • Die mense stap elke oggend vinnig stasie toe.

1 . Maak sinne deur die woorde in die regte volgorde te plaas:

1.1 pligsgetrou ons by die huis doen ons skoolwerk saans

1.2 per bus ek gaan volgende week Kaapstad toe

1.3 speel ons span elke jaar teen hulle baie hard…in Pretoria

1.4 elke dag werk toe gaan per trein die man

1.5 baie vinnig ons pap ons eet soggens altyd

LU 6.4

AKTIWITEIT 3

Om

  • skryftekens korrek en doeltreffend te gebruik

LU 6.1

  • Ons gaan nou kyk hoe sekere skryftekens in Afrikaans gebruik word.
  • In hierdie module is daar woorde wat met die volgende skryftekens geskryf word:
  • die kappie ( bv. ê)
  • die deelteken, (bv. ë)
  • die aksentteken (bv. é, á, ó)
  • die afkappingsteken (bv. ‘s)
  • die koppelteken (bv. twee-uur)

1 . Kyk na die volgende sinne wat op die werk in Aktiwiteit 1 gebaseer is. Die skryftekens in die vetgedrukte woorde het ’n sekere funksie (of werk). Die funksie word elke keer kortliks verduidelik. Jul onderwyser sal verder verduidelik.

1.1 Die bose fee het iets gesê toe sy na die baba gekyk het.

  • Die kappie op die e wys dat ’n mens dit op ’n sekere manier uitspreek sodat “sê” anders klink as “se”.

1.2 Daar is 12 feë na die partytjie genooi.

  • Die deeltekens wys dat die woord uit twee dele (lettergrepe) bestaan: fe/e.

Questions & Answers

what are components of cells
ofosola Reply
twugzfisfjxxkvdsifgfuy7 it
Sami
58214993
Sami
what is a salt
John
the difference between male and female reproduction
John
what is computed
IBRAHIM Reply
what is biology
IBRAHIM
what is the full meaning of biology
IBRAHIM
what is biology
Jeneba
what is cell
Kuot
425844168
Sami
what is biology
Inenevwo
what is cytoplasm
Emmanuel Reply
structure of an animal cell
Arrey Reply
what happens when the eustachian tube is blocked
Puseletso Reply
what's atoms
Achol Reply
discuss how the following factors such as predation risk, competition and habitat structure influence animal's foraging behavior in essay form
Burnet Reply
cell?
Kuot
location of cervical vertebra
KENNEDY Reply
What are acid
Sheriff Reply
define biology infour way
Happiness Reply
What are types of cell
Nansoh Reply
how can I get this book
Gatyin Reply
what is lump
Chineye Reply
what is cell
Maluak Reply
what is biology
Maluak
what is vertibrate
Jeneba
what's cornea?
Majak Reply
what are cell
Achol
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 8. OpenStax CNX. Sep 11, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11038/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask