<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
1. Begin jou eie besigheid
Sou jy graag eendag die baas wil wees van jou eie besigheid?
Wat noem ons ‘n persoon wat ‘n sekere behoefte of begeerte raaksien, ‘n blink idee kry om ‘n produk of diens te lewer en dan ‘n besigheid begin om daardie behoefte of begeerte te bevredig?
‘n E r.
'n Entrepreneur omskep dus ‘n behoefte wat hy geïdentifiseer het in ‘n besigheid.
Dié besigheid kan goedere of dienste wees wat gelewer word.
Wat is goedere?
Dit is produkte wat vervaardig moet word wat jy dan kan koop.
Wat is dienste?
Dit is mense wat ‘n sekere werk vir jou doen en jy betaal hulle daarvoor.
a) Voltooi die tabel deur die name neer te skryf van vyf besighede in jou dorp/stad wat goedere lewer en vyf besighede wat dienste lewer.
Goedere | Dienste | |||
1 | ||||
2 | ||||
3 | ||||
4 | ||||
5 | ||||
Daar is ook besighede wat handel dryf deur produkte te verkoop wat in fabrieke vervaardig is.
b) Voltooi die tabel deur die name neer te skryf van drie besighede wat handel dryf in klerasie en voedsel.
Klerasie | Voedsel | |||
1 | ||||
2 | ||||
3 | ||||
Winkels wat goedere verkoop, bedryf FORMELE handel, terwyl straathandelaars of smouse, vlooimarkte en kattebakverkopings, voorbeelde is van INFORMELE handel.
Nr. | Eienskap | Ja | Miskien | Nee |
A | Ek hou daarvan om dinge op my eie te doen. | |||
B | Dis nooit vir my ouers nodig om vir my te sê om met my huiswerk te begin nie. | |||
C | Ek hou van mense oor die algemeen en wil graag met almal in vrede leef. | |||
D | Ek hou daarvan om vir ander te sê wat om te doen. | |||
E | Ek kry dit reg om mense te oorreed om saam met my ‘n ding te doen. | |||
F | Ek aanvaar maklik die skuld as iets verkeerd loop en ek verantwoordelik is daarvoor. |
Nr. | Eienskap | Ja | Miskien | Nee |
G | Ek beplan my huiswerk deeglik voordat ek daarmee begin, sodat ek dit alles kan klaarkry. | |||
H | Ek kom dikwels met voorstelle om iets anders te doen in my vriendekring. | |||
I | As ek sukkel met ‘n huiswerkprobleem, hou ek aan totdat ek dit regkry. Ek gooi nie gou tou op nie. | |||
J | Ek kan vinnig ‘n regte besluit neem. | |||
K | My maats kan op my staatmaak, want ek probeer altyd eerlik wees. | |||
L | Ek maak grappies en probeer positief bly as dinge sleg lyk. | |||
M | Ek hou daarvan om te waag en vat maklik kanse. |
Tel jou hoeveelhede Ja’s, Miskiene en Nee’s en skryf dit onder neer.
Interpretasie van antwoorde:
Jy moet ‘n sekere persoonlikheid hê om ‘n suksesvolle entrepreneur te kan word en jy moet ook jou sterk en swak punte ken.
Die eerste stap voordat jy ‘n besigheid wil begin, is om te beplan. Jy moet beplan watter produk jy wil lewer, waar jy die produk wil verkoop, hoeveel dit jou gaan kos , aan wie jy die produk wil lewer en hoe jy die geld in die hande gaan kry om jou besigheid te begin.
Voordat jy kan begin beplan aan jou eie besigheid, is dit nodig om ‘n geleentheid te identifiseer in jou onmiddellike omgewing, sodat jou besigheid darem ‘n kans het om suksesvol te wees.
2. Wanneer is ‘n besigheid suksesvol?
LU 4 |
ENTREPRENEURSKENNIS EN -VAARDIGHEDEDie leerder is in staat om entrepreneurskennis, -vaardighede en -houdings te ontwikkel. |
Ons weet dit as die leerder die volgende doen : |
4.2 identifiseer ‘n verskeidenheid moontlike sakegeleenthede in die gemeenskap (skoolkoöperasies, sport, vermaak, toerisme); |
4.3 ontwerp ‘n reklameveldtog as promosie vir ‘n produk wat winsgewend sal wees; |
4.4 ontwikkel en implementeer ‘n eenvoudige sakeplan vir ‘n handels- of diensonderneming wat van die huis of die skool bedryf kan word; |
4.5 beskryf hoe die vier elemente van die bemarkingsamestelling in ‘n eenvoudige sakeaktiwiteit gekombineer word. |
Notification Switch
Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 6' conversation and receive update notifications?