<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Ons kry hoofsaaklik twee tipes elektrisiteit, naamlik hoofstroomelektrisiteit en battery-elektrisiteit .
Opdrag 5A
Maak ‘n plakkaat van elektriese toestelle wat met hoofstroomelektrisiteit en met battery-elektrisiteit werk.
LU/AS 2.4 |
Chemiese energie is elektriese energie wat byvoorbeeld in batterye se chemikalieë vasgevang word en het dus die potensiaal om ‘n elektriese stroom op te wek. By ‘n nat battery word twee metale, naamlik koper en sink, genaamd elektrodes, in ‘n suuroplossing genaamd elektroliet geplaas. ‘n Chemiese reaksie word veroorsaak, wat ‘n elektriese krag skep. Negatiewe elektrone vloei deur die suuroplossing van die koper na die sink. Die stroom vloei met die draad weer na die koper en so vloei die elektrisiteit aan. Die chemiese energie wat in ‘n battery gestoor word, word in VOLT gemeet. Ons kry dus batterye van verskillende sterktes en elk met ‘n positiewe en negatiewe pool.
‘n Italianer, Allessandro Volta, het in 1790 die eerste battery gemaak.
Stroom vloei altyd van ‘n positiewe pool na ‘n negatiewe pool in ‘n stroombaan. ‘n Elektriese stroom vorm dus wanneer elektrone in ‘n stukkie draad almal in dieselfde rigting beweeg. Om elektriese energie te verskaf, moet die elektrone in ‘n ononderbroke baan, genoem ‘n elektriese stroombaan , beweeg. Die enigste manier hoe ‘n persoon kan agterkom of daar ‘n stroom vloei, is om na sy uitwerking te kyk.
Watter basiese komponente het ‘n elektriese stroombaan?
Isolators is materiaal wat nie elektrisiteit gelei nie, soos plastiek, rubber en glas. Dit word om metaaldraad of om gloeilamphouers gesit om te keer dat die stroom deur ander metaalvoorwerpe vloei wat daaraan raak.
Opdrag 5B
Elke komponent van ‘n stroombaan het ‘n spesifieke simbool sodat dit moontlik is om ‘n stroomdiagram van ‘n stroombaan te teken.
KOMPONENT | SIMBOOL | ||
‘n Battery | |||
‘n Geleier | |||
‘n Skuifskakelaar | |||
‘n Gloeilamp | |||
‘n LED | |||
Stroomrigting | |||
LU/AS 1.13 |
Opdrag 6
Skrywe of die volgende reëls oor hoe om versigtig met hoofstroomelektrisiteit om te gaan WAAR of ONWAAR is. Doen dit eers individueel en daarna in ‘n groep.
INDIVIDUEEL | GROEP | |
a. Maak jou hande altyd droog voor jy aan elektriese skakelaars of toestelle werk. | ||
b. Jy mag ‘n prop uittrek terwyl die muurskakelaar nog aan is. | ||
c. Moenie ‘n prop uit ‘n muurskakelaar aan die drade uittrek nie - veral nie as die skakelaar nog aan is nie. | ||
d. ‘n Verslete of uitgerafelde koord kan nie ‘n brand veroorsaak nie en is dus nie gevaarlik nie. | ||
e. Dit is in orde om ‘n klomp passtukke in een sok te sit as jy verskillende toestelle tegelyk wil gebruik. | ||
f. Muurproppe word ook in badkamers aangebring. | ||
g. Dit is gevaarlik om ‘n metaalvoorwerp in ‘n muurprop te steek. |
LU/AS 1.9 |
Jy kan baie seerkry as jy ‘n elektriese skok opdoen deurdat ‘n elektriese stroom van ‘n hoofstroomelektrisiteitsbron deur jou liggaam vloei. Jy kan ernstige brandwonde opdoen, jou spiere trek saam wat maak dat jy nie die draad kan los nie en jou hart en jou longe kan ophou werk.
Leeruitkomstes(LUs) |
LU 1 |
TEGNOLOGIESE PROSESSE EN VAARDIGHEDEDie leerder is in staat om tegnologiese prosesse en vaardighede eties en verantwoordelik toe te pas deur gepaste inligtings- en kommunikasietegnologie te gebruik. |
1.13 kies en gebruik gepaste tegnologie om die ontwerpproses aan te bied, aan te teken of te kommunikeer (bv. eenvoudige portefeulje, plakkate, diagramme, modelle) |
LU 2 |
TEGNOLOGIESE KENNIS EN BEGRIPDie leerder is in staat om relevante tegnologiese kennis te verstaan en dit eties en verantwoordelik toe te pas. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen: |
Verwerking: |
2.4 toon kennis en begrip van die komponente van ‘n eenvoudige elektriese stroombaan (bv. verbindingsdrade, battery, skakelaar, uitset-/leweringstoestel), en hoe elektriese energie na ander vorms (bv. lig, hitte, klank, beweging) omgeskakel kan word. |
Energie
(kilo) Joule
Opdrag 1
Hang af van blikkies voedsel wat gebruik is.
Opdrag 2
Voedselsoorte wat suiker en stysels bevat.
Opdrag 3
Die atleet moet genoeg energie kan opgaar om die wedloop te kan voltooi en pasta bevat baie energie.
Opdrag 4
(a) ‘n hoëtroustel
(b) ‘n stoof
(c) ‘n bal aan ‘n rek
(d) ‘n gloeilamp
(e) ‘n elektriese trein
(f) ‘n motorbattery
Opdrag 5A
Opdrag 6
(a) W
(b) O
(c) W
(d) O
(e) O
(f) O
(g) W
Notification Switch
Would you like to follow the 'Tegnologie graad 6' conversation and receive update notifications?