<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
1. Soorte kaarte
Elke kaart vertel sy eie storie. Werk in 'n groep en soek in die atlas voorbeelde van die volgende soorte kaarte:
staatkundig;
reliëfkaarte;
klimaatkaarte;
plantegroeikaarte;
bevolkingsverspreidingskaarte.
Kies uit die verskillende moontlikhede wat verskaf word en voltooi die tweede kolom sodat dit by die regte kaart pas.
Soorte kaarte | Watter storie vertel dit? | Moontlike keuses |
Staatkundige kaarte | Dui grense van lande aan | |
Reliëfkaarte | waar mense woon | |
Klimaatkaarte | Berge, valleie in 'n gebied | |
Plantegroeikaarte | Die weer van die gebied | |
Bevolkingskaarte | Die plante van die gebied | |
2. Kleurgebruik op ‘n kaart
KUSVLAKTE - laagliggende strook land naby die see
PLATO - ‘n redelike gelyk landskap wat hoog bo seevlak in die binneland lê
VLAKTE - plat, gelyk stukke grond
BERGE - hoogliggend - ‘n groep berge word ‘n bergreeks genoem
3. Hoe gebruik ons kaarte?
Om 'n kaart suksesvol te gebruik moet julle die volgende verstaan:
Die opskrif of titel
‘n Kaart moet altyd deur sy opskrif aandui watter spesifieke inligting dit bevat. Kyk na enige kaart in jou atlas en jy sal sien dat daar bo-aan ‘n naam vir die kaart gegee word, bv. AFRIKA Staatkundig.
Rigting
Julle moet weet watter kant van die kaart na NOORD wys. As julle die kaart so draai dat dit na ware noord wys, het julle die kaart georiënteer. Onthou julle nog die woord?
Julle het reeds in graad 4 geleer van die kompas wat ‘n instrument is waarmee noord vasgestel kan word.
Daar is ‘n aantal maniere om uit te vind waar noord is as julle nie ‘n kompas het nie:
deur jou horlosie te gebruik as dit ‘n uur- en minuutwyser het;
die skadustokmetode , deur die kortste skaduwee gedurende die dag te vind;
deur snags ‘n eenvoudige berekening te doen met behulp van die sterrebeeld, die suiderkruis ; en
die eenvoudigste manier is om vas te stel waar die son opkom en ondergaan. Die son gaan in die weste onder en kom in die ooste op. As jy weet waar oos en wes is, is dit maklik om die ander uit te werk.
LU 1
AARDRYKSKUNDIGE ONDERSOEK
Die leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en -prosesse te ondersoek.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
Notification Switch
Would you like to follow the 'Sosiale wetenskappe: aardrykskunde graad 5' conversation and receive update notifications?