<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
In hierdie module vier die Wapse ‘n fees om die seisoen “herfs” welkom te heet in die bos. Behandel die vier seisoene met die leerders. Sorg dat hulle die volgorde van die seisoene ken, asook die gepaardgaande maande. Leerders kan voorwerpe en prente wat hulle met ‘n sekere seisoen assosieer, klas toe bring. Hou ‘n klasuitstalling daarmee. Gesels oor aktiwiteite en sport wat in die verskillende seisoene beoefen word en oor die kossoorte wat eie is aan elke seisoen. (Leerders kan selfs sop of koeldrank-ysies in die klas maak.) Maak leerders bewus van die feit dat, terwyl dit somer is in die Suidelike Halfrond, dit elders winter is. Gesels ook oor die weer wat ons in elke seisoen ervaar en hoe dit van plek tot plek in ons land verskil. Sommige dele kry in die winter reën en ander in die somer.
Die laaste enkelklanke word in hierdie module met die leerders behandel (i, j, t, u, y, x, z). Die apie-swaai patroontjie gaan hiermee saam.
Bladsy 1: Lees die storie vir die leerders voor. Vra vrae soos dié wat volg om die leerders se begrip te toets. Om seker te maak dat u al die leerders se begrip en luistervaardigheid toets, moet stories gereeld aan leerders voorgelees word. Aan die einde van elke storie word vrae aan verskillende leerders gevra totdat almal getoets is. Daar is ook twee ander stories later in die module. Die onderwyser kan hulle op dieselfde manier hanteer.
LU 1.3
Leer die volgende woorde vir die leerders aan: winter, somer, herfs, lente, fees, vier, oranje, geel, bruin, seisoene, verkleur, vrugte, rus.
LU 3.4
Ons hou almal van herfs. In die herfs verkleur die blare en val van die bome af. Die bome gaan rus in die winter. Dan kan hulle weer later vrugte dra.
Die Wapse hou baie van die herfs. Hulle vier ‘n groot fees. Hulle dans en vertel stories. Almal hou van herfs!
LU 3.4 |
LU 1.6 |
LU 4.1 |
LU 1.1 |
Het jy al ooit weggeraak? Die een oomblik het jy nog Mamma se hand in die winkel vasgehou en die volgende oomblik was sy net nêrens nie? Kan jy nog onthou hoe bekommerd Mamma was toe sy jou uiteindelik opspoor?
Dan weet jy nou presies hoe Pappa en Mamma en al die ander Wapse voel. Want Tessie Waps is weg! Skoonveld weg! Die Wapse soek nou al van vanoggend vroeg af en daar is nog geen spoor van haar nie! Pappa en Mamma is al raadop! Hulle weet nie meer waar om te soek nie, Vollie Vlakvark hardloop al van vroeg af rond met Willie en Makkie op sy rug. Bienkie en Kassie is al hees geroep. Van die Wapse klim selfs in die bome rond, hoewel Tessie nog net een jaar oud is en mos nie kan boomklim nie. Almal is bang, want dit begin al donker word. Waar is Tessie?
Die Wapse weet dat klein Wapse beslis nie na donker in die bos moet wees nie. Klein Wapse moet sononder veilig in hulle bedjies in die boomhuise wees, weg van jakkalse en reën en al die vreemde naggeluide waarvoor klein kindertjies, en klein Wapse, bang is. Hulle moet vir Tessie kry, en gou ook. Maar waar kan hulle nog soek? Die Wapse is regtig moedeloos.
LU 2.7 |
LU 4.6 |
Prentjie | ||
LU 6.1 |
LU 3.4 |
Leeruitkomste 1: LUISTER : Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer.
Assesseringstandaard 1.1: Dit is duidelik wanneer die leerder aandagtig na instruksies en aankondigings luister en op ‘n gepaste manier reageer;
Assesseringstandaard 1.6: Dit is duidelik wanneer die leerder klankbewustheid ontwikkel.
Leeruitkomste 2: PRAAT : Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Assesseringstandaard 2.7: Dit is duidelik wanneer die leerder ‘n bekende kort storie vertel wat ‘n begin, middel en einde het, indien nodig met behulp van prente.
Leeruitkomste 3: LEES EN KYK : Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Assesseringstandaard 3.4: Dit is duidelik wanneer die leerder letters en woorde herken en betekenis uit geskrewe teks skep.
Leeruitkomste 4: SKRYF : Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Assesseringstandaard 4.1: Dit is duidelik wanneer die leerder toenemend leesbaar skryf;
Assesseringstandaard 4.6: Dit is duidelik wanneer die leerder woordeskat begin opbou en woorde begin spel sodat ander dit kan lees en verstaan.
Leeruitkomste 6: TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIK : Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Assesseringstandaard 6.1: Dit is duidelik wanneer die leerder klanke in verband bring met letters en woorde.
Notification Switch
Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 1' conversation and receive update notifications?