<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
ʼn Gradeboog is ʼn eenvoudige instrument wat gebruik word om hoeke te meet. ʼn Diagram van ʼn gradeboog word getoon in [link] .
Metode:
Hoe om 'n gradeboog te gebruik:
Wat is die kleinste hoek wat geteken kan word? Die figuur hier onder toon aan hoe twee lyne ( en ) ʼn hoek onderspan by die hoekpunt . As die lyn geroteer word om die hoekpunt , in die rigting van lyn , dan is die kleinste hoek wat geteken kan word, die geval waar beide lyne in dieselfde rigting wys. Dit noem ons ʼn 0 hoek. Dit word aangedui in [link] .
As lyn nou opwaarts geroteer word, kan enige ander hoek gevorm word. As lyn en lyn in presies teenoorgestelde rigtings wys (soos in geval 3 in [link] ) word ʼn 180 hoek onderspan.
ʼn Hoek van 90
word ʼn
regte hoek genoem. ʼn Regte hoek is die helfte van die hoek wat onderspan word deur die reguitlyn (die 180
lyn). Ons sê dus
is
loodreg op
of
Alle hoeke, groter as 360 , lyk dieselfde as hoeke wat ons alreeds teëgekom het. As jy ʼn hoek gegee word wat groter is as 360 , trek 360 herhaaldelik af van die hoek, tot jy 'n antwoord kry tussen 0 and 360 . Hoeke wat meer as 360 is meestal vir die wiskundige gerief.
Hierdie is basies net name vir hoeke in ‘n spesifieke reeks, soos gewys in [link] .
Waneer jy hoeke meet, kan jy hulle met mekaar vergelyk. Byvoorbeeld, alle regte hoeke is 90 , dus is alle regte hoeke is gelyk aan mekaar en ‘n stomphoek sal altyd groter wees as ‘n skerphoek.
Die volgende video gee ‘n opsomming van wat jy moet weet van hoeke. Let daarop dat vir hoërskool sal jy net grade gebruik, nie radiale soos gewys in die video nie. Radiale is ‘n ander manier om hoeke te meet. Jy sal op universiteit aan radiale voorgestel word.
In
[link] , sny reguitlyne
en
in punt X en dit vorm vier hoeke:
of
Die tabel gee ‘n opsomming van spesiale hoekpare.
Spesiale Hoeke | Eienskap | Byvoorbeeld |
Aangrensende hoeke | deel ‘n hoekpunt en 'n gemeenskaplike sy | , , , |
Lineêre paar (aangrensende hoeke op ‘n reguitlyn) | aangrensende hoeke wat gevorm word by twee snydende reguitlyne wat volgens definisie saam 180 is | ; ; ; |
Teenoorstaande hoeke | hoeke wat gevorm word deur 2 snydende reguitlyne wat ‘n hoekpunt deel maar nie enige sye nie | ; |
Supplementêre hoeke | 2 hoeke waarvan die som 180 is | |
Komplementêre hoeke | 2 hoeke waarvan die som 90 is |
Notification Switch
Would you like to follow the 'Siyavula textbooks: wiskunde (graad 10) [caps]' conversation and receive update notifications?