<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Aktiwiteit 1
Om te skryf vir persoonlike besinning
1 . Jy hou nie eintlik baie van sport nie en jy is taamlik onaktief. Jy sou veel eerder ’n boek wou lees of gaan fliek as om aan sport deel te neem. Jy voel egter dat dit nie reg is nie en dat jy oefening moet kry. Jy wonder watter sportsoort geskik sal wees. Skryf jou gedagtes hieroor neer, en probeer om ’n besluit te neem, wat jy ook neerskryf.
2 . Jy is met vakansie en jy het ’n wonderlike dag beleef waarin jy opwindende sportaktiwiteite ervaar het. (Gebruik jou verbeelding en dink aan iets interessants.) Skryf al die dag se gebeure neer.
3 . Jy is ’n deelnemer aan die Wêreld-moerassnorkelkompetisie in die Waen Rhydd Bog in Wallis. Jy verteenwoordig Suid-Afrika en dis die eerste keer dat jy daar is. Jy het vandag vir die eerste keer gaan oefen. Die kompetisie vind more plaas. Skryf jou gedagtes in jou dagboek neer.
4 . Jy het so pas na ’n wedstryd tussen twee meisieskrieketspanne gekyk. Jy het baie besliste idees omtrent meisies wat krieket speel (vir óf teen). Skryf jou gedagtes daaromtrent neer.
LU 4.3 | ||||
Aktiwiteit 2
Om mediatekste te ontwerp
1. Ontwerp ’n buiteblad vir ’n sporttydskrif. Sorg dat dit interessant lyk en kleurvol is, sodat dit ’n moontlike leser se aandag sal trek. Jy kan dit in jou portefeulje plaas. Kreatiwiteit is hier die sleutelwoord. Gebruik ’n aparte vel papier daarvoor en voeg dit los in.
2. Verbeel jou dat jy ’n valskermsweeftuig / branderplank / gholfstel / kano of enige ander sportapparaat het wat jy nie meer gebruik nie. Jy wil dit verkoop. Skryf die bewoording van ’n klein advertensie wat jy in die snuffelkolom van ’n koerant of tydskrif wil plaas. Onthou dat dit bondig, maar volledig moet wees. Elke woord kos geld.
LU 4.5 | ||||
Aktiwiteit 3
Om woordeskat uit te brei
Stokveg dalk as SA sport erkenBUN BOOYENSKAAPSTAD.- Stokgevegte, een van Suid-Afrika se gunsteling inheemse tydverdrywe, gaan dalk eersdaags amptelik as sport erken word. As alles volgens plan verloop, kan die land se voorste stokslaners mekaar reeds in September vanjaar amptelik te lyf gaan by Suid-Afrika se eerste inheemse sportspele in die provinsie Limpopo. Stokgevegte kan gevaarlik wees, dus word elektroniese stokke nou ontwikkel wat ’n hou sal registreer wanneer een deelnemer ’n ander tref.Die voorsitter van die SA Sportkommissie het gister gesê dat inheemse sportsoorte en speletjies sal uitsterf as die jeug dit nie aanleer nie.Daar word in September ’n inheemse spele gehou om sportsoorte soos stokgevegte amptelik op die sportkalender te hou. | Die tradisionele speletjie ncuva , wat met klippies in ’n sirkel op die grond gespeel word, word tans gerekenariseer sodat mededingers uit nege provinsies elektronies met mekaar kan meeding.Daar is landwyd reeds 230 fasiliteerders opgelei om deelnemers in tradisionele sport af te rig. ’n Handleiding word saamgestel waarin die reëls vir die sportsoorte opgeteken sal word.Suid-Afrika neem in Julie vanjaar in Toronto, Kanada aan ’n internasionale byeenkoms vir inheemse sport deel. |
Notification Switch
Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 9' conversation and receive update notifications?