<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
1. Grondgebruikfunksies in Suid-Afrikaanse stede
Indien ons na die grondgebruikfunksies van enige stedelike gebied kyk, is daar sekere funksies wat gewoonlik in alle stede aangetref word. Die totale stedelike area bestaan gewoonlik uit gebiede wat ontwikkel is, terwyl ander dele onontwikkel is.
Die ontwikkelde area bestaan gewoonlik uit twee groepe ontwikkelde gebiede, naamlik private en openbare ontwikkelde areas.
Private ontwikkelde areas
Die privaat ontwikkelde area behels gewoonlik drie tipes grondgebruikfunksies:
a) Residensieel – bv. Enkelwonings, skakelhuise, woonstelle en meenthuiskomplekse.
b) Industrieë – bv. Opberging, Ligte industrieë en Swaar Industrieë.
c) Handel – bv. Kleinhandel, Groothandel, Finansies en Professionele ondernemings
Openbare ontwikkelde areas
Die Openbare ontwikkelde area behels vier tipes grongebruikfunksies:
a) strate
b) ontspanning – soos parke, sportterreine en kultuur
c) openbare dienste – soos hospitale, lughawens, begraafplaas en afvalwerke
d) onderwys – soos laer- en hoërskole
Onontwikkelde areas
Die onontwikkelde gebied kan gewoonlik onder twee hoofde geklassifiseer word:
a) onbenutte, oop terrein
b) landbougrond
Bestudeer die skets van die stedelike gebied en beantwoord die vrae:
1. Waar word die sakekern van die stedelike gebied aangetref?
2. Sou jy B as ‘n hoë-inkomste-woongebied beskryf of as ‘n laerinkomstegroep woongebied? Gee ‘n rede vir jou antwoord.
3. Wat belemmer moontlike toekomstige uitbreiding van die stad in ‘n noordelike rigting (sien C).
4. Is daar genoegsame sportfasiliteite beskikbaar om in die inwoners van die stad se behoeftes te voorsien?
lw: opvoeders moet daarop let dat hierdie aktiwiteit ‘n praktiese opdrag is wat in pare gedoen kan word.
2. Die funksie van die grond in my omgewing
Bestudeer die tabel en bykomende inligting en volg die instruksies van die opvoeder om die gebruik van grond in jou omgewing te bepaal.
Grondgebruikkategorie | Beskrywing | Erf No. |
Residensieel | ||
Fabrieke/Nywerhede | ||
Groothandel | ||
Handel | ||
Ontspanning | ||
Openbare Dienste | Bv. kerke, hospitaal, lughawe, ens. | |
Opvoeding | Bv. skool, universiteit, ens. | |
Oop onbenutte terrein | ||
Landbougrond | ||
Strate |
Notification Switch
Would you like to follow the 'Aardrykskunde graad 8' conversation and receive update notifications?