<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Watter soort rommel kry ons op die strande? Skryf die woord neer en teken ‘n prentjie onder elke woord.
gevaarlik skoon
Dink jy julle houer sal gebruik kan word?
Onthou: Elkeen van ons moet help om ons seelewe te bewaar. Moenie wat mooi is, beskadig nie. Gee om vir ons natuur!
Bespreek watter ander soort besoedeling ons nog kry. Watter ander projek kan julle nog aanpak? Dink aan lugbesoedeling, vuil parke, geraas, ensovoorts.
ASSESSERINGSTANDAARDE(LU’s) |
LEWENSORIëNTERINGLU 1 |
GESONDHEIDS-BEVORDERING Die leerder sal in staat wees om ingeligte besluite te neem oor persoonlike, gemeenskaps- en omgewingsgesondheid. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
1.2 aan herwinningsprojek deelneem en verduidelik hoe herwinning tot omgewings-gesond bydra. |
LU 3 |
PERSOONLIKE ONTWIKKELING Die leerder sal in staat wees om aangeleerde lewens-vaardighede te gebruik om persoonlike potensiaal te bereik en te ontwikkel, sodat hy of sy effektief op uitdagings in sy of haar wêreld kan reageer. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder : |
3.5 groepwerkvaardighede identifiseer en dit konsekwent toepas. |
AARDRYKSKUNDELU 3 |
VERKENNING Die leerder sal in staat wees om ingeligte besluite oor sosiale en omgewingsake en probleme te neem. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
3.1 ‘n besoedelingsprobleem identifiseer (bv. Die besoedeling van ons seelewe);3.2 beskryf wat tot die besoedeling aanleiding gee;3.4 maniere suggereer waarop die besoedelingsprobleem verminder kan word;3.5 oplossings voorstel om die beste resultate te kry. |
NATUURWETENSKAP LU 1 |
WETENSKAPLIKE ONDERSOEKE Die leerder sal in staat wees om met selfvertroue op nuuskierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om verwantskappe te ondersoek en probleme in wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskontekste op te los. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
1.3 Heroorweeg : verduidelik en reflekteer oor watter handeling bedoel was en of die plan uitvoerbaar was (besin oor hoe die groep se handeling tot die doel bygedra het; dink oor ander onderwerpe of probleme wat ondersoek kan word). |
TEGNOLOGIELU 1 |
TEGNOLOGIESE PROSESSE EN VAARDIGHEDE Die leerder sal in staat wees om tegnologiese prosesse en vaardighede eties en met verantwoordelikheid toe te pas, met gebruikmaking van geskikte inligting- en kommunikasietegnologieë. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
1.1 Ondersoek : Vind uit waarom bestaande produkte met betrekking tot ’n probleem, behoefte of geleentheid gepas vir die doel daarvan is.1.3 Ontwerp : verskillende moontlike oplossings voorstel, een kies en ‘n vryhandskets daarvan maak;1.4 Maak : verduidelik hoe die houer gemaak gaan word en wat gebruik gaan word om dit te maak;1.6 Evalueer : die sterk en swak punte van eie produk sowel as van dié van ander identifiseer. |
Notification Switch
Would you like to follow the 'Lewensvaardighede graad 3' conversation and receive update notifications?