<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Alet en Jurgens het vir hulle ouma op Klipfontein gaan kuier. Jurgens se ouma het hom na die slaghuis gestuur om ‘n kilogram wors te gaan koop. Hy het nooit geweet dat wors so duur kan wees nie. Alet het na die bakkery gestap en by die bakker heerlike vars broodrolletjies gekoop. Oppad terug het hulle verby die bank gestap. Hulle sien toe ‘n skelm wat probeer om die bankbestuurder te beroof. Hulle het baie groot geskrik. Jurgens het dadelik na die polisiekantoor gehardloop. Die polisieman het die dief gearresteer. Die hele gemeenskap was baie dankbaar.
Die volgende oggend vroeg toe Ouma haar voordeur oopmaak, staan die posbode voor haar deur. Hy gee vir haar die koerant. Daar is toe ‘n pragtige foto van Alet en Jurgens waar hulle ewe trots langs die bankbestuurder staan. Ouma was sommer baie trots op haar twee kleinkinders.
Jurgens het besluit dat hy graag eendag ‘n speurder sal wil word, maar Alet het gesê dat sy eerder graag ‘n juffrou wil wees. Daar is sommer baie plekke waar ‘n mens kan gaan werk.
Kies een van die beroepe in die lys hieronder
- Onderwyser
- Musikant
- Predikant
- Tandarts
- Haarkapper
- Polisieman
- Dokter
Vraag 1: Werk u in ‘n gebou?
Vraag 2: Werk u met mense?
Vraag 3: Is dit ‘n gevaarlike werk?
Vraag 4: Kry u genoeg tyd om te ontspan?
Vraag 5: Geniet u die werk?
Vraag 6: Moes u na skool verder leer om die werk te kan doen?
Vraag 7: Watter beroep beoefen u?
Teken jou eie prentjie by elkeen van die volgende persone se beroepe.
dokter, sekretaresse, posbode, motorwerktuigkundige, soldaat, kunstenaar, kleremaker
Dit is baie belangrik dat jy sommige belangrike plekke of persone se telefoonnommers moet ken. Maak ‘n lys van al die nommers wat jy in tye van nood mag nodig kry.
Leeruitkomstes(LUs) |
LEWENSORIËNTERING LU 1 |
BEVORDERING VAN GESONDHEID Die leerder kan ingeligte besluite neem rakende persoonlike, gemeenskaps- en omgewingsgesondheid. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
1.4 relevante persone en hulle kontakbesonderhede (bv. telefoonnommers) kan identifiseer en onthou om gevalle van ongelukke, misbruik, misdaad, brand, siekte en besering aan te meld. |
AARDRYKSKUNDE LU 1 |
AARDRYKSKUNDIGE ONDERSOEK Die leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en -prosesse te ondersoek. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
1.3 vrae beantwoord oor kernkenmerke van mense, plekke, hulpbronne en veranderinge in die omgewing. |
NATUURWETENSKAP LU 1 |
WETENSKAPLIKE ONDERSOEKDie leerder in staat om met vertroue te reageer t.o.v. nuuskierigheid oor natuurlike verskynsels en om die verhoudinge te ondersoek en probleme op te los in wetenskaplike-, tegnologiese en omgewingskontekste. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
1.1 Beplan : die materiaal wat deur die groep gekies is om die groep se plan te kommunikeer gebruik;1.2 Doen : konstruktief aan die aktiwiteit deelneem en die doel daarvan verstaan. |
EBW LU 1 |
DIE EKONOMIESE KRINGLOOP Die leerder sal in staat wees om sy kennis en begrip van die ekonomiese siklus binne die inhoud van die ekonomiese probleem te demonstreer. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
1.5 sommige sakeleiers en entrepreneurs in eie gemeenskap identifiseer en hul sakeondernemings beskryf. |
KUNS EN KULTUUR LU 4 |
UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIEDie leerder is in staat om veelvuldige vorme van kommunikasie en uitdrukking in Kuns en Kultuur te analiseer en te gebruik. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
4.4 Drama : deelneem aan drama-oefeninge met die klem op sintuiglike waarneming en assosiasies (leerders mimiek en ander moet die beroepe kan identifiseer). |
Notification Switch
Would you like to follow the 'Lewensvaardighede graad 3' conversation and receive update notifications?