<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Dink aan drie verskillende maniere oor hoe jy vir jou liggaam kan sorg. Teken ‘n prent by elkeen.
LO 3.1 |
Leeruitkomstes(LUs) |
lewensoriënteringLU 1 |
BEVORDERING VAN GESONDHEIDDie leerder kan ingeligte besluite neem oor persoonlike, gemeenskaps- en omgewingsgesondheid. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
1.5 situasies herken waarin seksuele mishandeling kan voorkom of daartoe kan lei en ‘n persoon noem aan wie hy dit kan rapporteer. |
LU 3 |
PERSOONLIKE ONTWIKKELING:Die leerder kan verworwe lewensvaardighede gebruik om persoonlike potensiaal te bereik en uit te leef om doeltreffend te reageer op uitdagings in die lewe. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
3.1 persoonlike besonderhede kan verstrek;3.2 sy eie liggaam positief kan beskryf; |
KUNS EN KULTUURLU 1 |
SKEPPING, INTERPRETASIE EN AANBIEDINGDie leerder kan werk skep, dit interpreteer en aanbied in elk van die verskillende kunsvorms – Dans, Drama, Musiek en Visuele Kunste. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
1.1 ( dans ) – eie bewegingswoordeskat bou deur deel te neem aan aktiwiteite soos stap, hardloop, spring en huppel; |
AARDRYKSKUNDELU 1 |
AARDRYKSKUNDIGE ONDERSOEKDie leerder kan ondersoekvaardighede gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en -prosesse te ondersoek . |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
1.1 rigting en posisie van voorwerpe in verhouding tot self kan aandui. (links, regs, voor en agter). |
Die eenheid is gebaseer op “Ek”. Dit handel oor alles met betrekking tot die leerder.
My liggaam
My gesin
Hierdie eenheid kan gebruik word vir die eerste deel van die eerste kwartaal in Graad 1.
Die leerders moet weet dat ons verskillend is, dat elkeen spesiaal is en dat ons elkeen ons eie talente het. Elke leerder ontdek sy eie unieke talente en moet geleer word om genoeg selfvertroue te hê. Hulle moet ook weet dat niemand volmaak is nie.
My liggaam
Gebruik ‘n groot prent of een van die leerders om aan hulle die verskillende liggaamsdele te leer. Speel “Simon sê”. So leer hulle speel-speel. Leerders teken nou die verskillende liggaamsdele (natrekprent). Bespreek slegs die basiese dele soos kop, arms, bene, ens. Praat dan later oor wenkbroue en vingernaels.
Leerders kan ‘n legkaart maak deur ‘n persoon uit ‘n tydskrif te knip en op ‘n karton te plak. Leerders knip dit dan in stukke en pak dele weer bymekaar. (Leerders kan in groepe werk en ook die legkaart uitruil met ‘n volgende groep).
Die leerders moet hulleself kan identifiseer deur byvoorbeeld naam, ouderdom, geslag, adres en telefoonnommer te ken. Voltooi werkvel.
Laat leerders die liggaamsdele wat privaat is, inkleur (werkvel). Elke leerder moet minstens drie persone kan noem wat hulle vertrou.
Deel die klas in twee groepe en laat elke groep in ‘n kring sit.
Sê vir die leerders dat elkeen van hulle iets spesiaals het – talent.
Speel ‘n balspeletjie. Die leerder wat die bal het, moet aan die ander iets spesiaals oor hom/haarself vertel. Een leerder begin en gee die bal dan na ‘n ander leerder aan.
Slegs die leerder met die bal mag praat – die ander moet luister.
Bespreek waarvoor ons ons arms, bene, hande en voete gebruik. Neem die leerders buitentoe om die volgende aktiwiteit te doen (bespreek eers die werkvel). Hulle kan ook ander interessante bewegings doen. Maak beurte om vir mekaar te wys. Ander leerders moet probeer om hulle na te boots.
Elke leerder benodig ‘n voorwerp (bal/boek/potlood). Leerders moet luister na opdragte, bv. Sit die bal aan jou linkerkant; regterkant; agter jou, ens. (Aard. 1.1).
Notification Switch
Would you like to follow the 'Lewensvaardighede' conversation and receive update notifications?