<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
STAP 2
Kies nou een voorbeeld, met ander woorde jy moet tussen kuns, kunsvlyt en ontwerp besluit, om na te vors deur middel van ‘n vraelys. Gebruik hierdie vraelys om gefokusde inligting in te samel vir die volgende tema:
Inligting kan verkry word van die volgende bronne:
Maak seker dat jy duidelik begryp wat van jou verwag word voordat jy met die navorsing begin.
Onthou die volgende, indien jy ‘n onderhoud wil voer:
Ander belangrike wenke:
STAP 3
Na afloop van die navorsing kan die navorsingstake in die klas of skool uitgestal word! Jy sal waarskynlik vind dat ander leerders ook daaruit leer.
Leeruitkomstes(LUs) |
LU 2 |
REFLEKSIE Die leerder kan krities en skeppend op kuns- en kultuurprosesse, -produkte en -style in vergange, asook huidige kontekste reflekteer. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
GESAMENTLIK (2.1 – 2.2) |
uitvind oor ‘n Suid-Afrikaanse kunstenaar van die verlede of hede, van enige kunsvorm, en daaroor aan die klas verslag doen; |
die wenslikheid verduidelik dat ‘n land se inheemse kennissisteme, kunswerknalatenskap in musems, galerye, teaters, kulturele persele en natuurlike erfenispersele bewaar word; |
DANS (2.3 – 2.4) |
navorsing oor ‘n tradisionele dans in die gemeenskap doen met behulp van mense, boeke of video’s en dit in die klas aanbied; |
waarnemingsvaardighede toon deur komponente van danse gesien in Suid-Afrika te beskryf, asook die ooreenkomste en verskille ten opsigte van bewegingstyl, doel, gebruik van dansers, kostuums en musiek; |
DRAMA (2.5) |
die elemente van drama (bv. optogte, lofsange) herken en identifiseer in vorme van kulturele en sosiale uitdrukking oor ‘n tydperk (bv. openingseremonies, rock-konserte, staatsaangeleenthede, sport); |
MUSIEK (2.6 – 2.7) |
Afrika-instrumente klassifiseer in terme van ideofone, chordofone, membranofone, aerofone en Westerse instumente volgens strykers, houtblasers, koperblasers en slagwerk; |
enige van die volgende tipes instrumente bespreek in terme van die vorm, materiale gebruik, tipe klank, hoe dit bespeel word, hoe klank voortgebring word: |
|
|
|
|
|
|
|
VISUELE KUNSTE (2.8) |
die bydrae van kuns, kunsvlyt en ontwerp tot die alledaagse lewe en tot die Suid-Afrikaanse erfenis ontleed deur inligting te versamel gedurende uitstappies, onderhoude of ander bronne. |
Notification Switch
Would you like to follow the 'Kuns en kultuur graad 7' conversation and receive update notifications?