<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Berig 3
Stellenbossers sterf in bende-hinderlaag | ||
Mnre. Gavin (Tand) Alexander (25) en ‘n vriend, Cameron (Lappe) Abrahams (17) is Donderdagaand omstreeks 22:30 doodgeskiet in wat vermoedelik ‘n bendelokval was.Die oorledenes, na bewering op pad na ‘n smokkelhuis, was glo besig om ‘n pap band om te ruil toe hulle, volgens die polisie, deur bendelede genader is wat hulle motor wou kaap. | Drie sake wat teen Alexander hangend was, is Woensdag in absentia terug getrek. In een van die sake was daar nie minder nie as veertien klagtes van huisbraak en diefstal teen Alexander. Volgens die sekretaris van die rugbyklub waarvan Alexander lid was, is sy heengaan ‘n groot verlies. “Dit sal moeilik wees om ‘n speler soos hy te vervang. Hy was ‘n staatmaker en het goeie rugby gespeel - sy gunsteling posisie was flank. | Hy het altyd ‘n goeie gesindheid teenoor sy medespelers en die bestuur geopenbaar. Hy sal van die bestuurskant as ‘n lojale en klipharde speler onthou word. Die klub getuig sy meegevoel met sy familie en al sy rugbyvriende,” het hy gesê. - Eikestadnuus, 23 November 2001 - |
Aktiwiteit 3:
Om na aanleiding van koerantberigte ‘n bespreking te voer [LU 1.4]
Groepbespreking
Bespreek die volgende aspekte in julle groepe:
Berigte 1 en 2
Deel ook met mekaar situasies waarin jy of ‘n maat was wat jy as ‘n soortgelyke of ander gevaarsituasie ervaar het.
Berig 3
Leeruitkomstes(LUs) |
LU 1 |
G ESONDHEIDSBEVORDERINGDie leerder is in staat om ingeligte besluite oor persoonlike, gemeenskaps- en omgewingsgesondheid te neem. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
1.1 maniere voorstel om die voedingswaarde van eie persoonlike dieet te verbeter; |
1.2 optrede evalueer om ’n omgewingsgesondheidsprobleem te hanteer; |
1.3 strategieë beskryf om met siektes, insluitend MIV/vigs, saam te leef; |
1.4 die persoonlike gevoelens, gemeenskapsnorme, waardes en sosiale druk bespreek wat met seksualiteit gepaardgaan. |
Notification Switch
Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 7' conversation and receive update notifications?