<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Die rots- en strandhengelaars van wie ek een is sal ook opofferinge moet doen as ons wil hê dat ons nageslag ook die voorreg sal hê om ‘n vissie te vang.
Die daaglikse viskwota van hengelaars en vistreilers moet drasties verminder word. ‘n Hengelaar moet nie meer as vyf visse per dag vang nie.
Daar moet meer kus-reservate gestig word waar vis ongehinderd kan aanteel. Daar moet wetenskaplik bepaal word watter dele van die kus geskik sal wees om as reservaat afgesonder te word.
Myns insiens behoort die hele Valsbaai gebied vir treilers gesluit te word soos wat die geval in die verlede was.
Volgens die verslag van dr. Griffiths (in tabel sewe) is daar agtien visspesies wat weens oorbenuttings totaal ineen gestort het. Dit is regtig ‘n swart dag in die visbedryf.
Almal se opofferinge moet doen as ons nie in die toekoms na museums wil gaan om vir ons kleinkinders te wys hoe ‘n galjoen gelyk het nie. Ek voel die breë hengelbevolking sal eenvoudig moet saamstaan as ons vis wil beskerm.
Die Regering sal viskwotas moet toeken aan diegene wat dit werklik nodig het, en nie ook nog aan dié mense se vriende nie. Dit sou goed wees as die name van die kwotahouers ook gepubliseer kan word.
Ebert van RooyenVishoek
Die Burger, 22 April 2000
Mense se besorgdheid oor die uitwissing van die land se visbronne blyk duidelik uit die brief op bl. 21.
1. Skryf vyf van die skrywer se voorstelle neer wat jy as die belangrikste beskou.
2. Hou ‘n klasbespreking om jul keuses te motiveer.
Die Kus
Streng nuwe regulasies kan vissers werkloos laat
Chris Liebenberg
YZERFONTEIN – Gesoute Weskus-vissers meen die beoogde nuwe regulasies wat vir viskwotas beplan word, sal verreikende gevolge inhou vir vissers-gemeenskappe wat hier en elders langs die kus vir hul daaglikse bestaan van die see afhanklik is.
Vrese bestaan dat dorpe op die lange duur ekonomies negatief geraak sal word wanneer dit in werking tree.
Die nuwe regulasies bepaal onder meer dat mense wat tradisionele lynviskwotas kry, geen ander visvangregte mag kry nie. Dit raak tradisionele lynvis, handlynvangste en tuna.
Die aantal lisensies wat toegeken gaan word, sal die getal bemanningslede op ‘n boot beperk.
Vir plaaslike booteienaars en vissers wat vir hul behoud afhanklik is van lynvisvangste, veral snoek, is dié bepalings kommerwekkend.
Dit bepaal dat lisensies vir slegs 450 bote vir die gebied tussen Kaappunt en Lambertsbaai toegeken gaan word en dat die bemanning op sommige bote tot vier beperk gaan word.
Booteienaars sê die vermindering van bote en bemanningslede sal sowat 70% van die lynvissers werkloos laat.
Volgens mnr. Dan Nortjé, ‘n plaaslike inwoner en booteienaar, vang hy reeds 37 jaar hier vis met tien bemanningslede.
Van sy bemanningslede vang al langer as 17 jaar hier vis. Hulle het gesinne en is vir niks anders opgelei as handlyn-visvang nie.
Nortjé sê as hy ‘n lisensie sou kry, moet hy ses van sy bemanningslede afdank. Indien hy nié ‘n lisensie kry nie, moet hy ál tien afdank en is hy sélf ook werkloos met ‘n boot wat geen inkomste genereer nie.
Die Burger, 22 April 2000
Lees die berig en skryf ‘n opsommende paragraaf van ongeveer 100 woorde.
Leeruitkomstes(LUs) |
LU 1 |
AARDRYKSKUNDIGE ONDERSOEK Die leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en –prosesse te ondersoek. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
|
LU 3 |
VERKENNING VAN VRAAGSTUKKE Die leerder is in staat om ingeligte besluite oor sosiale en omgewingsvraagstukke en –probleme te neem. |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
3.3 moontlike maniere om hulpbronverbruik te verminder te ondersoek [maak keuses]. |
AKTIWITEIT 1
AKTIWITEIT 2
Skryf self ‘n opsommende verslag.
Notification Switch
Would you like to follow the 'Aardrykskunde graad 8' conversation and receive update notifications?