<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Ná uitgebreide steun onder kernbelangegroepe gewerf is – insluitende binne die plaaslike owerheid, die openbare sektor en nuwe ontwikkelingsforums – het die destydse Durbanse Stadsraad in Augustus 1994 die mandaat vir die implementering van die Plaaslike Agenda 21 as hul verantwoordelikheid aanvaar. Hierdie besluit is later (1996) deur die betrokke rade van die nuut-saamgestelde Durbanse metropolitaanse gebied bekragtig.
Die doel van Durban se Plaaslike Agenda 21 is die ontwikkeling van ‘n stelsel van omgewingsbestuur wat dié stad in sy ontwikkeling sal steun, maar wat ook volhoubaar is in terme van die omgewing. Dit vereis dat ‘n nuwe beleid (met bv. koersaanpassings en nuwe ideale), instellings (soos komitees of afdelings ) en prosedures (werkwyses) beplan word. Dit vra ook om die voortdurende monitering (d.w.s. toesighouding en toetsing), hersiening en verbetering van prestasie sodat die omgewing bewaar bly soos dit vooraf in die volhoubare doelwitte uiteengesit is.
Tydens die Aardeberaad wat in Junie 1992 in Rio de Janeiro plaasgevind het, is ‘n globale aksieplan saamgestel vir volhoubare ontwikkeling. Die aksieplan staan bekend as Agenda 21 . Die doel met Agenda 21 is om beginsels en programme op te stel om ‘n verandering te bring in die verhouding tussen ontwikkeling en die impak op die aarde se natuurlike hulpbronne. Dit beteken dat planne beraam is om te sorg dat ontwikkeling fyn beheer word sodat dit nie die aarde, die natuur, die hulpbronne en die kwaliteit van mense sel lewens vernietig nie. Volhoubare ontwikkeling sluit dus in sosiale, ekonomiese en omgewingsaspekte. (Ruil gedagtes uit oor die betekenis van hierdie terme, en gee voorbeelde. Vind dan uit of dit klop met jou opvoeder se verduideliking.)
Die doel met die aksieplan was dat dit internasionaal op die plaaslike bestuursvlak geïmplementeer of toegepas moes word. As deel van die HOP in Suid-Afrika (ken jy die afkorting?), het die drie grootste metropolitaanse (stedelike) gebiede (Johannesburg, Kaapstad en Durban) in 1994/1995 die program in werking gestel. Die programme het as katalisators gedien om ander aktiwiteite regdeur die land aan die gang te sit. Dorpe en stede soos Kimberley, Port Elizabeth, Pietermaritzburg en Oos-Londen het later hulle eie Agenda 21 -idees in werking gestel. Ook provinsies het hul eie inisiatiewe geloods, soos byvoorbeeld in Kwazulu-Natal en in die Noordelike Provinsie.
a) Skryf ‘n definisie vir Agenda 21 neer. (Verduidelik in jou eie woorde wat dit is, waar dit tot stand gekom het, en wat daarmee beoog word.)
b) Wat word bedoel met Plaaslike Agenda 21 ? (Wenk: die woorde “eie” en “lokale” kan nuttig wees)
c) Skryf die beginsels van Plaaslike Agenda 21 neer.
d) Verdeel in vier groepe. Elke groep konsentreer op een beginsel.
Leeruitkomstes(LUs) |
LU 1 |
AARDRYKSKUNDIGE ONDERSOEK Die leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en –prosesse te ondersoek. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
1.3 gevolgtrekkings oor inligting uit bronne soos foto’s, kaarte, atlasse, grafieke en statistiek ontleed en maak [werk met bronne]; |
AKTIWITEIT 1:
Dit het in Junie 1992 tydens die Aardeberaad in Rio de Janeiro tot stand gekom. Agenda 21 se DOEL is om beginsels en programme daar te stel vir ‘n beter balans tussen ontwikkeling en die aarde se natuurlike hulpbronne. Hierdie beginsels en programme word internasionaal op plaaslike bestuursvlak geïmplementeer en toegepas.
Voorsien basiese behoeftes : Die doel is om basiese geriewe en dienste aan elke mens beskikbaar te stel.
Geïntegreerde beplanning en ontwikkeling : In plaas van ‘n sektor-gebasseerde benadering. Dit fokus op die ontwikkeling van die hele gebied en sy mense en nie net op sekere aspekte of mense nie.
Volhoubare ontwikkeling : Dit fokus op die bewaring van die omgewing en sy bronne ten spyte van ontwikkeling.
Notification Switch
Would you like to follow the 'Aardrykskunde graad 9' conversation and receive update notifications?