<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Die teenoorgestelde is dan weer waar van die land waarheen die mense migreer. Hulle baat by die soort mens wat hulle bykry.
Is dit dalk die rede waarom die VSA se bevolking so ondernemend is?
Weet julle hoe jong Suid-Afrikaners wat in die buiteland gaan werk beoordeel word? Vra aan vriende, familie en bure hoe hulle kennisse oorsee vaar.
2. Oorloë en onrus in die Groot Mere-gebied: hoe konflik en oorlog die bevolking van die state van Sentraal-Afrika raak
Van omstandighede wat bevolkings ontwrig en ontwikkeling belemmer, is oorlog seker die belangrikste.
In die laaste vier dekades het Afrika sowat agt miljoen van sy inwoners in gewelddadige konfliksituasies – dertig plaaslike oorloë – verloor. Sedert die begin van die negentigerjare van die vorige eeu is meer as vier miljoen mense dood, 24 miljoen is in hul eie lande ontwortel en 18 miljoen het oor hul landsgrense heen gevlug.
Die lande wat die ergste getref is, is dié in die Groot Mere-gebied.
a) Die volgende mere in Sentraal-Afrika sorg vir die benaming die Groot Mere:
b) Die state in hierdie gebied is:
Oorlog en konflik in Sentraal-Afrika het meer gevolge as net lewensverlies.
a) Gebruik die inligting hierbo, dink oor die saak, voeg jou eie insigte ook by, en beskryf die bevolking van ‘n land aan die einde van ‘n gewapende konflik van twintig jaar.
b) As jy die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies is, wat sal jy doen om hierdie soort oorlog (en die gevolge daarvan) in Afrika te verminder?
c) Jy is die minister van bevolkingsontwikkeling en opvoeding van ‘n land aan die einde van ‘n twintigjaarlange oorlog. Watter maatreëls sal jy instel om die skade van die oorlog op die bevolking so goed as moontlik te versag?
Leeruitkomstes(LUs) |
LU 2 |
AARDRYKSKUNDIGE ONDERSOEKDie leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en -prosesse te ondersoek. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
1.2 inligting relevant vir die ondersoek uit eenvoudige grafieke, kaarte en statistiese bronne organiseer en interpreteer [werk met bronne]; |
1.5 inligting gebruik om antwoorde, alternatiewe en moontlike oplossings voor te stel [die vraag beantwoord]; |
1.6 verslag doen oor die ondersoek deur bewyse uit die bronne te gebruik, insluitend kaarte, diagramme en grafika, en waar moontlik rekenaars in die aanbieding gebruik [die antwoord oordra]. |
LU 3VERKENNING VAN VRAAGSTUKKEDie leerder is in staat om ingeligte besluite oor sosiale en omgewingsvraagstukke en –probleme te neem. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
3.1 uitdagings vir samelewings en nedersettings identifiseer, met ‘n fokus op bevolkingsgroei en -verandering [identifiseer die vraagstuk]; |
3.2 die faktore identifiseer wat tot bevolkingsgroei en –verandering bydra [faktore wat die vraagstuk affekteer]; |
3.3 prosesse identifiseer wat bevolkingsgroei en –verandering op verskillende plekke affekteer [faktore wat die vraagstuk affekteer]; |
3.4 maniere voorstel om op vraagstukke met betrekking tot bevolkingsgroei en –verandering in ‘n spesifieke konteks te reageer [maak keuses]. |
Aktiwiteit 1:
a) b
b) c
c) b
d) a
e) b
f) a
g) c
h) a
i) b
Aktiwiteit 2:
a) Groot Mere: Victoria
Albert
Edward
Kivu
Tanganjika
Malawi
b) Lande in die gebied: Kenia
Tanzanië
Uganda
Burundi
DRK
Aktiwiteit 3:
a) ontwrigte gesinne: broodwinner weg, weeskinders
kinders wat as soldate diens gedoen het, kan nie “normaal” wees nie
mense nie gereed vir die toekoms nie: min vaardighede of opvoeding
b) stuur vredesmag na die gebied
probeer ‘n langtermyn politieke oplossing beding
gee ontwikkelingshulp: ontwikkel hulpbronne sodat mense/lande nie gedwing word om te roof en te plunder om te oorleef nie
c) sien goed om na die weeskinders
gee kindersoldate ‘n “heropvoeding”
ontwikkel allerhande vaardighede by die mense
doen alles in jou vermoë om werk te skep
verskaf geskikte behuising (waarin oueropvoeding kan plaasvind)
Notification Switch
Would you like to follow the 'Aardrykskunde graad 7' conversation and receive update notifications?