Afrikaans eerste addisionele taal
Graad 8
Module 9
Hulpwerkwoorde en sinne
AKTIWITEIT 1
Om
- hulpwerkwoorde in beleefde versoeke korrek te gebruik
LU 6.4
- Wat is ’n beleefde versoek? Ons het vroeër van lewenswaardes gepraat. Om beleefd te wees, beteken om beskaafd en ordentlik op te tree. ’n Mens
stel ’n versoek wanneer jy iemand vra om iets te doen.
- Ons gebruik dikwels hulpwerkwoorde in beleefde versoeke. (’n Hulpwerkwoord is presies wat die naam sê: dit help die werkwoord.) Kyk na die volgende voorbeelde:
- Ek
kan Afrikaans praat. :
kan = hulpwerkwoord (hele werkwoord.=
kan praat )
-
Wil jy nou slaap? :
wil = hulpwerkwoord (hele werkwoord =
wil slaap )
- Ek
moet nou loop. :
moet = hulpwerkwoord (hele werkwoord =
moet loop )
-
Mag ek jou help? :
mag = hulpwerkwoord (hele werkwoord =
mag help )
- Ek
sal more Kaap toe gaan. :
sal = hulpwerkwoord (hele werkwoord =
sal gaan )
- ’n Mens gebruik dikwels ’n hulpwerkwoord soos “mag” en “kan” in versoeke (bv. wanneer jy iemand beleefd vra om iets te doen).
1 . Voltooi nou die volgende beleefde versoeke in jou eie woorde:
1.1 Sal julle asseblief
1.2 Mag ons
1.3 Mevrou Smith, mag Jan
1.4 Mamma, mag ek maar
1.5 Sipho, sal jy
AKTIWITEIT 2
Om
- alledaagse bywoorde in die korrekte volgorde te gebruik
LU 6.4
- ’n Bywoord is ’n woord wat iets meer omtrent die werkwoord sê. Kyk na die volgende voorbeelde:
- Mary rus
nou . (Die bywoord nou vertel jou
wanneer Mary rus. Dis ’n bywoord van tyd.)
- Die kinders hardloop
vinnig . (Die bywoord
vinnig vertel jou
hoe die kinders hardloop. Dis ’n bywoord van
wyse .)
- John sit
binne . (Die bywoord
binne vertel jou
waar John sit. Dis ’n bywoord van
plek .)
- In Afrikaans moet ’n mens bywoorde altyd in ’n sekere volgorde in ’n sin plaas: TYD, WYSE, PLEK.
- KYK: Die hond speel
altyd heerlik buite . (altyd = tyd; heerlik = wyse; buite = plek)
- LET WEL: Die “bywoord” kan uit meer as een woord (’n sinsnede) bestaan, bv.
- Die mense stap
elke oggend vinnig
stasie toe.
1 . Maak sinne deur die woorde in die regte volgorde te plaas:
1.1 pligsgetrou ons by die huis doen ons skoolwerk saans
1.2 per bus ek gaan volgende week Kaapstad toe
1.3 speel ons span elke jaar teen hulle baie hard…in Pretoria
1.4 elke dag werk toe gaan per trein die man
1.5 baie vinnig ons pap ons eet soggens altyd
AKTIWITEIT 3
Om
- skryftekens korrek en doeltreffend te gebruik
LU 6.1
- Ons gaan nou kyk hoe sekere skryftekens in Afrikaans gebruik word.
- In hierdie module is daar woorde wat met die volgende skryftekens geskryf word:
- die kappie ( bv. ê)
- die deelteken, (bv. ë)
- die aksentteken (bv. é, á, ó)
- die afkappingsteken (bv. ‘s)
- die koppelteken (bv. twee-uur)
1 . Kyk na die volgende sinne wat op die werk in Aktiwiteit 1 gebaseer is. Die skryftekens in die vetgedrukte woorde het ’n sekere funksie (of werk). Die funksie word elke keer kortliks verduidelik. Jul onderwyser sal verder verduidelik.
1.1 Die bose fee het iets
gesê toe sy na die baba gekyk het.
- Die kappie op die e wys dat ’n mens dit op ’n sekere manier uitspreek sodat “sê” anders klink as “se”.
1.2 Daar is 12
feë na die partytjie genooi.
- Die deeltekens wys dat die woord uit twee dele (lettergrepe) bestaan: fe/e.