<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
1. Voltooi die volgende inligtingstuk oor jouself.(Jou ma sal dalk moet help met sommige van die antwoorde.)
(a) Hoe oud was jy toe jy jou eerste tree gegee het?
(b) Hoe oud was jy toe jy jou eerste tand gewissel het?
(c) Wat was jou heel eerste skool se naam?
(d) Wie was jou heel eerste “juffrou”?
(e) Wie was jou heel eerste maat?
2. Gesels nou in julle groepe oor “eerstes” in julle lewe, bv. jou eerste skooldag, eerste besoek aan die tandarts, eerste kuier op ‘n plaas, eerste keer dat jy hospitaal toe moes gaan, ens.
(a) Elke groeplid kies een van die volgende “eerstes” en vertel vir die res van die groep van hierdie “eerste” ervaring:
(b) Julle gaan nou elke maat in jul groep assesseer.
Teken nou jou assessering soos deur die ander groeplede gedoen, hieronder aan.
HOE HET EK GEVAAR?
Verstaanbare Afrikaans | |
Goeie sinsbou | |
Praat duidelik hoorbaar | |
Vertelling is boeiend | |
Goeie aanbieding |
3. Luister nou baie aandagtig terwyl jou opvoeder ‘n kort leesstukkie oor ‘n seuntjie se eerste skooldag voorlees. Jou opvoeder sal dit selfs twee maal voorlees. Beantwoord dan die onderstaande vrae deur ‘n regmerkie () in die toepaslike kolom te maak:
JA | NEE | ||
a) Die seuntjie het ‘n swart broek aangehad. | |||
b) Sy baadjie was te kort. | |||
c) Die seuntjie het ‘n hondjie gehad. | |||
d) Hy het daarvan gehou om saam met sy ma winkels toe te gaan. | |||
e) Die seuntjie het nooit televisie gekyk nie. | |||
f) Sy pa het gesê hy moet dapper wees. | |||
g) Hy sou nuwe maats kry. | |||
h) Sy ma het baie gepraat. | |||
i) Sy juffrou was mooi en gaaf. | |||
j) Hy het ‘n seun gehelp om ‘n toring met blokkies te bou. | |||
Selfassessering: Jou opvoeder sal die korrekte antwoorde gee. | Totaal uit 10 |
LU 1.4.1 |
4. Hieronder volg sommige van die antwoorde wat ‘n Graad 6-leerling verskaf het toe hy uitgevra is. Besluit saam as groep wat die vrae was en skryf hulle bokant elke antwoord neer.
Antwoord : Ek was vyf jaar oud toe ek die eerste maal na die tandarts toe moes gaan.
Antwoord : My broer het my per ongeluk met ‘n krieketbal raakgegooi en een van my voortande raak gegooi.
Antwoord : Ek was glad nie bang vir die tandarts nie.
Antwoord : Die tandarts het baie vriendelik gelyk.
Antwoord : Ek het die groot stoel in die spreekkamer raakgesien.
Antwoord : Hy het heel eerste my tande ondersoek.
Antwoord : Hy het gesê hy sal die tand wat raak gegooi is, moet trek, want die tand was baie los.
Antwoord : Dit was glad nie seer nie.
Notification Switch
Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 6' conversation and receive update notifications?