<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
1. Simbole op ‘n sinoptiese weerkaart
‘n Stelsel van internasionale weersimbole word gebruik om inligting van die weer op ‘n sinoptiese weerkaart aan te bring. Elke simbool is verteenwoordigend van ‘n spesifieke element van die weer. As ‘n mens dit ken, stel dit jou in staat om die weerkaart soos ‘n kenner te lees.
Bestudeer die meegaande sinoptiese weerkaart met sy sleutel.
Figuur 1
Figuur 1: Sinoptiese weerkaart
Bo-aan die sleutel is ‘n voorbeeld van ‘n weerstasie.
Weerstasie van die kaartsleutel
‘n Hipotetiese weerstasie
Elke weerstasie word deur middel van ‘n sirkel op ‘n sinoptiese weerkaart aangebring. Regs onder die sirkel verskyn die weerstasie se naam, bv. Durban. Links van die sirkel is twee syfers. Die boonste een (TT) dui die lugtemperatuur aan (15 °C). Die onderste een (Td Td) dui die doupunttemperatuur (12 °C) aan. Hoe nader die twee syfers aan mekaar is, hoe groter is die kans op neerslag.
Ook links van die weerstasie (ww) word die moontlike neerslagvorm wat verwag kan word, aangedui (Ξ). In die sleutel word die verskillende simbole soos volg uiteengesit.
Dit word slegs aangedui indien een van die toestande gaan voorkom, anders word dit heeltemal uitgelaat.
Sommige weerstasies het ook ‘n strepie wat aan ‘n kant uitsteek. Dit dui die rigting aan waarin die wind waai. Die pyltjie beweeg met die wind. Die windrigting van weerstasie a sal dus ‘n suidoostewind wees en die een van weerstasie b sal ‘n noordoostewind wees. As daar geen strepie is nie, waai daar geen wind nie. Aan die punt van die strepie wat windrigting aandui, kom daar soms “veertjies”, of kort lyntjies voor. Dit dui die windspoed aan. Elke vol lyntjie beteken ‘n windsnelheid van 10 knope. Elke halwe lyntjie dui weer 5 knope aan. Een knoop is ‘n snelheid van net minder as 2 km/h.
In figuur 2(a) is die windsnelheid dus 20 knope en in figuur 2(b) is die windsnelheid 15 knope. As die windsnelheid minder as 5 knope is, sal daar slegs ‘n streep wees wat die rigting aandui, maar geen “veertjie” of pyltjie nie.
‘n Weerstasie dui ook die hoeveelheid wolkbedekking aan. Indien ‘n kwart van die lug met wolke bedek is, sal ‘n kwart van die sirkel ingekleur wees.
Die werklike weerstasies skat die wolkbedekking in agstes.
Daar is ook dikwels op ‘n sinoptiese weerkaart ‘n kurwe met swart driehoekies of swart halfsirkels daarop te sien. Dit word ‘n front genoem, wat die skeidingslyn aandui tussen twee verskillende lugmassas – koud aan die een kant en warm aan die ander kant. In Suid-Afrika het ons meestal net met die koue front te doen.
Koue fronte beweeg altyd vanuit die weste min of meer in ‘n oostelike rigting oor Suid-Afrika. Waar die koue lug agter die koue front die warm lug voor dit bereik, kom stormweer en reën gewoonlik voor.
Op die sinoptiese weerkaart kom daar altyd fyn stippellyne oor die see voor. Dit word isobare genoem. Hierdie lyne verbind alle plekke met dieselfde lugdruk. Hierdie isobare verander en beweeg voortdurend namate ‘n lugmassa van hoogdruk- na laagdrukgebiede beweeg. ‘n Hoogdruksel word met ‘n H en ‘n laagdrukstel met ‘n L aangedui. ‘n Laagdrukstelsel dui op ‘n hoë mate van vog in die lug (moontlikheid van reën), terwyl ‘n hoogdrukstelsel ‘n lae lugvogtigheid aandui (mooiweer).
Aktiwiteit 2:
Om weer die sinoptiese kaart te bestudeer en dan die daaropvolgende vrae te beantwoord
[LU 1.2]
Bestudeer Bloemfontein en Port Elizabeth se weerstasies en gee die weereienskappe van elk in die volgende tabel weer.
Bloemfontein | Weereienskappe | Port Elizabeth |
Lugtemperatuur | ||
Doupunttemperatuur | ||
Windrigting | ||
Windspoed | ||
Wolkbedekking | ||
Neerslag |
Vergelyk die twee stede se weer met mekaar en gee ‘n baie eenvoudige weervoorspelling vir elk.
Wat is die windrigting en windspoed by Gough-eiland in die suidwestelike hoek van die kaart?
Windrigting by Gough-eiland is
Windspoed by Gough-eiland is
Hoe weet jy dat ‘n koue front aan die kom is?
In watter rigting beweeg ‘n koue front in Suid-Afrika?
Watter soort weer gaan dit oor die land veroorsaak?
Assessering
Leeruitkomstes(LUs) |
LU 1 |
AARDRYKSKUNDIGE ONDERSOEKDie leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en -prosesse te ondersoek. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
1.1 inligtingsbronne , insluitend eenvoudige statistiek, identifiseer om die vraag oor ‘n maatskaplike of omgewingsvraaagstuk of –probleem te help beantwoord;relevante inligting vir spesifieke doeleindes uit bronne kies en dit opteken;breedte- en lengteligging gebruik om relevante plekke op kaarte te vind;inligting gebruik om oplossings vir probleme voor te stel; 1.5 verslag doen oor ondersoeke deur bespreking, debat, gestruktureerde skryfwerk, grafieke, tabelle, kaarte en diagramme. |
Notification Switch
Would you like to follow the 'Aardrykskunde graad 6' conversation and receive update notifications?