<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Na afloop van sy vrae kry die klas die geleentheid om ander vrae aan die paneel te stel.
LU/AS 1.2 | ||||
Ontwerp jou eie voedselproduk
Die volgende stappe mag jou goed te pas kom tydens die beplanning en die maak van jou produk. Die onderskeie stappe word eers diagrammaties voorgestel en daarna word elkeen se betekenis kortliks verduidelik.
ONTLEED DIE ONTWERPVOORSTEL |
VERSAMEL NAVORSINGSRESULTATE |
ONDERSOEK IDEES |
SKRYF ‘N SPESIFIKASIE |
BEPLAN EN VERVAARDIG VOEDSELPRODUK |
KWALITEITSKONTROLE |
EVALUEER DIE SUKSES VAN DIE VOEDSELPRODUK |
Die beplanning en die maak van die voedselproduk begin by die ontleding van die ontwerpvoorstel. Hierdie module se ontwerpvoorstel is:
Beplan en maak ‘n energiestafie wat sportmanne kan eet om hulle energievlakke voor ‘n belangrike byeenkoms te verbeter.
Deur die noukeurige ontleding van hierdie ontwerpvoorstel moet die suksesvolle voedselproduk:
Dit is raadsaam om te kyk na soortgelyke produkte en idees. Raadpleeg gerus resepteboeke, tydskrifte en koerante. Besoek verskeie kafees en winkels en moenie huiwer om met mense in gesprek te tree oor hulle voorkeure en afkeure nie. Probeer om ‘n onderhoud met ‘n dieetkundige oor die ontwerpvoorstel te voer, en bestudeer die etikette van bestaande soortgelyke produkte deeglik.
Die spesifikasie is in der waarheid ‘n opsomming van die voorvereistes soos wat dit verduidelik is in die ontwerpvoorstel. In hierdie geval sal die spesifikasie soos volg wees:
Die vorm van die lekkerny moet dié van ‘n stafie aanneem.
Die bestanddele moet geurig wees en dus lekker smaak.
Die bestanddele moet van so ‘n aard wees dat dit energie vinnig vrystel.
Die bestanddele mag nie veroorsaak dat die voedselproduk ‘n opkikker is nie.
Dit moet bekostigbaar wees.
Naam en beskrywing van die produk.
Grootte, vorm en voorkoms.
Bestanddele en die hoeveelhede.
Resep (hoe dit gemaak word).
Raklewe en bewaringsvoorskrifte.
Sommige mense is onder die indruk dat daar net een manier van beplanning en vervaardiging bestaan.
Wanneer jy jou energiestafie beplan en vervaardig, moet jy jou kreatiewe denke toelaat om met oplossings en voorstelle na vore te kom. Aanvaar dat jy anders gaan dink en doen as jou maat. Jy kan wel jou maat se opinie inwin om jou produk te evalueer, maar jy moet nooit onder die indruk verkeer dat jou produk soortgelyk aan dié van jou maat moet wees nie.
Hier volg nuttige informasie wat jy kan aanwend tydens die beplanning en vervaardiging van jou energiestafie.
WAAROM IS ENERGIESTAFIES SO GEWILD? Hulle is gesond. Deur hulle te eet, word die liggaam voorsien van koolhidrate, vitamines en minerale, asook vesel en proteïne. Gewoonlik ondersteun dit enige sportman (-vrou). Energiestafies verteer maklik en voorsien die spiere van glukose. Energiestafies is gerieflik. Omdat die meeste energiestafies tussen 30 g en 80 g weeg, kan sportmanne dit maklik verpak. Dink maar aan hardlopers en fietsryers wat nie baie spasie het tydens deelname nie.RESEP VIR ENERGIESTAFIES VIR FIETSRYERSBestanddele | |
|
|
InstruksiesMeng eers die vye, heuning, lemoensap en suurlemoensap in ‘n voedselverwerker. Meng nou al die ander bestanddele apart (behalwe die hawermout). Voeg nou die twee mengsels bymekaar en rol dit in die vorm van gholfballetjies (die mengsels maak omtrent 20 sulke balletjies). Bedek nou die balletjies met die hawermout en bak dit teen 350 grade Fahrenheit vir ongeveer 10 – 15 minute (werk gerus uit hoeveel grade Celsius dit is). Bewaar jou produk in die yskas. |
LU/AS 1.1 | ||||
LU/AS 1.2 | ||||
LU/AS 1.5 | ||||
LU/AS 1.6 | ||||
Somtyds moet ‘n mens nie jou eerste produk as jou beste poging aanvaar nie. Gebruik jou maats om die kwaliteit en die aanvaarbaarheid van jou energiestafie te evalueer. Moet ook nie oorsensitief wees vir kritiek nie. Gebruik jou maats se aanbevelings en onthou dat die persone wat jou produk gaan koop met dieselfde kritiese oë as jou maats daarna kyk. Stel gerus ‘n proewerspaneel aan. Ons gebruik ‘n proewerspaneel om ‘n paar mense die geleentheid te gee om ‘n oordeel oor jou produk te fel. Dit is nie wenslik om net een persoon se mening oor die sukses van jou produk uit te vra nie. Hoe groter die groep, hoe groter word die kanse dat jy verskillende menings gaan kry. Probeer gerus om jou produk so aan te pas dat die meeste van die proewerspaneel se behoeftes bevredig word.
Gebruik dan ‘n stel kriteria waarvolgens hulle moet beoordeel. As jy nie ‘n stel kriteria opstel nie, sal die proewerspaneel nie weet waarna om te kyk nie en sal jy dit baie moeilik vind om die resultate te verwerk. Ons sluit vir jou ‘n voorbeeld van ‘n lysie kriteria in:
KRITERIA VIR DIE BEOORDELING VAN ‘N ENERGIESTAFIE | ||||
Kriteria | Skaal | |||
Baie goed | Taamlik goed | Aanvaarbaar | Nie goed nie | |
1. Verpakking | ||||
2. Tekstuur | ||||
3. Smaak | ||||
4. Grootte | ||||
5. Kleur |
LU/AS 1.12 | ||||
Leeruitkomstes(LUs) |
LU 1 |
TEGNOLOGIESE PROSESSE EN VAARDIGHEDE Die leerder is in staat om tegnologiese prosesse en vaardighede eties en verantwoordelik toe te pas deur gepaste inligtings- en kommunikasietegnologie te gebruik. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
Ondersoek :1.2 bestaande produkte ondersoek wat toepaslik is vir ’n probleem, situasie of behoefte gebaseer op die volgende kernaspekte van ontwerp:1.2.1 mense;1.2.2 doel;1.2.3 voorkoms;1.2.4 omgewing;1.2.5 veiligheid;1.2.6 koste; |
Ontwerp :1.5 ’n kort en duidelike stelling of ontwerpopdrag skryf of kommunikeer vir die ontwikkeling van ’n produk of stelsel met betrekking tot ’n gegewe probleem, behoefte of geleentheid; |
Evalueer :1.12 die produk of stelsel evalueer gebaseer op kriteria wat direk met die ontwerpopdrag en sommige van die spesifikasies en beperkings verband hou, en stel verbeteringe of wysigings voor. |
Leeruitkomstes(LUs) |
LU 2 |
TEGNOLOGIESE KENNIS EN BEGRIP Die leerder is in staat om relevante tegnologiese kennis te verstaan en dit eties en verantwoordelik toe te pas. |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
Verwerking :2.2 kennis en begrip toon van hoe stowwe/materiaal verwerk kan word om eienskappe te verander of te verbeter (bv. sterkte, brandbestandheid, waterdigtheid, smaak, volume, tekstuur). |
VOEDSELTEMPERATUURKAART | |
Kamertemperatuur | 25°C |
Vrieskastemperatuur | 0°C |
Water se vriespunt | 0°C |
Water se kookpunt | 100°C |
Pasteurisasie-temperatuur | 72°C |
Yskas se temperatuur | 5°C |
Liggaamstemperatuur | 37°C |
Baie warm – bakterieë word vernietig | 72°C |
Notification Switch
Would you like to follow the 'Tegnologie graad 7' conversation and receive update notifications?