Feitlik alles om ons is ‘n struktuur of maak deel uit van ‘n struktuur. ‘n Mens dink onmiddellik aan dinge soos geboue, hyskrane, brûe, ens. Ons vergeet dat daar ook strukture in die natuur om ons is. Dink byvoorbeeld aan ‘n spinnerak, jou skedel, skilpaddop, ens. Gevolglik word strukture in twee hoofgroepe ingedeel:
Natuurlike strukture en mensgemaakte strukture
Strukture word deur ons vervaardig in werkwinkels en fabrieke. Alle produkte wat die mens vervaardig, het ‘n struktuur, selfs die houers waarin produkte verpak word.
Funksies van strukture:
Strukture het die volgende funksies:
Ondersteuning, bv. ‘n stoel
Beskerming, bv. ‘n skilpaddop
Oorbrugging van ‘n ruimte, bv. ‘n brug
Strukture word verder verdeel in
dop- en raamstrukture . Die funksie sowel as die vorm van die struktuur bepaal of ‘n struktuur ‘n dop of ‘n raam is. ‘n Bril is bv. ‘n raamstruktuur, terwyl ons huis ‘n dopstruktuur is. Albei word deur die mens vervaardig.
Opdrag 1
Hierdie opdrag behels dat jy die strukture van ‘n huis identifiseer en beskryf.
Skep vir jouself ‘n tabel soos hieronder.
ITEM
DOP/RAAM
FUNKSIE
Dakkappe
Raam
Versterk en ondersteun
Voltooi die tabel soos volg:
Identifiseer die strukture van die huis. Jy kan ook bekende items in ‘n huis, bv.’n tafel en stoele, identifiseer.
Klassifiseer die items as dop of raam.
Dui die funksie van die struktuur aan.
LU 2.1
Assessering
LU 2
tegnologiese kennis en begrip
Die leerder is in staat om relevante tegnologiese kennis te verstaan en dit eties en verantwoordelik toe te pas.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
strukture:2.1 kennis en begrip van raamstrukture toon:
die gebruik en toepassing van basiese strukturele komponente (kolomme, balke, boë);
tegnieke vir die versterking van raamstrukture (driehoekvorming, webbe en oriëntering en dwarsdeursnitoppervlak en lede); hoe raamstrukture sterk gemaak kan word (bv. verband tussen die grootte en vorm van die basis, die swaartekragpunt en punt van stabiliteit;