<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Ekonomiese en bestuurswetenskappe

Graad 7

Ekonomiese beginsels

Module 1

Selfwerksaamheid in suid-afrika

Hoeveel keer het jy nie al gewens jy kan jou eie inkomste genereer en onafhanklik van jou ouers funksioneer nie? Gedink dit is onmoontlik?

Dink weer!

  1. Selfwerksaamheid in Suid-Afrika

Jong seun van Kruispad het geen lui haar op sy kop

deur SOBANTU XAYIYA

‘n 11 jaar oue seun van Kruispad, wat nie plek in ‘n skool kon kry nie, het sy eie barbieronderneming geopen.

Die jong entrepreneur van Transkei, Xolisa Mgusholo, het gesê dat hy sy onderneming begin het omdat hy nie vir ‘n jaar ledig wou rondsit nie.

“Toe ek in die begin van die jaar van Transkei gekom het, het ek baie hard probeer om plek in ‘n skool te kry, maar hulle was almal vol en hulle het voorgestel dat ek volgende jaar weer probeer,” het hy hierdie week gesê.

“Ek wou nie verveeld en ledig wees nie, daarom het ek begin om hare te knip. Niemand het my gewys hoe nie . . . ek het net op my instink vertrou en myself geleer soos ek aangegaan het. In die begin het ek ‘n skêr gebruik en net op van my gesinslede geoefen, vir R2 ‘n keer.”

“Maar nadat ek genoeg geld verdien het, het ek ‘n elektriese snyer teen R113 gekoop en sedertdien het die onderneming ontplof,” het hy gesê.

“Die aantal kliënte het toegeneem en ek het iets vinniger nodig gehad.”

Kliënte het na sy huis gekom, of, as hulle nie na hom kon kom nie, het hy na hul huise gegaan.

Sy kliënte wissel van kleuters tot skoliere en “Oobhiti” – ouer mense – en hy vra nou R5 per kop.

Met die naderende feestyd in die vooruitsig, sê die jong entrepreneur, beplan hy om nog ‘n elektriese snyer te koop, “want ek wil nie my kliënte in die steek laat nie”.

Xolisa sê hy is nie bang om te kompeteer met goed gevestigde dorpsbarbiers nie.

“Die mense ken my en sê hulle sal na my toe kom solank ek hulle tevrede stel.”

Hy gee al sy wins vir sy moeder, Alice, ‘n huiswerker, om die gesin te help.

Een van sy kliënte, Xolili Khambi, 13, sê hy het besluit om Xolisa te ondersteun nadat hy gesien het hoe hy sy broer se hare gesny het.

“Hy het goeie werk gedoen,” het hy gesê.

Xolisa sny ongeveer ag kliënte se hare per dag, en maak tot R32 wins oor naweke.

Uit: Sunday Times Cape Metro , 21 November 1993

  1. Selfwerksaamheid in ander lande

Die hoeveelheid mense wat vir hulself werk, is besig om wêreldwyd toe te neem.

Aktiwiteit 1:

Om statistiek te interpreteer en afleidings te maak

[lu 1.2]

Bestudeer die volgende tabel, interpreteer die statistiek en maak afleidings:

Selfwerksaamheid in verskeie lande
Land In eie diens
VSA 1 in 12
JAPAN 1 in 7
BRITTANJE 1 in 10
SUID-KOREA 1 in 4
HONG KONG 1 in 8
SUID-AFRIKA 1 in 50

In watter land werk die kleinste persentasie van die arbeidsmark vir hulself?

Watter drie Oosterse lande is baie op selfwerksaamheid ingestel?

Maak ‘n lys van huishoudelike artikels wat in hierdie drie lande vervaardig word. Watter afleidings maak jy?

Herlei die voorafgaande statistiek na persentasies en stel die inligting op ‘n blokgrafiek voor.

Die rede waarom daar so min Suid-Afrikaners is wat hul eie werk skep, is dat daar altyd baie streng arbeidsregulasies was wat dit baie moeilik gemaak het vir die individu om toestemming te kry om sy eie besigheid te begin. In vergelyking met baie ander lande is baie van Suid-Afrika se ekonomiese bedrywighede gesetel in ‘n paar firmas.

Questions & Answers

what is defense mechanism
Chinaza Reply
what is defense mechanisms
Chinaza
I'm interested in biological psychology and cognitive psychology
Tanya Reply
what does preconceived mean
sammie Reply
physiological Psychology
Nwosu Reply
How can I develope my cognitive domain
Amanyire Reply
why is communication effective
Dakolo Reply
Communication is effective because it allows individuals to share ideas, thoughts, and information with others.
effective communication can lead to improved outcomes in various settings, including personal relationships, business environments, and educational settings. By communicating effectively, individuals can negotiate effectively, solve problems collaboratively, and work towards common goals.
it starts up serve and return practice/assessments.it helps find voice talking therapy also assessments through relaxed conversation.
miss
Every time someone flushes a toilet in the apartment building, the person begins to jumb back automatically after hearing the flush, before the water temperature changes. Identify the types of learning, if it is classical conditioning identify the NS, UCS, CS and CR. If it is operant conditioning, identify the type of consequence positive reinforcement, negative reinforcement or punishment
Wekolamo Reply
please i need answer
Wekolamo
because it helps many people around the world to understand how to interact with other people and understand them well, for example at work (job).
Manix Reply
Agreed 👍 There are many parts of our brains and behaviors, we really need to get to know. Blessings for everyone and happy Sunday!
ARC
A child is a member of community not society elucidate ?
JESSY Reply
Isn't practices worldwide, be it psychology, be it science. isn't much just a false belief of control over something the mind cannot truly comprehend?
Simon Reply
compare and contrast skinner's perspective on personality development on freud
namakula Reply
Skinner skipped the whole unconscious phenomenon and rather emphasized on classical conditioning
war
explain how nature and nurture affect the development and later the productivity of an individual.
Amesalu Reply
nature is an hereditary factor while nurture is an environmental factor which constitute an individual personality. so if an individual's parent has a deviant behavior and was also brought up in an deviant environment, observation of the behavior and the inborn trait we make the individual deviant.
Samuel
I am taking this course because I am hoping that I could somehow learn more about my chosen field of interest and due to the fact that being a PsyD really ignites my passion as an individual the more I hope to learn about developing and literally explore the complexity of my critical thinking skills
Zyryn Reply
good👍
Jonathan
and having a good philosophy of the world is like a sandwich and a peanut butter 👍
Jonathan
generally amnesi how long yrs memory loss
Kelu Reply
interpersonal relationships
Abdulfatai Reply
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11024/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask