<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
MUSIEK
Aktiwiteit 1
Om rockmusiek te kan geniet en die gebruik van instrumente daarin te bespreek
Voorbeeld 1 | Voorbeeld 2 | Voorbeeld 3 | |
Strykinstrumente | |||
Houtblasers | |||
Trompet of saxofoon | |||
Elektriese ghitaar | |||
Tromme | |||
Klawerbord |
“Rock het gekom om te bly!”
As jy gedink het Rock is beperk tot tienergehore, maak jy ‘n groot fout. Glo dit as jy wil: Rock was reeds daar in jou ouers (en dalk ouma en oupa) se tyd!
Rockmusiek het ontstaan teen ongeveer 1950, kort na die Tweede Wêreldoorlog as deel van ‘n populêre jeugkultuur. Gevolglik is die “ouer” luisteraars se musieksmaak reeds tóé gevorm. Baie van die hedendaagse musikante maak vandag nog gebruik van idees wat hulle verkry uit die musiek van bv. Chuck Berry, Elvis Presley, Bob Dylan, Beatles en Jimi Hendrix.
Die eerste Rockmusiek was “Rock and Roll”!
Dit het ontwikkel in verskeie strominge soos “Disco”, “Folk/Country”, “Hard Rock”, “Pop Rock”, “Grunge”, “Punk”, “New Wave”, “Reggae”, “R&B”, “Soul”, “Soft Rock”, “Psychedelic”, “Garage”, “Europop”, “Rap”, “Heavy Metal”, “Alternative Rock”, “Techno”, ens.
Wat is die tipiese samestelling van ‘n Rockgroep?
Is daar ‘n ooreenkoms ten opsigte van instrumentasie?
ROCKMUSIEK | ||||||
BASIESE SAMESTELLINGVAN ‘N ROCKORKES | 50’s | 60’s | 70’s | 80’s | 90’s | 2000 |
Elektriese ghitare met versterkers | ||||||
Tromstel | ||||||
Sanger en mikrofoon | ||||||
Klawerbordinstrumente | ||||||
Ander |
|
JA | NEE | MEESTAL |
|
JA | NEE | MEESTAL |
|
JA | NEE | MEESTAL |
Die groepe vergelyk hul antwoorde.
Tuiswerkopdrag:
Verkry inligting uit tydskrifte, internet, orkeste van die omgewing, video-opnames, televisie, ens. om julle samevattings te staaf of verkeerd te bewys!
Aktiwiteit 2
Om die kultuur van rockmusiek te bespreek met verwysing na die benutting van instrumente en deelname deur mans en vrouens
Rockmusikante het ‘n nuwe jeugkultuur gevestig! Nie net in musiek nie maar ook in:
Modes – dink maar aan die modes vandag en in die sestigs.
Uitdrukkings – peace, dis cool!
Denkwyses – vryheid en rebelsheid; politieke voorkeure, ens.
Sedert die 50’s is lirieke veral gebaseer op liefde, seksualiteit, identiteitskrisisse, persoonlike vryheid en ander kwessies, tiperend van tieners.
Mettertyd word rasseverhoudings, ekonomie, politieke en kulturele voorkeure ook gewild. Voorbeelde: Blowin’ in the Wind – Bob Dylan
Talk to the people – Johnny Clegg en Savuka (SA)
Vanaf die ’80’s word ook verbode onderwerpe soos "drugs", depressie en selfmoord aangeraak, sowel as sosiale kwessies soos omgewingsbewaring, aborsieregte en VIGS.
Tans is die lirieke van die Amerikaanse hip-hop- kultuur meestal aggressief en gewelddadig (Gangsta Rap), terwyl die Suid-Afrikaanse eweknie, kwaito, dikwels die gevolge van swak gewoontes soos bv. dwelms, misdaad en selfs luiheid aanspreek.
Verdeel in vyf groepe sodat elke groep een lied hanteer.
Luister na die lied terwyl jy konsentreer op die LIRIEKE.
Die groep bespreek die sewe vrae en vul dan die antwoorde in.
Beantwoord dan die vrae:
VRAAG:
Dink jy Rockmusiek het dieselfde pad geloop as Klassieke en Afrikamusiek en dat dit eers net deur mans beoefen is?
Aanvullende Aktiwiteit
Skryf julle eie lirieke op die melodie van ‘n lied wat jy ken. Leerders kan dan die geleentheid kry om ‘n Karaoke-lesuur te geniet. Speel “Backtracks” van die lied, terwyl die nuwe lirieke daarmee saam voorgedra word. Besluit vooraf op ‘n spesifieke tema.
Leeruitkomstes(LUs) |
LU 4 |
skepping, interpretasie en aanbiedingDie leerder is in staat om werk in elk van die kunsvorme te skep, te interpreteer en aan te bied. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
MUSIEK |
4.5 geslags- en/of kulturele stereotipering in lirieke en die gebruik van instrumente in die verlede en die hede kan identifiseer en verduidelik; |
Notification Switch
Would you like to follow the 'Kuns en kultuur graad 8' conversation and receive update notifications?