<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Die voordeel van die gebruik van lugdruk is dat lug skoon, vrylik beskikbaar is en veilig is onder lae druk. By hoë druk kan lug egter baie gevaarlik wees. Lug is van nature veerkragtig en dit kan ‘n probleem veroorsaak.
Hidrouliese stelsels is soms beter as pneumatiese stelsels, omdat die beweging makliker verkry word. Dit kan egter baie morsig wees as ‘n lek in ‘n hidrouliese stelsel voorkom.
opdrag 2:
Om ‘n hidrouliese en pneumatiese stelsel te ondersoek
[LU 1.3]
Benodigdhede:
2 ewe groot spuite
‘n Plastiekbuis van ongeveer 10 cm wat styf oor die opening van albei spuite sal pas.
Metode:
Trek die suier van een spuit uit en druk die ander spuit se suier in.
Verbind nou die twee spuite met die plastiekbuis.
Druk nou die eerste spuit se suier in.
Trek nou weer dieselfde suier uit.
Wat is jul waarneming?
Wanneer die een suier ingedruk word, word die ander suier met dieselfde afstand uitgestoot. Wanneer die een suier uitgetrek word, word die ander suier in die buis ingetrek.
opdrag 3:
Vervang nou die lug met water of olie
[LU 1.3]
Vraag:
Hoe vergelyk die watergevulde spuite met die luggevulde spuite? Watter stelsel werk beter?
Onderstreep:
Die pneumatiese / hidrouliese stelsel werk beter.
opdrag 4:
Ondersoek nou watter uitwerking spuite van verskillende groottes op mekaar het
[LU 1.3]
Metode:
Verbind bv. ‘n 10 ml spuit met ‘n 20 ml spuit soos by Ondersoek 2
Druk die suier van die klein buis in en neem waar hoeveel ml die groot suier uitbeweeg.
Trek die suier van die klein buis ook uit en let op hoeveel ml die groot suier inbeweeg.
Onderstreep:
As ‘n klein silinder die helfte van die volume het van ‘n groot silinder, beweeg die groot suier die (helfte / kwart) van die lengte van die klein silinder.
Die krag wat die groot silinder uitoefen is (kleiner / groter), nl. die helfte soveel (meer / minder).
opdrag 5:
[LU 1.3]
Verbind nou ‘n groot spuit met 2 kleiner spuite, bv. ‘n 20 ml spuit met twee 10 ml spuite deur van ‘n T-aansluiting gebruik te maak. Die suier in die groot buis moet uit wees en die suiers in die kleiner buise ingedruk.
Druk die suier van die groot buis in en let op hoeveel ml elk van die klein suiers
uitbeweeg.
Druk beide klein suiers gelyktydig in en let op hoeveel ml die groot suier uitbeweeg.
Onderstreep:
Omdat die kleiner suiers saam dieselfde volume het as die groot suier, beweeg hulle (die helfte van / dieselfde) afstand uit as die groot silinder as dit ingedruk word.
Die krag wat deur die groot silinder uitgeoefen word, is (‘n kwart/die helfte) minder.
Agtergrond:
In die industrie word silinders gebruik wat dieselfde taak moet verrig. As ‘n pneumatiese silinder baie keer gebruik moet word, word ‘n kompressor met ‘n kontroleklep gebruik om die lug uit die silinder te laat. Die silinders word met ‘n hegstuk aan die buis en met ‘n spil aan die spuit meganies ingespan.
Assessering
Leeruitkomstes(LUs) |
LU 1 |
TEGNOLOGIESE PROSESSE EN VAARDIGHEDEDie leerder is in staat om tegnologiese prosesse en vaardighede eties en verantwoordelik toe te pas deur gepaste inligtings- en kommunikasietegnologie te gebruik. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen: |
Ondersoek: |
1.2 vind uit oor bestaande produkte wat relevant vir ‘n probleem, behoefte of geleentheid is, en identifiseer en vergelyk die ontwerpaspekte daarvan (bv. vir wie dit is, waarvoor dit is, hoe dit lyk; waarvan dit gemaak is, hoe dit werk, of dit die omgewing sal affekteer); |
1.3 voer, waar gepas, ‘n wetenskaplike ondersoek uit oor begrippe wat relevant vir ‘n probleem, behoefte of geleentheid is deur wetenskapprosesvaardighede te gebruik; |
Memorandum
Agtergrond
hidrouliese
Ondersoek 3 hidrouliese
Ondersoek 4 die helfte van die afstand van die klein spuit
die helfte van die afstand van die klein spuit
helfte
groter meer
Ondersoek 5 dieselfde lengte as wat die groot buis lank is
dieselfde lengte as wat een klein buis lank is
dieselfde
Notification Switch
Would you like to follow the 'Tegnologie graad 6' conversation and receive update notifications?