<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Opdrag 4
Navorsingstaak
Gaan lees na oor die prosesse waardeur wol alles gaan vandat die wolvag afgeskeer is totdat dit kledingstof word waarvan jou klere gemaak word. Stel die proses in ‘n vloeidiagram op ‘n plakkaat voor. As jy dit verkies, mag jy ook enige ander dierlike of plantaardige stof gebruik.
[LU 2.1]
Die eerste katoen is in Indië lank voor Christus gekweek en gebruik. Uit Indië het die kweek van katoen geleidelik deur Persië en Egipte na Europa en Noord-Afrika versprei.
Sy, afkomstig van die sywurm (Bombyx mori), is heel waarskynlik die eerste keer sowat 4 000 jaar gelede in China gemaak. Sy is warm om te dra, glad, baie lig, sterk en wanneer dit gekreukel en gelos word, keer dit weer na sy oorspronklike vorm terug. Sy is ideaal om gebruik te word deur dokters, en in die wetenskap en tegnologie.
Voorbeelde
Sy word vandag nog van die kokonne van die sywurm verkry. ‘n Kokon bestaan eintlik net uit een stuk draad wat sowat 5 km lank kan wees. Meer as 40 000 kokonne word benodig om een kilogram rou sy te maak. Vroeër is sy met die hand gespin, maar vandag word masjinerie gebruik om sy te spin.
Die pels en velle van diere kamoefleer hulle sodat hulle vyande hulle nie maklik kan sien nie. ‘n Verkleurmannetjie is ‘n goeie voorbeeld.
Die mens het hierdie eienskap raakgesien en dra tydens oorlogvoering in die veld klere waarop kamoefleermerke aangebring is.
Dit is selfs mode om klere te dra waarop kamoefleermerke of patrone van dierevelle afgedruk is.
Opdrag 5
Versamel prente uit ou tydskrifte en koerante van sulke klere en plak dit op 'n skoon vel papier, of teken soortgelyke klere. Verduidelik met byskrifte watter diervelle watter kledingstukke is, indien herkenbaar.
[LU 3.2]
Sommige eienskappe van tekstielstowwe kan net in sekere toestande bepaal word en dit is wanneer jy sekere toetse op hulle doen. Ons noem dit versteekte eienskappe en dit is eienskappe soos sterkte, brandbestandheid, waterdigtheid en isolasievermoë. Versteekte eienskappe kan die vorm van ‘n voorwerp heeltemal verander.
Sigbare eienskappe kan ‘n mens makliker aflei deur aan die voorwerp te ruik, te voel of daarna te kyk.
Opdrag 6 A
ONDERSOEK
Aan die Opvoeder:
Verdeel die klas in groepe. Laat elke groep ‘n ander eienskap van die tekstielstowwe ondersoek.
Opdrag
Sorteer die volgende stukke tekstielstowwe wat jul onderwyser aan julle gaan gee (voorbeelde van nylon, poliëster, katoen, sy en wol) volgens hul eienskappe in twee groepe, naamlik sintetiese en natuurlike tekstielstowwe. Toets elk van die volgende eienskappe volgens ‘n wetenskaplike betroubare metode.
Notification Switch
Would you like to follow the 'Tegnologie graad 5' conversation and receive update notifications?