<< Chapter < Page Chapter >> Page >
  1. watter gevare julle verwag en watter planne julle maak vir veiligheid;
  2. hoe julle kos en water in die hande gaan kry;
  3. wat julle gaan doen om gered te word.

AKTIWITEIT 3

OM ‘N VERSLAG TE SKRYF [LU 4.1.2]

OM DUIDELIKE, SAMEHANGENDE SINNE TE SKRYF [ LU 6.4.3]

Kaptein Pedro de Ataide het ‘n brief onder die melkhoutboom gelaat. Daarin het hy geskryf dat ‘n ramp sy skepe getref het. Gebruik jou verbeelding en skryf vyf kort, baie duidelike sinne wat in sy briefie sou kon wees. Onthou om jou naam en die datum onderaan te skryf.

T aalstruktuur en – G ebruik

AKTIWITEIT 4

OM ‘N BETER BEGRIP VAN ALFABETIESE VOLGORDE TE ONTWIKKEL

[LU 6.1.2]

Kyk goed na die alfabetiese volgorde van die woorde op die volgende bladsy uit die HAT (Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal). Jou opvoeder sal enige tien van die woorde duidelik sê en jy moet hulle so vinnig moontlik vind deur die nommers 1 tot 10 voor elkeen van dié woorde te skryf.

AKTIWITEIT 5

OM KENNIS TE MAAK MET WOORDFAMILIES EN WOORDE UIT DIESELFDE VELD

[LU 6.1.8]

Woordeskatontwikkeling

Beantwoord die volgende vrae na aanleiding van die gegewe bladsy uit die HAT (sien hierna):

  1. Wat beteken elk van die volgende woorde?

skipbreuk

skipbreukeling

skipbrug

skipper

  1. Wat is ‘n skilpaddraffie ?
  2. Waar sal jy skimmel aantref?

En donsige skimmel ?

  1. Wanneer gooi iemand skimpe ?

(V) Skryf die betekenis van skinder neer.

  1. Wat noem ons iemand wat skinder ? ‘n __

Bron: HAT

AKTIWITEIT 6

OM ‘N EIE PERSOONLIKE SPELLYS TE SKEP

[LU 6.1.1]

Jy kom dikwels vreemde, nuwe woorde teen, of woorde wat vir jou moeilik is om reg te spel, maar wat jy dikwels moet gebruik. Skryf sulke woorde op die laaste bladsy wat in elke module vir hierdie doel ingesluit is. Doen dit gereeld en hersien dit gereeld.

AKTIWITEIT 7

OM SAMESTELLINGS TE VERSTAAN

[LU 6.1.10]

Kyk weer na die leesstuk op die eerste bladsy. In die tweede paragraaf kry ons die woord varswaterfontein en in die derde paragraaf melkhoutboom . Ons noem sulke woorde samestellings, omdat hulle uit verskillende woorde saamgestel is om een woord te vorm.

  1. Vind in paragraaf 1 nog ‘n samestelling in die eerste reël en nog twee in die vierde reël.

Reël 1:

Reël 2:

  1. Die meeste samestellings kan eenvoudig net aanmekaar geskryf word om nuwe woorde te vorm, byvoorbeeld:

pos + kantoor + klerk: poskantoorklerk

suid + kus:

vakansie + dorp:

sel + foon:

snoep + winkel:

gemors + pos

riem + telegram:

telefoon + gesprek:

telefoon + rekening:

buffel + vel + hoed:

  1. Soms moet daar egter een of meer letters ingevoeg word, byvoorbeeld:

broek + pyp: broek s pyp

hemp + mou:

kruidenier + ware:

dood + berig:

En pasop vir hierdie vier:

seun + skool:

meisie + skool:

lewe + verhaal:

skip + vrag:

AKTIWITEIT 8

OM SINNE TE VERBIND MET VOEGWOORDE EN BETREKLIKE VOORNAAMWOORDE

[LU 6.2.4]

Ons kan sinne verbind deur sekere woorde te gebruik. In die leesstuk op bladsy 1 vind ons die volgende sinne:

  • Daar is ook ‘n posbus in die vorm van ‘n groot skoen waarin briewe en poskaarte gepos kan word.
  • Hy wou by die huidige Gouritsriviermond aan wal gaan, maar weens die groot branders kon hy nie.

Verbind nou die volgende sinne deur die woord tussen hakies korrek te gebruik. Probeer seker maak dat jou woordorde reg is.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 5. OpenStax CNX. Sep 04, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10969/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask