<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Om resultate te verkry wat verteenwoordigend is, is die van kritieke belang om 'n verteenwoordigende steekproef te kry. Byvoorbeeld, as ons wou bepaal hoe groepsdruk die besluit om te begin rook, beïnvloed - dan sou die resultate baie anders gewees het as slegs seuns ondervra is, in vergelyking met 'n studie waar onderhoude met beide seuns en meisies gevoer is.
Daarom moet vrae soos: "Hoeveel onderhoude word benodig?" en "Hoe kies ons kandidate vir onderhoude?" tydens die ontwerpfase van die steekproefproses gevra word.
Die mees akkurate resultate word verkry indien die hele bevolking gebruik word as steekproef vir 'n opname, maar dit kan baie duur wees en/of baie lank neem. Die tweede beste metode is om 'n steekproef ewekansig te kies. Dit beteken dat elke lid van die bevolking 'n gelyke kans het om geselekteer te word, onafhanklik van hoe die lede gekies word. Daar is verskeie metodes om lede op hierdie manier te kies, byvoorbeeld, name kan uit 'n hoed getrek word. Meeste moderne wetenskaplike sakrekenaars het 'n sleutel wat mens kan druk om ewekansige getalle te genereer wat mens kan gebruik om 'n steekproef te kies. Sigbladpakkette op 'n rekenaar het ook gewoonlik so 'n funksie.
So, as jy byvoorbeeld 'n bevolking van 1 000 leerders in jou skool het, kan jy moontlik 100 leerders ewekansig kies en dit sal dan die steekproef wees wat jy vir die opname gebruik.
Die res van hierdie hoofstuk handel oor die wiskundige besonderhede wat nodig is om data wat versamel is, te analiseer.
Hier volg nou 'n paar voorbeelde van datastelle wat gebruik kan word om die metodes wat toegepas word, te verduidelik.
'n Ewekansige muntstuk is 100 keer gegooi en die kant waarop die muntstuk land, is opgeneem (kop of stert). Die data is opgeneem in "Datastel 1: Gooi van 'n muntstuk" .
K | S | S | K | K | S | K | K | K | K |
K | K | K | K | S | K | K | S | S | S |
S | S | K | S | S | K | S | K | S | K |
K | K | S | S | K | S | S | K | S | S |
S | K | K | K | S | S | K | S | S | K |
K | S | S | S | S | K | S | S | K | K |
S | S | K | S | S | K | S | S | K | S |
K | S | S | K | S | S | S | S | K | S |
S | K | S | S | K | K | K | S | K | S |
S | S | S | K | K | S | S | S | K | S |
'n Ewekansige dobbelsteen is 200 keer gegooi en die waardes waarop die dobbelsteen land, is opgeneem. Die data is opgeneem in "Datastel 2: Gooi van 'n Dobbelsteen" .
3 | 5 | 3 | 6 | 2 | 6 | 6 | 5 | 5 | 6 | 6 | 4 | 2 | 1 | 5 | 3 | 2 | 4 | 5 | 4 |
1 | 4 | 3 | 2 | 6 | 6 | 4 | 6 | 2 | 6 | 5 | 1 | 5 | 1 | 2 | 4 | 4 | 2 | 4 | 4 |
4 | 2 | 6 | 4 | 5 | 4 | 3 | 5 | 5 | 4 | 6 | 1 | 1 | 4 | 6 | 6 | 4 | 5 | 3 | 5 |
2 | 6 | 3 | 2 | 4 | 5 | 3 | 2 | 2 | 6 | 3 | 4 | 3 | 2 | 6 | 4 | 5 | 2 | 1 | 5 |
5 | 4 | 1 | 3 | 1 | 3 | 5 | 1 | 3 | 6 | 5 | 3 | 4 | 3 | 4 | 5 | 1 | 2 | 1 | 2 |
1 | 3 | 2 | 3 | 6 | 3 | 1 | 6 | 3 | 6 | 6 | 1 | 4 | 5 | 2 | 2 | 6 | 3 | 5 | 3 |
1 | 1 | 6 | 4 | 5 | 1 | 6 | 5 | 3 | 2 | 6 | 2 | 3 | 2 | 5 | 6 | 3 | 5 | 5 | 6 |
2 | 6 | 6 | 3 | 5 | 4 | 1 | 4 | 5 | 1 | 4 | 1 | 3 | 4 | 3 | 6 | 2 | 4 | 3 | 6 |
6 | 1 | 1 | 2 | 4 | 5 | 2 | 5 | 3 | 4 | 3 | 4 | 5 | 3 | 3 | 3 | 1 | 1 | 4 | 3 |
5 | 2 | 1 | 4 | 2 | 5 | 2 | 2 | 1 | 5 | 4 | 5 | 1 | 5 | 3 | 2 | 2 | 5 | 1 | 1 |
In Suid-Afrika is daar regulasies oor die vervaardiging van brood om verbruikers te beskerm. Hier is 'n uittreksel uit 'n verslag oor die wetgewing:
"Wetgewing vereis dat 'n brood 800g moet weeg indien dit nie gemerk is nie, met 'n speling van 5 persent bo en 10 persent onder hierdie massa. Die gemiddelde massa van 10 van hierdie brode moet egter presies die aangeduide massa wees." - Sunday Tribune op 10 Oktober 2004, bladsy 10.
Notification Switch
Would you like to follow the 'Siyavula textbooks: wiskunde (graad 10) [caps]' conversation and receive update notifications?