<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
4.1 Daar is eenduisend meter in ’n kilometer, dus kan ons sê dat een meter gelyk is aan 0,001 kilometer. Een meter = 1 1 000 kilometer of 1 m =
4.2 Daar is een duisend millimeter in ’n meter: 1 mm = = 0,000 001 km
4.3 Daar is een duisend mikrometer in ’n millimeter: 1 μm = 0,000 000 001 km. (μ is ’n Griekse letter – mu.)
5. Net soos ons baie groot getalle meer gerieflik in wetenskaplike notasie geskryf het, skryf ons baie klein getalle ook in wetenskaplike notasie. Hier volg ’n klompie voorbeelde van beide. Maak seker dat jy kan omskakel van gewone getalle na wetenskaplike notasie en andersom. Sakrekenaars maak ook van ’n soort wetenskaplike notasie gebruik. Hulle verskil en jy moet dus seker maak dat jy verstaan hoe jou eie sakrekenaar baie groot of klein getalle hanteer.
5.1 1 μm = 0,000 000 001 km Dus is 1 μm = 1,0 × 10 –9 km
5.2 Die materiaal van ’n gewone laken het ongeveer drie drade per millimeter, beide kruis en dwars. Neem aan dat ’n dubbelbedlaken 2 × 2 vierkante meter groot is. Dit beteken dat daar 6,0 × 10 3 drade kruis en 6,0 × 10 3 drade dwars is. Dit is . . . . . . . . . . . . . .(vul in) drade in totaal – elk ongeveer 2 m lank. Bereken nou hoeveel kilometer drade daardie laken bevat. Meet vanaand jou kussingsloop en maak dieselfde berekening daarvoor.
5.3 Daar is ongeveer 1 × 10 –5 liter water in ’n gemiddelde reëndruppel. Op party plekke in Suid Afrika reën dit ongeveer 1 meter per jaar. Op een hektaar is dit ongeveer 1 × 10 12 druppels per jaar. Op ’n groterige stad is dit omtrent 6 × 10 16 reëndruppels per jaar – ongeveer 1 × 10 7 druppels vir elke man, vrou en kind op aarde. Hoeveel liter elk is dit?
5.4 Bereken: (laat antwoorde in wetenskaplike notasie)
5.4.1 5.4.2
einde van KLASWERK
Ons gebruik voorvoegsels wat meestal uit Grieks en Latyn kom om eenhede name te gee. Die standaardeenheid van lengte is een meter . As ons van tien meter praat, kan ons daardie lengte een dekameter noem; honderd meter is ’n hektometer en, natuurlik, ’n duisend meter is ’n kilometer. Een tiende van ’n meter is ’n desimeter; een honderdste van ’n meter is ’n sentimeter en een duisendste van ’n meter is ’n millimeter. Daar is nog ander voorvoegsels – kyk hoeveel van hulle jy kan opspoor.
Jou rekenaarvriende sal hopelik kan bevestig dat in rekenaartaal ’n “kilobyte” in werklikheid 1 024 “bytes” is. (Die Afrikaanse woord vir “byte” is greep – dus is ’n kilobyte eintlik ’n kilogreep.) Nou, hoekom is dit 1 024 grepe en nie 1 000 grepe nie? Die antwoord lê opgesluit in die feit dat rekenaars in die binêre stelsel werk en nie, soos ons, in die desimale stelsel nie. Snuffel die antwoord self uit.
Notification Switch
Would you like to follow the 'Wiskunde graad 9' conversation and receive update notifications?