<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Ons verklein ook dikwels as ons nie aan ‘n bepaalde voorwerp as iets kleins dink nie.
Ma het die motor gestamp. Daar is ‘n groot duik in die modderskerm. Verklein die vetgedrukte woord en maak ‘n sin daarmee as sy vir Pa daarvan vertel.
Ma en Pa kuier by vriende. Teen die einde van die aand wil Ma huistoe gaan want sy is vaak, maar Pa steek eers nog ‘n sigaret aan en skink nog ‘n glas wyn . Verklein die twee vetgedrukte woorde en skryf Pa se verduideliking aan Ma neer.
Pa is in die sop by Ma omdat hy laat by die huis aangekom het. Hoe spreek hy haar aan as hy verskoning maak? Gebruik die verkleinvorm van duif , en skryf sy verskoning neer.
-ie: huisie, dorpie, duifie, harkie, ploegie, briefie.
-tjie: paaltjie, soentjie, stoeltjie, oumatjie, tuintjie, bytjie.
-jie: hoedjie, pootjie, liedjie, handjie, bordjie, matjie.
Woorde wat op –d of –t eindig, kry ‘n –jie wanneer hulle verklein word.
-pie: besempie, armpie, stroompie, lappie, raampie, alarmpie.
Woorde wat op –m eindig, kry ‘n –pie wanneer hulle verklein word.
-kie: woninkie (woning), heininkie (heining), piesankie (piesang), beweginkie (beweging), kettinkie (ketting), leninkie (lening).
Woorde wat uit meer as een lettergreep bestaan en op –ng eindig, kry ‘n –kie . Let op dat die g wegval.
-etjie: balletjie, blommetjie, dammetjie, lemmetjie, pennetjie, slangetjie.
Leeruitkomstes(LUs) |
LU 1 |
LUISTER Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
1.1 ekspressiewe, verbeelding verhalende tekste na luister en waardeer: |
1.2 aktief en noukeurig luister vir spesifieke inligting en hoofgedagtes, en op gepaste wyse reageer, bv: |
1.2.1 notas en opsommings maak, en inligting akkuraat weergee; |
1.2.2 opinies oordink, taktvolle vrae vra, en uitdaag waar nodig; |
1.4 die gebruik van nie-verbale strategieë (bv. gesigsuitdrukkings, gebare en volume) identifiseer en vertolk; |
1.5 spesifieke woorde, sinsnedes en sinne wat die luisteraar beïnvloed, identifiseer (bv. gevoelvolle taal, onderskeid maak tussen feit en opinie, vooroordeel herken); |
1.7 waardes en historiese, sosiale en kulturele kontekste van uitgesoekte tekste identifiseer. |
LU 3 |
LEES EN BESIGTIG Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer. |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
3.1 spontaan lees, dikwels vir plesier en inligting oor ‘n wye reeks tekstipes wat bestudeer is: |
3.3 die doel, gehoor en konteks van ‘n teks identifiseer: |
3.4 begrip toon van die teks, die doel daarvan en die verwantskap met sy eie lewe, deur die tema, karakters en waar die verhaal afspeel, te bespreek. |
LU 4 |
SKRYF Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf. |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
4.1 ‘n uitgesoekte reeks verbeeldingryke tekste skryf: |
4.1.1 verbeelding, idees en gevoelens van die self en ander uit te druk; |
4.3 basiese vaardighede in spesifieke skryftegnieke wat gepas is vir ‘n tekssoort toon: |
4.4.2 kreatiewe en speelse gebruik van taal d.m.v. vertellende en beskrywende opstelle te verken; |
LU 6 |
TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIK Die leerder ken en is in staat om die klanke,woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer. |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
6.2 werk met sinne: |
6.2.1 die volgende in konteks identifiseer en gebruik; selfstandige naamwoorde, meervoude, verkleinwoorde, geslag; |
6.2.2 verskillende sinsoorte gebruik; |
6.2.7 die aktief (bedrywende vorm) en passief (lydende vorm) gebruik en verstaan wanneer elkeen gepas is. |
Opdrag 1
Antwoorde :
(i) Die pous.
(ii) Die pous se muil.
(i) Pous Boniface.
(ii) Die pous se muil.
(iii) Die karnallie Tistet Vedene.
(i) Nee : Avignon was ‘n wonderlike stad. Die mense was vrolik en opgewek.
Opdrag 2
Lees paragraaf 3 voor aan die leerders, selfs ‘n paar keer indien nodig. Laat die leerders mondeling die verskillende karaktereienskappe beurtelings opnoem. Dan skryf hulle dit neer in hul werkvelle en teken dan ‘n prent van die muil. Verkieslik moet hulle nie die geskrewe teks raadpleeg nie.
Opdrag 3
Verduidelik aan die leerders hoe belangrik die regte woord binne ‘n teks is. Dit maak die verhaal interessant, kleurvol, en dit skep atmosfeer. Toets die leerders (vraag 1 – 5) n.a.v. die beskrywing van Tistet Vedene in paragraaf 10. Dit stel hulle in staat om ‘n duidelike beeld van die karakter te vorm.
Vanaf vraag 6 tot 10 word vrae gestel wat aandui hoe die skrywer met woorde gevoel en atmosfeer skep.
Antwoorde:
(a)
(i) niksnuts
Opdrag 4
(i) Boniface
Opdrag 5
Die verhaal van Rooikappie dien as basis vir hierdie opdrag. Die leerders se verbeeldingskrag kan vrye teuels gegee word.
Opdrag 6
1. aand ete bak wyn suiker kruie
2. Avignon respek
3. leerjongens
Opdrag 7
(a) dag - dae
fees - feeste
optog - optogte
stad - stede
(b) oorlog - oorloë
gebrek - gebreke
kos - kosse - kossoorte
Opdrag 8
duik - duikie
“Ek het die motor gestamp, maar daar is maar net ‘n klein ou duikie in die modderskerm.”
sigaret - sigaretjie
wyn - wyntjie
“Ek wil nog net een sigaretjie rook en ‘n wyntjie drink voordat ons loop.”
duif - duifie
“Ek is jammer ek is laat, my ou duifie, maar ek het in die verkeer vasgesit.”
Notification Switch
Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 7' conversation and receive update notifications?