<< Chapter < Page Chapter >> Page >

1. Die Amerikaanse konstitusie/grondwet is in (datum) aanvaar.

(Sien paragraaf 5.) Die Suid-Afrikaanse Grondwet is in (datum) aanvaar.

(2)

(Afskrif van bl. 6 en 7 van die SA Grondwet volg hierna.)

2. Die staatsvorm van die VSA is ‘n federasie , wat beteken dat:

(2)

SA se staatsvorm word ‘n genoem. (1)

3. Die eerste staatspresident van die VSA was (1)

Die eerste staatspresident van SA (1994) was (1)

4. Die Amerikaanse hoofstad is (1)

SA se hoofstede is:

(4)

5. Daar is vandag (getal) state in die VSA federasie. (1)

Daar is vandag die volgende (getal) provinsies wat deel is van die SA

Republiek, naamlik:

6. Die Amerikaanse volkslied word genoem: (1)

Die naam van die Suid-Afrikaanse volkslied: (1)

[20]

Die volgende is ‘n afskrif van twee bladsye uit ons SA Konstitusie/Grondwet:

Die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996” Subtitel: “Wet 108 van 1996” wat ooreenstem met die sake wat bespreek is in die Verklaring van Onafhanklikheid van die Amerikaanse kolonies.

LU 1.5 LU 2.2 LU 2.3 LU 3.7

BRON C

Hoofstuk 2 - Handves van regte
Regte7. (1) Hierdie Handves van Regte is ‘n hoeksteen van die demokrasie in Suid- Afrika. Dit verkans die regte van alle mense in ons land en bevestig die demokratiese waardes van menswaardigheid, gelykheid en vryheid.(2) Die Staat moet die regte in die Handves van Regte eerbiedig, beskerm, bevorder en verwesenlik.(3) Die regte in die Handves van Regte is onderworpe aan die besprekings in artikel 36 of elders in die Handves vervat of genoem.Toepassing8. (1) Die Handves van Regte is van toepassing op die totale reg en bind die wetgewende, die uitvoerende en die regsprekende gesag en alle staatsorgane.(2) ‘n Bepaling van die Handves van Regte bind ‘n natuurlike of ‘n regspersoon indien, en in die mate waarin, dit toepasbaar is met inagneming van die aard van die reg en die aard van enige plig deur die reg opgelê.(3) By die toepassing van ‘n bepaling van die Handves van Regte op ‘n natuurlike of regspersoon ingevolge subartikel (2) -
  1. moet ‘n hof, ten einde gevolg te gee aan ‘n reg in die Handves, die gemene reg toepas, of indien nodig ontwikkel, in die mate waarin wetgewing nie aan daardie reg gevolg gee nie; en
  2. kan ‘n hof reëls van die gemene reg ontwikkel om die reg te beperk, mits die beperking in ooreenstemming met artikel 36(1) is.
(4) ‘n Regspersoon is geregtig op die regte in die Handves van Regte in die mate waarin die aard van die regte en die aard van daardie regspersoon dit vereis.6
Gelykheid9. (1) Elkeen is gelyk voor die reg en het die reg op gelyke beskerming en voordeel van die reg.(2) Gelykheid sluit die volle en gelyke genieting van alle regte en vryhede in. Ten einde die bereiking van gelykheid te bevorder, kan wetgewende en ander maatreëls getref word wat ontwerp is vir die beskerming of ontwikkeling van persone, of kategorieë persone, wat deur onbillike diskriminasie benadeel is.(3) Die staat mag nie regstreeks of onregstreeks onbillik teen iemand diskrimineer op een of meer gronde nie, met inbegrip van ras, geslagtelikheid, geslag, swangerskap, huwelikstaat, etniese of sosiale herkoms, kleur, seksuele georiënteerdheid, ouderdom, gestremdheid, godsdiens, gewete, oortuiging, kultuur, taal en geboorte.(4) Geen persoon mag regstreeks of onregstreeks onbillik teen iemand op een of meer gronde ingevolge subartikel (3) diskrimineer nie. Nasionale wetgewing moet verorden word om onbillike diskriminasie te voorkom of te belet.(5) Diskriminasie op een of meer van die gronde in subartikel (3) vermeld, is onbillik, tensy daar vasgestel word dat die diskriminasie billik is.Menswaardigheid10. Elkeen het ingebore waardigheid en die reg dat daardie waardigheid gerespekteer en beskerm word.Lewe11. Elkeen het die reg op lewe.7

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Geskiedenis graad 8. OpenStax CNX. Sep 12, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11043/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Geskiedenis graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask