<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Vind die area van die volgende figure:
In hierdie afdeling leer ons hoe om die oppervlakarea (buite-oppervlakte) en volume van reghoekige prismas en silinders te bereken. ʼn Reghoekige prisma is ʼn veelhoek wat uitgerek word in ʼn kolom sodat die hoogte van die kolom reghoekig tot sy basis is. ʼn Vierkantige prisma het ʼn vierkantige basis en ʼn driehoekige prisma het ʼn driehoekige basis.
Dit is eenvoudig om die oppervlakarea en volume van prismas te bereken.
Die term oppervlakarea verwys na die totale area van die oppervlak aan die buitekant van die prisma. Dit is makliker om te verstaan as ʼn mens aan die prisma dink as ʼn soliede voorwerp.
As jy die prismas in [link] bestudeer, sal jy sien dat die boonste syvlak van die prisma ʼn eenvoudige veelhoek is. Die driehoekige prisma het twee syvlakke wat driehoekig is en drie syvlakke wat reghoekig is. Om die oppervlakarea van ʼn prisma te bereken moet die oppervlak van elke syvlak bereken word en bymekaar getel word. ʼn Silinder bestaan uit twee sirkelvormige syvlakke en ʼn reghoekige kolom.
Oppervlakarea van Prismas
Bereken die area van elke syvlak en tel die areas bymekaar om die oppervlakarea van die prisma te bereken. Bepaal eers wat die regte vorm is van elke syvlak en bereken dan die area van daardie syvlak. Die oppervlakarea van die prisma is gelyk aan die som van die oppervlakareas van al die syvlakke.
In pare, bestudeer die volgende prismas saam met die diagram wat langs elke prisma vertoon word en verduidelik watter oppervlakareas elke prisma het. Verduidelik vir jou maat hoe elke diagram verband hou met die gepaardgaande prisma.
Soek ʼn prentjie of neem ʼn foto van ʼn gebou wat nie ʼn eenvoudig gedefinieërde vorm het nie (byvoorbeeld een wat nie net ʼn reghoek is nie). Soek vir ʼn kasteel met torings of ʼn huis met gewels of ʼn stoep. Veronderstel jy moet die buitekant van die gebou verf. Hoeveel verf sal jy benodig? Dink aan dit wat jy geleer het omtrent oppervlakarea van poligone. Kan jy reëlmatige poligone in jou prent/foto vind en hulle gebruik om die oppervlakarea te bereken?
Notification Switch
Would you like to follow the 'Siyavula textbooks: wiskunde (graad 10) [caps]' conversation and receive update notifications?