<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Afdeling 2: Grootboekrekeninge
AKTIWITEIT 1:
Om grootboekinskrywings te doen
[LU 3.3]
’n Rekening is ’n afsonderlike rekord waarin alle transaksies wat op ’n bepaalde item betrekking het, opgeteken word.
Dit het die vorm van ’n T en bestaan uit drie dele, naamlik:
Om ’n rekening te debiteer beteken om die inskrywing aan die debietkant te maak. Om ’n rekening te krediteer beteken om die inskrywing aan die kredietkant te maak.
Elke transaksie raak ten minste twee rekeninge. Die een rekening word gedebiteer en die ander rekening gekrediteer. Dit staan bekend as die dubbelinskrywingstelsel . In die grootboekrekening se besonderhede-kolom kom die naam van die ander rekening wat by die transaksie betrokke is, byvoorbeeld :
Dit beteken kontantverkope ter waarde van R1 000 is aangegaan. Die twee rekeninge is dus bank en verkope. Die dubbelinskrywing sal soos volg lyk:
Die volgende reëls moet in aanmerking geneem word by inskrywings in grootboekrekeninge:
OPDRAG 1:
1. Eienaar deponeer van sy persoonlike fondse in die onderneming se bankrekening as kapitaal
2. Koop toerusting en betaal per tjek
3. Koop ’n voertuig op skuld
4. Ontvang kontant vir lewering van dienste
5. Betaal salarisse per tjek
6. Betaal die verskuldigde bedrag aan krediteure
7. Ontvang geld vanaf debiteure
Tabel vir opdrag 1
ALGEMENE GROOTBOEK | |||||
NR. | REKENING DEBITEER | REKENING KREDITEER | B | E | L |
OPDAG 2:
Lopende Inkomste | Verbruiksgoedere | Brandstof |
Onttrekkings | Wisselgeld | Salarisse |
Water en Elektrisiteit | Grond en Geboue | Debiteurekontrole |
Huurinkomste | Advertensies | Toerusting |
Telefoon | Koste van Vpe. | Materiaalkoste |
Handelsvoorraad | Handelslisensie | Skryfbehoeftes |
Verpakkingsmateriaal | Lone | Herstelwerk |
Verkope | Bank | Huuruitgawe |
Voertuie | Krediteurekontrole | Kapitaal |
(a) Rangskik die rekeninge in die kolomme in die tabel.
(b) Dui deur middel van +, - of 0 langs die rekening aan of ’n vermeerdering daarvan die eienaarsbelang sal vermeerder, verminder of onveranderd laat.
(c) Dui deur middel van dt. of kt. langs die rekening aan of die rekening ’n debiet of krediet beginsaldo sal hê.
Tabel vir opdrag 2
OPDRAG 3:
1 Die eienaar belê R12 000 in die onderneming as kapitaal
2 ’n Voertuig word op krediet aangekoop van TP Motors
3 Koop brandstof en betaal per tjek
4 Ontvang kontant vir dienste gelewer
5 Betaal salarisse per tjek
6 Lewer goedere op krediet aan J. van Schalkwyk
7 Betaal huuruitgawe aan A en B Verhuurders per tjek
8 Die eienaar neem kontant vir eie gebruik
9 Koop materiaal aan op krediet van AB Voorsieners
10 Koop toerusting aan van Model Voorsieners en betaal per tjek
11 Ontvang die verskuldigde bedrag van J. van Schalkwyk
12 Betaal ’n gedeelte van die skuld aan TP Motors
13 Verkoop goedere vir kontant
Tabel vir opdrag 3
ALGEMENE GROOTBOEK | |||||
NR. | REKENING DEBITEER | REKENING KREDITEER | B | E | L |
1 | |||||
2 | |||||
3 | |||||
4 | |||||
5 | |||||
6a | |||||
6b | |||||
7 | |||||
8 | |||||
9 | |||||
10 | |||||
11 | |||||
12 | |||||
13a | |||||
13b | |||||
LU 3 |
Bestuurs-, Verbruiker- en Finansiële Kennis en VaardighedeDie leerder is in staat om kennis en die vermoë te toon om verskeie bestuurs-, verbruikers- en finansiële vaardighede toe te pas. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Ons weet dit as die leerder: |
3.1 ‘n basiese inkomstestaat en balansstaat vir ‘n diensverskaffings- en kleinhandelbesigheid opstel; |
3.2 verskillende sakeondernemings se strategieë en optrede ondersoek ten opsigte van openbare betrekkinge, sosiale verantwoordelikheid en omgewingsverantwoordelikheid; |
3.3 kontant- en krediettransaksies in die boeke van diens- en kleinhandelondernemings doen; |
3.4 toetsbordvaardighede en funksietoetse gebruik om sakedokumente te ontwikkel, te bewaar, te herwin en te redigeer; |
3.5 finansiële state ontleed vir besluitneming op ‘n basiese vlak; |
3.6 tussen verskeie vorms van kredietaankope en metodes van betaling kan onderskei. |
AKTIWITEIT 1
OPDRAG 1
AKTIWITEIT 1
OPDRAG 2
AKTIWITEIT1
OPDRAG 3
Notification Switch
Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 9' conversation and receive update notifications?