<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Ekotoerisme verwys na ’n industrie wat toeriste aanmoedig om die land se natuurskoon en ekologies ongerepte dele te beleef en te waardeer.
Suid-Afrika is die enigste land op aarde waarin al die lede van ’n bepaalde plantkoninkryk natuurlik binne sy grense aangetref word. Die plantkoninkryk waarna ons verwys, is die FYNBOS in die Wes-Kaap.
Dit is ’n area wat strek rondom die Bolandse berge en wat verskeie unieke plantsoorte soos die protea (ons nasionale blom) en heide insluit. Dit is die grootste konsentrasie plantspesies ter wêreld wat endemies is. Endemies beteken dit kom nêrens anders natuurlik voor nie.
St. Lucia en ander vleilande is weer ons geboorteplekke van baie spesies. Dit is in fyn balans en kan maklik versteur word deur 4x4-entoesiaste, asook plesierbootavonturiers.
Daar is gedurig nuusartikels oor hierdie en ander sensitiewe areas en onsensitiewe mense wat nie weet hoe om dit te benut, te waardeer en te bewaar nie.
Ons wildparke soos die Krugerwildtuin, die Kgalagadi, Hluhluwe en Pilanesberg is wydbekend by oorsese toeriste.
NATUURBEWARING is in al hierdie areas van die grootste belang en streng reëls geld wat wel deur die bedagsames onder ons nagekom word.
Ontwerp ’n kleurvolle brosjure wat jy aan ’n oorsese toeris sou kon gee om die natuurskoon van Suid-Afrika, asook sy ekologiese juwele, bekend te stel.
As alternatief : Stel ’n video-insetsel of foto-album saam van so ’n natuurgebied en vertoon dit aan die klas.
Assessering van BROSJURE
Kon jy BEPLAN en FEITE KONDENSEER in ’n visuele voorlegging?
[LU 1.1; 1.2; 1.3]
Skryf nou 'n paragraaf van 270 woorde oor die waarde van ekotoerisme. Verwys na jou navorsing.
[LU 3.2]
LU 1
Wetenskaplike Ondersoek
Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.
Dit is bewys as die leerder:
1.1 ondersoeke kan beplan;
1.2 ondersoeke kan uitvoer en data kan insamel;
1.3 data kan evalueer en bevindinge kan kommunikeer.
LU 3
Wetenskap, die Gemeenskap en die Omgewing
Die leerder is in staat om begrip van die onderlinge verband tussen wetenskap en tegnologie, die samelewing en die omgewing te toon.
Dit is bewys as die leerder:
3.1 wetenskap as ‘n menslike aktiwiteit kan verstaan;
3.2 volhoubare gebruik van die aarde se hulpbronne verstaan.
Leerders ontwerp ’n kleurvolle brosjure wat aan ’n oorsese toeris gegee sou kon word om die natuurskoon van Suid-Afrika asook sy ekologiese juwele bekend te stel. Die leerder kan een of meer onderwerpe kies.
Assesseer saam met paragraaf oor die waarde van ekotoerisme. Let op die volgende:
Notification Switch
Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 8' conversation and receive update notifications?