<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
SKRYWERKlein-Brakrivier
(Bron: Die Burger , 9 September 2003)
Die massamedia en menseregte
Aktiwiteit 2:
Dit het jou waarskynlik weer eens opgeval dat die gevallestudies oor berigte of briewe in ‘n koerant gehandel het. Lees nou die uittreksel uit die redaksionele kommentaar van Die Burger op 11 September 2003 hieronder, en beantwoord dan die vraag wat daarop volg.
BRON
WEES BETROKKE
Die besonderhede van die regering se godsdiensbeleid vir skole wat pas deur min. Kader Asmal bekend gemaak is, sal sekerlik steeds nie almal heeltemal tevrede stel nie. Tog verskil dit aansienlik van die planne wat hy aanvanklik gehad het, en is veel meer in ooreenstemming met wat die godsdienstige beswaardes oorspronklik graag sou wou gesien het.
Dit illustreer ewenwel iets wat vir die breë politiek in die land van groot belang is. Dit wys dat Suid-Afrika ‘n funksionerende demokrasie is, al haper dit ook soms plek-plek.
In ‘n gevestigde demokrasie maak die burgerlike samelewing sy stem dik as die regering iets doen wat mense nie aanstaan nie. En omdat die staat se mag beperk is – en die regerende party nie te veel kiesers wil vervreem nie – dink hy twee keer voordat hy ‘n ongewilde besluit aan mense opdwing.
Veral waar dit so iets fundamenteels raak wat vir die meeste van geweldige belang is, soos godsdiens.
Die antwoord is om jou plig as burger van Suid-Afrika te doen en die regering aan te vat waar nodig, en te steun waar hy dit verdien. Die punt is dat die demokratiese proses, wat nie slegs die hou van verkiesings insluit nie, sy gang moet gaan. In die proses speel die media natuurlik ‘n lewensbelangrike rol. Maar uiteindelik moet die burgers self hul verantwoordelikheid nakom.
(Bron: Die Burger , 11 September 2003)
a) Dink jy dit is belangrik dat mense koerant lees? Gee minstens drie redes om jou antwoord te ondersteun. Verwys na die kommentaar hierbo.
b) Skryf twee verantwoordelikhede wat deur die kommentaar aan jou as individu opgedra word, neer.
Leeruitkomstes(LUs) |
LU 1 |
Gesondheids-bevorderingDie leerder is in staat om ingeligte besluite oor persoonlike, gemeenskaps- en omgewingsgesondheid te neem. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit word bewys as die leerder: |
1.1 ‘n aksie kan beplan waarmee wette en/of beleid vir die beskerming van omgewingsgesondheid, toegepas word om met ‘n omgewingsgesondheidsaangeleentheid te handel; |
1.2 die oorsake van algemene siektes krities in terme van sosio-ekonomiese en omgewingsfaktore kan analiseer; |
1.4 toon dat hy ingeligte en verantwoordelike besluite oor gesondheid en veiligheid kan neem; en |
1.5 ‘n gesondheids- en veiligheidsaangeleentheid wat met geweld verband hou kan analiseer, en alternatiewe vir geweld asook teenstrategieë kan voorstel. |
LU 2 |
Sosiale OntwikkelingDie leerder in staat om begrip van en toewyding aan grondwetlike regte en sosiale verantwoordelikhede, asook begrip vir diverse kulture en gelowe te toon. |
Dit word bewys as die leerder: |
2.1 die skending van menseregte kan bespreek en teenstrategieë kan beplan; |
2.2 kan verduidelik hoe demokratiese prosesse gebruik kan word om met ‘n plaaslike probleem te handel; |
2.3 kan bespreek hoe hy nasiebou in verskillende kontekste sou bevorder; |
2.4 veranderinge in kulturele norme en waardes krities in terme van persoonlike en |
2.5 die bydraes van organisasies van verskeie religieë tot sosiale ontwikkeling, kan bespreek. |
LU 5 |
Oriëntering Ten Opsigte Van Die Wêreld Van WerkDie leerder sal in staat wees om ingeligte keuses oor verdere studie- en loopbaankeuses te maak. |
Dit word bewys as die leerder: |
5.1 loopbaan- en studieopsies en verbandhoudende vereistes kan identifiseer; en |
5.2 loopbaan- en studiegeleenthede wat met eie belangstellings en aanleg verband hou, kan ondersoek. |
Notification Switch
Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 8' conversation and receive update notifications?