<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
- artisties ( bv. dansers, ontwerpers )
- tegnies (bv. beligting)
Noem vier voordele wat ‘n produksie vir ‘n gemeenskap kan inhou:
STAP 3: Individueel
Bestudeer die volgende tabel. Die opvoeder sal ‘n omskrywing gee van elk van die aspekte.
Dui nou aan by watter afdeling en onderafdeling jy die graagste betrokke sou wou wees. Neem jou talente en voorkeure in ag en moenie beskeie wees nie.
B emarking | P roduksie | |||||
Fonds-insameling | Advertensie | Ander | Tegnies | Ontwerp | Dans | Musiek |
-publisiteit -program | -kaartjies-verversings | -beligting-verhoog-klank | -dekor-kostuums-rekwisiete |
Motiveer hoekom jy dink jy by die spesifieke afdeling ‘n positiewe bydrae kan lewer.
STAP 4: Tuiswerk, Individueel
Om ‘n idee te kry wat produksie alles behels, is programme van ander produksies ‘n goeie vertrekpunt.
Maak voorbeelde bymekaar van programme van skool- of professionele op- en uitvoerings soos musiekblyspele, revues, operettes, ens.
Plak dit op in die klas of in jou leerderjoernaal.
Vergelyk nou twee van die programme krities met mekaar en dui jou voorkeure aan:
P rogram 1 | P rogram 2 | |
Voorblad | ||
Samestelling | ||
Uitleg in geheel | ||
Uitleg van produksiespan | ||
Rolverdeling |
Foto’s | ||
Advertensies | ||
Borge | ||
Ander: | ||
STAP 5: Beplanning t.o.v. Bemarking
Die hele klas gaan eers die bemarking van die produksie ondersoek.
Kies die PRODUKSIEBESTUURDER (kan opvoeder ook wees).
Die produksiebestuurder is verantwoordelik vir die algehele administrasie.
Onderverdeel in die volgende afdelings. Elke groep kies weer ‘n leier.
Fondsinsameling | Fondsinsamelingkoördineerder |
Advertensie | Publisiteit - publisiteitskoördineerderProgram – programkoördineerder |
Kaartjies | Kaartjieskoördineerder of huisbestuurder |
Verversings | Verversingskoördineerder |
Elke onderafdeling lê ‘n skriftelike beplanning en begroting aan die produksiebestuurder voor.
Beplannings en begrotings word in leerderjoernale geplak.
STAP 6: B eplanning t.o.v. Produksie self
Weer eens kry die hele klas die geleentheid om betrokke te wees in die artistiese en tegniese aspekte.
Kies die REGISSEUR (kan opvoeder ook wees).
Die regisseur neem die finale besluite t.o.v. die verloop van die produksie.
Bespreek die produksie.
‘n Produksie-assistent kan die administratiewe werk behartig.
Onderverdeel in die volgende afdelings. Elke groep kies weer ‘n leier.
T egnies | Beligting – Beligtingsbestuurder en beligtingspan |
Verhoog – Verhoogbestuurder en verhoogspan | |
Klank – Klankbestuurder en klankspan | |
O ntwerp | Dekor - Dekorontwerper en helpers (bv. verf) |
Kostuums – Kostuumontwerper/-bestuurder en naaldwerksters | |
Rekwisiete – Rekwisiteur en helpers | |
Dans – choreograaf en dansers | |
Musiek - musiekregisseur en orkes, sangers, ens |
Elke afdeling doen beplanning in samewerking met die REGISSEUR.
Elke afdeling lê ‘n begroting voor aan die PRODUKSIEBESTUURDER.
Beplannings ( ook in die vorm van sketse) en begrotings word in leerderjoernale geplak.
Doen navorsing omtrent die “werk” wat jy moet verrig!
WENKE:
Beperk dit tot slegs een item.
Leeruitkomstes(LUs) |
LU 1 |
skepping, interpretasie en aanbiedingDie leerder is in staat om werk in elk van die kunsvorme te skep, te interpreteer en aan te bied. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
DANS |
1.1 deelneem aan die choreografie en aanbieding van ‘n kort dans vir ‘n opvoering of kulturele gebeurtenis;1.2 ter voorbereiding van die liggaam, ‘n stel opwarmings- en vaardigheidsopbouende bewegingsreekse akkuraat doen, insluitende liggaamskondisionering en danstegnieke in ‘n bepaalde styl;1.3 gekoördineerd, musikaal, met gehalte, styl, balans en beheer oor ruimte heen in bewegingsreekse beweeg;1.4 werk leer en opvoer, met gepaste styl en bewegingsgehalte, wat deur ander gechoreografeer is uit minstens twee kulture – wat mag insluit: |
1.4.1 klassiek / tradisioneel (uit Afrika, Oosters of Westers); |
1.4.2 kontemporêr; |
1.5 ‘n dans skep, met ‘n duidelike begin, middel en einde, waarin passies of style van meer as een Suid-Afrikaanse dansvorm saamsmelt; |
DRAMA |
1.6 ‘n eenvoudige opwarmingsroetine met die klas uitvoer;1.7 deelneem aan ‘n aspek van die beplanning, organisasie, reklame, fondsinsameling of produksie van ‘n dramatiese item wat ‘n gehoor sal hê; |
MUSIEK |
1.9 die stem en beskikbare slag- of melodiese instrumente gebruik en musiek maak;1.10 ‘n musiekuitvoering organiseer en bemark ten opsigte van die beplanning, reklame, fondsinsameling en produksie daarvan; |
VISUELE KUNS |
1.14 kuns, handwerk of ontwerpstukke skep wat: |
1.14.1 idees of begrippe in ‘n visuele vorm weergee; |
1.14.2 demonstreer dat die elemente en beginsels van ontwerp met selfvertroue gebruik word; |
1.15 ‘n entrepreneursbewustheid van die bemarking van kunsprodukte in terme van die teikenmark, verpakking, plek, prys, reklame, klanteverhoudings en ‘n bewustheid van toerisme ontwikkel; |
1.17 eie en groep se kunswerke (insluitend tekens, etikette en byskrifte) vir ‘n openbare aanbieding selekteer, aanbied en monteer. |
Notification Switch
Would you like to follow the 'Kuns en kultuur graad 9' conversation and receive update notifications?