<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
1. Werk saam met ‘n maat. Gooi ‘n dobbelsteen 20 keer en teken elke keer
dat dit op ‘n 4 val, aan.
Voltooi: aantal kere :
2. Werk weer saam met ‘n maat. Skiet ‘n muntstuk 20 keer op en kyk hoe-
veel keer dit op “munt” val.
Voltooi: aantal kere :
Ons noem hierdie aantal kere wat jy hierbo gelys het, die relatiewe frekwensie .
As die 4 in die voorbeeld hierbo nege keer verskyn het, sou ons die relatiewe frekwensie so bereken:
Relatiewe frekwensie = aantal viere
aantal gooie
3. Gooi nou jou dobbelsteen 30 keer en kyk hoeveel keer dit op 2 val.
Bereken die relatiewe frekwensie.
Tyd vir selfassessering
Dit is belangrik dat ons sal weet of jy die laaste deel van die werk goed verstaan. Lees die onderstaande kriteria. Evalueer jouself op ‘n skaal van 1 – 4 deur ‘n sirkel om die toepaslike syfer te trek.
Kriteria | 1 = Glad nie.2 = Net ‘n bietjie (min).3 = Goed.4 = Uitstekend. | ||||
Ek kan die begrip “waarskynlikheid” verduidelik. | 1 | 2 | 3 | 4 | |
Ek kan verduidelik wat ‘n waarskynlikheid van een beteken. | 1 | 2 | 3 | 4 | |
Ek kan verduidelik wat ‘n waarskynlikheid van nul beteken. | 1 | 1 | 1 | 1 | |
Ek kan waarskynlikheid korrek bepaal. | 1 | 2 | 3 | 4 | |
Ek kan relatiewe frekwensie korrek bepaal. | 1 | 2 | 3 | 4 | |
Leeruitkomste 5: Die leerder is in staat om data te versamel, op te som, voor te stel en krities te ontleed om gevolgtrekkings en voorspellings te maak, en om toevallige variasies te interpreteer en te bepaal.
Assesseringstandaard 5.10: Dit is duidelik wanneer die leerder die frekwensie van werklike uitkomste vir ‘n reeks toetse tel.
Notification Switch
Would you like to follow the 'Wiskunde graad 6' conversation and receive update notifications?