<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Identifiseer onderstaande illustrasies. Watter van hierdie voorwerpe kan as artefakte beskou word. Klassifiseer die artefakte volgens hulle gebruike deur gebruik te maak van die tabel wat volg. Herhaal die prosedure vir dié wat jy as moderne artefakte identifiseer.
Antieke artefakte
WAPENS | GEREEDSKAP | KLEDING | JUWELIERS-WARE | MASKERS | HOUERS |
Moderne artefakte
WAPENS | GEREEDSKAP | KLEDING | JUWELIERS-WARE | MASKERS | HOUERS |
Voeg nog items of artefakte van die twintigste of een-en-twintigste eeu by onder elke kolom in die MODERNE ARTEFAKTE-TABEL. Dink aan voorbeelde afkomstig uit die populêre kultuur of die massa-media: gewilde popsterre, sepiesterre, filmhelde, ensovoorts.
STAP 1
Teken EEN voorbeeld vanuit elkeen van die sewe kolomme wat jy onder VOORBEELDE VAN MY POPULÊRE KULTUUR in Aktiwiteit 3.1 ingevul het. Probeer om soveel moontlik van die papier met die sewe afbeeldings te vul. Hierdie afbeeldings (byvoorbeeld ‘n bofbalkolf, ‘n motor, ‘n selfoon, ensovoorts) moet verteenwoordigend van JOU wees.
STAP 2
Trek met ‘n liniaal drie vertikale kolomme van 7 cm elk, en ses horisontale lyne van 5 cm elk, bo-oor jou tekening, soos ‘n skaakbord se blokkies.
STAP 3
Gebruik nou kleurpastelle of verf om alle spasies in die eerste blokkie te vul, deur eers aan die vorm of voorwerp in die blokkie ‘n warm kleur te gee, en dan aan die agtergrond ‘n koue kleur. In die volgende blokkie ruil jy die warm en koue kleure om en vul eers die vorm of voorwerp met koue kleur en dan die agtergrond met warm kleur. So word daar met elke nuwe blokkie warm en koue kleure omgeruil.
STAP 1
Bring ‘n kartonhouer klas toe. Die grootte maak nie saak nie, solank die houer ‘n deksel het.
STAP 2
Skeur nou stukkies papier uit ou tydskrifte om op die houer te plak, maar besluit eers watter twee komplementêre kleure jy gaan kies vir jou houer, byvoorbeeld ROOI en GROEN of GEEL en PERS of BLOU en ORANJE. Die deksel kan met een kleur bedek word en die houer self met die ander kleur OF die houer en deksel kan met albei kleure afgewissel word om patrone en/of vorms te skep.
STAP 3
Plak nou die video-omslag wat jy in die vorige aktiwiteit gemaak het, bo-op die deksel.
STAP 4
Laastens moet jy ten minste vyf persoonlike artefakte, wat eie aan JOU is, binne-in die houer plaas. Hierdie artefakte kan ook gemaak word of jy kan klaargemaakte artikels gebruik. Die hele klas se houers kan dan uitgestal word in ‘n beskikbare lokaal in die skoolgebou.
Leeruitkomstes(LUs) |
LU 1 |
skepping, interpretasie en aanbiedingDie leerder is in staat om werk in elk van die kunsvorme te skep, te interpreteer en aan te bied. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
DANS |
1.1 danse uit populêre kulture leer en opvoer; |
1.2 die volgende doen om die liggaam voor te berei:
|
1.3 improviseer, komponeer en kombineer bewegingsmotiewe deur die gebruik van:1.3.1 bewegings of gebare;1.3.2 herhaling en stiltes;1.3.3 kontrasterende dinamika. |
1.4 danspassies en kombinasies daarvan uit minstens twee style of tradisies van Suider-Afrika opvoer. |
DRAMA |
1.5 ‘n eenvoudige opwarmingsroetine, gebaseer op die onderwyser se oefeninge, saamstel om met die klas te deel; |
1.6 met die onderwyser se bystand deelneem aan die skep en aanbieding van ‘n geskrewe skets of afgeronde improvisasie wat op populêre kultuur gebaseer is. Hierdie item behoort: |
1.6.1 kennis van die teikengehoor te toon; |
1.6.2 hulpmiddels wat tot die stuk bydra, te gebruik; |
1.6.3 gepaste dramatiese elemente te gebruik; |
1.6.4 ander kunsvorme in te sluit; |
MUSIEK |
1.8 liedjies of musiek uit die populêre of plaaslike kultuur leer en aanbied; |
VISUELE KUNS |
1.12 ‘n artefak aanbied waarin idees uit die populêre kultuur of massamedia gebruik word; |
1.13 kuns, kunshandwerk of ontwerpstukke skep wat die volgende toon: |
1.13.1 differensiasie tussen die organiese en nie-organiese aspekte van die geboude en natuurlike omgewing in die ontwerp, waarnemingstekenwerk en tweedimensionele en driedimensionele werk; |
1.13.2 interpretasie en uitdrukking van eie begrip van kultuur en erfenis; |
1.14 onafhanklik eie kunswerke vir ‘n skoolaanbieding selekteer, aanbied en monteer. |
Notification Switch
Would you like to follow the 'Kuns en kultuur graad 8' conversation and receive update notifications?