<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Die vroeë mense het in verskillende stadia ontwikkel. Hierdie vier stadiums word in meegaande bronne aangetoon en daarna verduidelik.
Bron 1
Verskillende stadia van die vroeë mens.
Bron 3
Vervolgens word elke stadia verduidelik.
a) Australopithecus
Die oudste bene wat ontdek is, kom van die Australopithecus . Hul het tussen 3 miljoen en 2 miljoen jaar gelede geleef. Hul bene is nog net in Suid- en Oos-Afrika ontdek. Die vroeë mense het waarskynlik klippe opgetel en as werktuie gebruik. Hulle het regop geloop en hul hande vry gehad. Werktuie is ook van stokke, blare en bas gemaak. Hul kos was waarskynlik meestal plantvoedsel.
b) Homo Habilis
Die ”Homo” Habilis het ‘n 50% groter brein as die Australopithecus gehad – vandaar die voorvoegsel “homo” – mens.
Dit beteken handige mense, want hul het die eerste klipwerktuie gemaak. Hul het tussen 2 miljoen en 1,7 miljoen jaar gelede veral in Oos-sentraal Afrika geleef. Hulle het ‘n verskillende klipwerktuie vervaardig, en waarskynlik ook klipmure gebou. Hul het ook baie vleis geëet. Waarskynlik was hul semi-nomadies, maar het ‘n rukkie in ‘n area gebly waar dit hul weer na ‘n ander area verhuis het vir kos.
Vir die Homo Habilis was die wêreld ‘n gevaarlike plek, want hul was baie kleiner en swakker as die wreedaardige diere rondom hulle. Hulle het nie kloue of slagtande gehad nie, en kan nie so vinnig soos die diere hardloop nie. Meestal moes hul na die naaste boom hardloop vir veiligheid.
Geleidelik het die Homo Habilis vanaf die aarde verdwyn . . .
c) Homo Erectus
Hul plek is deur die Homo Erectus ingeneem. Sy brein was 25% groter as die van die Homo Habilis . Hul het tussen 1,7 miljoen en 500 000 jaar gelede in Suider-Afrika geleef. Argeoloë dink hul kon praat. Hul het ook werktuie van klip gemaak om vleis, plantvoedsel en skerp implemente te sny. Hul was ook goeie houtwerkers, maar het ook uitgevind hoe om vuur te maak. Waarskynlik is vuur soms gemaak om diere in ‘n hoek te jaag, sodat dit doodgemaak kan word. Hulle het in grotskuilings gebly.
Die Homo Erectus het groot tande, ‘n sterk kaak en klein kas gehad. Hul was meestal 1,5 m lank. Hulle het in groepe in grotte gebly en vuur maak. Hul lewe was dus makliker as die van die vroeë mense. Met hul beter wapens, kon hul groter diere soos renosters jag.
Die Australopithecus, Homo Habilis en Homo Erectus leef nie meer nie.
d) Homo Sapiens
Die Homo Sapiens (beteken “wyse mens”) het eers vanaf 400 000 jare gelede in Afrika voorgekom. Hulle was nes die moderne mens, wat oraloor die wêreld voorgekom het. Hul tande was kleiner, die kakebeen smaller en die ken duideliker. Meestal het hul nie nomadies geleef nie.
Al die vroegste mense het klip of steen gebruik!
Velle is aanmekaar vasgewerk deur naalde te gebruik wat van been gemaak is.
Die velle van wilde diere is afgetrek, skoon geskraap en reggemaak. Dit is gebruik vir klere, oortreksels vir skuilings en sakke vir houers.
LEERUITKOMS 2: HISTORIESE BEGRIP (TYD) – Die leerder is in staat om geskiedkundige kennis en begrip te toon |
2.1 Verstaan kronologie en tyd |
2.2 Verskaf redes waarom ‘n historiese gebeurtenis plaasgevind het (oorsake, gevolge) |
2.3 Onderskei tussen verskillende tydperke (ooreenkomste, verskille) |
KRITERIA | AUSTRALOPITHECUS | HOMO HABILIS | HOMO ERECTUS | HOMO SAPIENS |
Tydperk | 3 – 2 miljoen jaar gelede geleef | 2 – 1,17 miljoen jaar gelede geleef | 1,7 – 500 000 jaar gelede geleef | 400 000 jaar gelede geef |
Oorsprong | Suid-, Oos-Afrika | Oos-, Sentraal-Afrika | Suider-Afrika | Verskeie plekke in Suider-Afrika |
Voorkoms | Loop regop | 50% groter brein as voorganger,klein, nie kloue of slagtande | 25% groter brein as voorganger,sterk kaak, klein kop | Voorloper van moderne mens,Klein tande, swak kaak, duidelike kop |
Leefwyse | Werktuie :Stokke, bas Kos : Plante Woning : Nomadies | Werktuie : Klip Kos : Vleis Woning : Semi-nomadies | Werktuie : klip, hout Kos : Vleis, plante Woning : Grotte, maak vuur | Werktuie : klip, steen, been, vel Kos : Fyner kos Woning : Nie nomadies |
Notification Switch
Would you like to follow the 'Geskiedenis graad 7' conversation and receive update notifications?